Twee polisiebeamptes van Parys, Frankryk, word voorlopig ondersoek nadat hulle glo ʼn toeris van Kanada binne die polisiehoofkantoor verkrag het.
Al twee polisiebeamptes, wie se name nie bekend gemaak is nie, is geskors hangende die uitslag van die ondersoek, het die ministerie van binnelandse sake Sondag in ʼn verklaring gesê. ʼn Derde polisiebeampte, wat nie aangekla is nie maar as ʼn getuie genoem word, is ook geskors.
Staatsaanklaers ondersoek ʼn aanklag van verkragting wat die Kanadees verlede week aanhangig gemaak het. Mediaberigte in Frankryk sê die vrou het die polisiebeamptes, wat nie aan diens was nie, glo in ʼn nabygeleë kroeg ontmoet. -SAPA