Foto’s van panda-tweeling vrygestel

Foto: 2019 Zoo Berlin via AP

ʼn Dieretuin in Berlyn het nuwe foto’s vrygestel van ʼn panda-tweeling wat onlangs gebore is. Dit gaan glo baie goed met die twee.

Die dieretuin het Donderdag gesê die twee pandas, wat op 31 Augustus gebore is, weeg nou elk ongeveer 5 kg (hulle het onderskeidelik 136 g en 186 g met geboorte geweeg).

Die twee is aanvanklik per hand gevoer met melk wat personeel van ma Meng Meng gekry het, maar hulle kan nou self drink. Hulle is die eerste reusepandas wat in Duitsland gebore is.

Meng Meng en die pa, Jiao Qing, is twee jaar gelede van China na Duitsland gebring.

Daar is vermoedelik minder as 2 000 pandas in die natuur oor en hulle is ʼn bedreigde spesie.

Die tweeling het nog nie name nie en die publiek het hulle ook nog nie vantevore gesien nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Die twee Beertjies minus Gouelokkies ·

Kyk dan nou net daai ou gesiggies. Mag julle twee beertjies sterk en gesond groot word. Net jammer hulle moet in ‘n dieretuin bly om ander mense te vermaak. Ek wens so julle kon vry gewees het in die natuur waar julle hoort sonder om voortdurend te vlug van mense.

Liezl ·

Pragtige liefies. Baba panda’s weeg tussen 90g en 130g met geboorte. So, hierdie was groot baba’s

So jammer ·

Sinneloos dat die diertjies en baie ander soos hulle in die wereld gebring word om in ‘n hok te moet sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.