
Die Boeing 787 Dreamliner waarmee Zimbabwe se president rondvlieg, word as ’n vyfsterhotel met vlerke beskryf. Foto: Facebook
Zimbabwe se president het sy besoek aan Europa kortgeknip om na sy land wat deur gewelddadige betogings geteister word terug te keer.
Pres. Emmerson Mnangagwa het Sondagmiddag getwiet: “In die lig van die ekonomiese situasie sal ek terugkeer ná ʼn hoogs produktiewe week van bilaterale handels- en beleggingsontmoetings.
“Ons sal bekwaam by Davos verteenwoordig word deur die minister van finansies, Mthuli Ncube. Die top-prioriteit is om Zimbabwe weer rustig, bestendig en aan die werk te kry.”
Suid-Afrika se amptelike opposisie het Sondag gedreig om die Internasionale Strafhof te nader om ʼn voorlopige ondersoek na menseregteskendings in Zimbabwe te oorweeg, berig African News Agency.
Die DA het pres. Cyril Ramaphosa gemaan om sy “Stille Diplomasie 2.0” jeens die buurland te heroorweeg en regstreeks in te gryp “om die voortdurende menseregteskendings deur pres. Emmerson Mnangagwa se regering te keer”, het Stevens Mokgalapa, DA-woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.
“As Ramaphosa nie ingryp en Mnangagwa aanraai om militêre optrede teen burgerlikes te stop nie, sal al uitweg vir die DA wees om die Internasionale Strafhof te nader om hierdie oortredings, soos omskryf in die Rome-statuut, voorlopig te ondersoek.
Die DA glo vas die huidige menseregtekrisis in Zimbabwe is ernstig genoeg om ʼn ondersoek deur dié hof te regverdig aangesien minstens 12 mense om die lewe gebring is, 78 geskiet is en 240 “aangerand, gemartel en onmenslik of vernederend behandel is”, volgens die Zimbabwe Human Rights NGO Forum.
Intussen het dit aan die lig gekom net die parkeerkoste van die Boeing 787 Dreamliner wat Mnangagwa gehuur het om verlede Sondag na Moskou te vlieg om pres. Wladimir Poetin te vra om Zimbabwe uit sy ekonomiese verknorsing te help, het R13,6 miljoen beloop.
Die Boeing 787 Dreamliner word beskryf as ʼn vyfsterhotel met vlerke wat 40 passasiers in weelde kan vervoer. Net die duurste kristalware, silwer en porselein word aan boord gebruik.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Hy is net so erg soos Mugabe, indien nie erger nie. Sy land se mense kripeer en hy vlieg in weelde rond… Die hele Afrika is korrup… hier moet ons wegkom want dit gaan net erger word.
Wat’s fout met julle mense? Die Alpha Male sit ALTYD op die hoogste tak…….??
En dis nou ‘n land wat bankrot is. Daar is nie voldoende voedsel op rakke en petrol vir normale gebruik nie.
Jy kry waarvoor jy gestem het, dis net jammer almal gaan weer deur die “oop” grense na SA stroom en hulle bose dade hier voortsit.
D A kan die internationale strafhof nader vir Zimbabwe maar nie vir die volksmoord in SUID-AFRIKA nie. Wys jou net
Die DA maak ook net so bietjie lawaai en verder niks, seker maar benoude spronge hier voor die verkiesing!!