Franse Ope dalk ook van die baan vir Djokovic

Serwië se Novak Djokovic (2018 Wimbledon-kampioenskap) (3 Julie 2018) (Foto: Oli Scarff/AFP)

Novak Djokovic kan dalk moontlik verhoed word om deel te neem aan die Franse Ope volgens huidige reëls. Die ministerie van sport het Maandag gesê elite atlete sal ingeënt moet word om in Frankryk te kan deelneem.

Die ministerie het gesê ʼn nuwe inentingspaspoort, wat Sondag deur die Franse parlement goedgekeur is, “is tot verdere kennisgewing van toepassing op almal – van vrywilligers tot elite atelete, insluitend diegene wat van oorsee af kom”.

Djokovic, wat nie ingeënt is nie, is Sondag uit Australië gedeporteer voor die Australiese Ope, die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar. Hy was onsuksesvol met ʼn aansoek in die hof om die kansellasie van sy visum om te keer.

Die besluit in Frankryk is skynbaar teenstrydig met sportminister Roxana Maracineaunu se uitlating verlede week dat sekere byeenkomste, soos die Franse Ope, ʼn spesiale kwytskelding bied wat Djokovic sou toelaat om deel te kan neem sonder dat hy ingeënt is.

Groot byeenkomste soos die Franse Ope het vroeër oningeënte atlete toegelaat om deel te neem omdat hulle in ʼn gesondheidsborrel leef tydens die toernooi. As die kwytskelding nie moontlik is nie, sal die regulasie die 34-jarige Serwiër se hoop verbrokkel om sy Franse Ope-titel te verdedig en moontlik ʼn ongeëwenaarde 21ste Grand Slam-enkelspelkroon te dra.

Djokovic se hoop van ʼn Grand Slam-sukses in 2022 sal dan op Wimbledon berus, omdat huidige New York-reëls ook beteken hy kan nie aan die Amerikaanse Ope deelneem nie.

Frankryk se inentingspaspoort-wetgewing vereis dat mense sertifikate ronddra om publieke ruimtes te betree soos restaurante, kafees, flieks en treine. Die eerste groot internasionale sportbyeenkoms wat direk hierdeur geraak word, is die Sesnasies-rugbykampioenskap wanneer Frankryk op 6 Februarie Italië sal verwelkom, Ierland op 12 Februarie, en Engeland op 19 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Niklaas ·

Met soveel geld op die spel, moet hy dalks maar oorweeg om gougou die inspuiting te gaan kry.

Dirk Mostert ·

Sy lewe is meer werd as om in toernooie deel te neem. In sy plek sal ek aftree.

Andre ·

Hy wyer net om nie ‘n GMO produk te word nie. Viva Novak Djokovic! Geen geld is daardie spuit werd nie.

Andre ·

Ha ha ha. Hoeveel betaling kry jy as social media influencer, of is jy een van hulle? Glo jy ook nog 911 is soos die storie is?

MakersMark ·

Ek het nie betaling nodig nie het ordentlike werk. Wie is “hulle” ? Dieselfde “hulle” wat CV19 geheimsinnig ontwerp het, sistemies losgelaat het op die mensdom in ‘n baie akkuraat beplande tydskedule, saam met al die vooraf ontwerpte variante, die inenting ontwikkel het, en dit nou op almal wil afdwing in lyn met die “great reset” uitgedink deur die NWO ? Nee ek is nie een van hulle nie.

MakersMark ·

Ek het baie kennis van gmo produkte die konsep word al vir baie jare gebruik om gewasse en diere te produseer om globale voedselsekerheid te verseker. Nog nooit in inentings gebruik om mense se genetika te modifiseer nie. Lees tog bietjie wyer.

Andre ·

Jy weet nogal verbasend baie van “hulle”, maar ek is bly dat jy nie een van “hulle” is nie. Jou kennis van GMO is in lyn met daarmee verkondig word, maar dit klink nie of jy eintlik iets meer daarvan weet as wat “hulle” sê nie. Gelukkig is daar darrem lande wat GMO verbied.

MakersMark ·

Wat het GMO met inentings uit te waai ? Dink jy ek gaan jou ‘n lesing oor GMO gee op die forum om te wys ek weet iets daarvan af ? En die “hulle” verwys na die antivaxer en sameswerings dissipels en hul bygelowe oor ‘n sinister “hulle” wat alles om CV19 en inentings orkestreer. Enigste probleem is niemand kon nog ooit “hulle” identifiseer nie. Soos meeste antivaxer redenasies net warm lug.

Andre ·

Sameswerings dissipels en hul bygelowe weet lankal van newe-effekte, wat nou kwansuis as algemeen beskou word. Soos: kinders kry ook hartaanvalle, sportmanne ook, hartsiektes is algemeen en bloed wat onverstaanbaar verdik, ens ens ens. Maar ek is seker jy glo wat jy sê, al is jou redenasies vir my soos warm lug en fact checkers. O, die hulle wat niemand nog kon identifiseer nie, is die covid.

MakersMark ·

Onsamehangende gebrabbel. Hoe kan CV19 nie identifiseer word nie as daar al hoeveel variante is en entstowwe wat werk ? Watse siekte het die wat positief getoets het gehad en waarvan is die wat gesterf het agv covid dan oorlede? As CV19 dan nie werklik bestaan nie wat het als veroorsaak ? Antivaxers en covid denialists weet mos als. So gee antwoorde wat jul stories staaf.

Barney ·

Ek vind die anti-vaccers so selfsugtig. As jy nie ingeënt wil word nie, respekteer asb die res van die mensdom en bly by jou huis.

VaalDonkie ·

Waarvoor is jy bang as jy die klontskoot gekry het? Jy is mos nou immuun!

Andre ·

Ag nee wat abel, as jy gevax is, is jy mos veilig. Of het jy so min vertroue in jou eie oordeel. Of wil jy die ondoeltreffendheid van jou vax blameer op almal wat nie gevax is nie?

Dirk Mostert ·

As jy so veilig is weens jou entings, wat is jou probleem? Terloops, Denemarke begin die 4de shot. Wys nie veel vertroue in die eerste drie nie. Die lande soos Frankryk met die grootste “surge” nou het toevallig die grootste % entings.

Johnny ·

Jy sukkel om te verstaan, né? Iemand anders se inspuiting HET GEEN EFFEK OP JOU NIE. Ongespuite mense HOU GEEN RISIKO IN VIR JOU NIE.
Maar as jy nou selfsugtig wil sien, moet jy maar net gaan kyk na pro-inspuiters wat nie die feite onder oë wil sien nie en dan almal wil dwing om hulle paadjie te volg.

Michael ·

Abel jy is so gebreinspoel deur HSM en kommunistiese regerings dat jy nie eers besef jou uitspraak hierbo is juis teen die “entstof” nie. Indien jy werklik vertroue in die entstof gehad het sou anti-vaccers jou geensins gepla het nie. Hoe meer julle wat die inspuiting gevat het skreeu teen die sg anti-vaccers hoe meer besef ons dit werk nie en is gevaarlik

Johan ·

So jy sou ook reken dat ek sondbrandolie moet aansmeer sodat jy nie sal sondbrand nie?

MakersMark ·

Definetief hele wereld moet by hul middeleeuse retoriek aanpas.

Louise ·

Staan sterk ou Nokkie, want daar is sovel mense met newe effekte en gesondheids probleme na die inenting en jy is nie gewaarborg dit gaan nie met jou gebeur nie dan is jou loopbaan in elk geval in die gedrang. Om in-ge-ent te word is jou keuse en hoe wil jy nou iemand aansteek as jy gesond is.

Tubac ·

Die teendeel is ook waar. Hoe wil jy nie aangesteek word nie?

Andre ·

Tubac, maklik. Kry die vax dan kan jy mos nie aansteek nie! Of glo jy dit ook nie?

piet ·

Daar’s ‘n verskil tussen aansteek en simptome kry en dus siek wees. Geen inenting kan keer dat jy fisies aansteek nie. Dink bietjie hieroor. Baie virusse word oorgedra deurdat dit byvoorbeeld deur jou slymvliese opgeneem word omdat ‘n reeds geinfekteerde persoon byvoorbeeld in jou onmiddellike omgewing basies in jou gesig genies of gehoes het. Dis ‘n fisiese ding en inenting gaan nie keer dat die partikels met jou slymvliese in aanraking kom nie. Dit kan slegs fisies gekeer word deur ‘n “versperring” soos ‘n masker oor jou gesig. Dis dus eintlik logies dat die inenting self nie infeksie kan keer as die nieser of hoeser reeds geinfekteer is nie. Jy word eers siek as jy simptome toon. Inenting kan keer dat jy siek word en vinniger herstel sou jy siek word.

Andre ·

Piet, maar soos ek verstaan as jy gespuit is, sal jy net siek word maar nie doodgaan van die virus nie. As dit dan beteken ongespuites sal doodgaan, het jy mos nie ‘n probleem nie, want al die ongespuites behoort dood te wees.

Chantel ·

Nee wat kry vir jou!!! As jy wil lieg dan moet jy die gevolge dra. As jy nie wil inent nie, moet dan nie lieg daaroor nie!!!!

Danie ·

Ek het respek vir Novak en sy siening oor die entstof maar so ook moet hy lande se reels en regulasies repekteer. Dit gaan nie oor “diktatorskap” en “dwang” nie. Dis die reels wat vereis word van die lande en enige een wat daar wil kom en gaan moet maar die reels na kom

Treurwilger ·

@Danie
Alles waar, maar die Slam is een van slegs vier per jaar en behoort nie aan Australië nie. Daarom ‘n Ope.
Dis ‘n voorreg en eer om dit aan te bied vir die internasionale gemeenskap, wat uiteraard nie almal dieselfde Covid-reëls handhaaf nie.
Voorsiening sou gemaak word in ‘n redelike wêreld.

piet ·

As ek toegelaat word om120km/h op ‘n hoofpad in SA te ry maar slegs 100km/h op ‘n hoofpad in ‘n ander land, kan ek mos nou nie aandring dat ek geregtig moet wees om ook 120km/h in die ander land te mag ry nie. ‘n Ope in sport beteken gewoonlik dat enige een wat kan kwalifiseer, kan deelneem (hetsy amateur of professioneel). Dit het niks met die land te doen wat dit aanbied nie.

MakersMark ·

Dalk moet hy sy eie “unvaxxed” toernooi aanbied. Weet net nie hoe speel mens teen jouself tennis nie……

Marius ·

Ek het baie respek vir ‘n iemand wat weier om die inenting te neem, iemand wat sy man kan staan en nie soos ‘n skaap maar net doen nie.

Luister ·

Maar soos ‘n skaap sal hy die pille drink wat sy dokter hom gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.