Gepla met die maan? Dié ryke wil jou soontoe vat

Yusaku Maezawa (Foto: Toshifumi KITAMURA / AFP)

’n Mens kan sekerlik sê ’n só ʼn geleentheid kom net een keer in ’n blou maan oor jou pad.

’n Japannese miljardêr nooi enige agt mense van reg oor die wêreld om saam met hom ’n private reis om die maan mee te maak.

Maroela Media het vroeër berig Yusaku Maezawa, ’n aanlyn mode-magnaat, is in 2018 aangekondig as die eerste man om ’n plek te bespreek aan boord ’n maanruimteskip wat deur SpaceX ontwikkel word.

Maezawa, wat ’n onbekende bedrag betaal het vir die reis wat na verwagting vroeg in 2023 sal vertrek, het aanvanklik gesê hy wil ses tot agt kunstenaars uitnooi om saam met hom die reis om die maan mee te maak.

Maezawa het egter Woensdag in ’n video op Twitter ’n breër aansoekproses onthul.

“Ek nooi jou uit om saam met my op hierdie missie te gaan. Agt van julle van reg oor die wêreld.

“Ek het al die sitplekke gekoop; so dit sal ’n privaat rit wees,” het die miljardêr gesê.

Volgens Maezawa (45) het sy oorspronklike plan om slegs kunstenaars uit te nooi intussen “ontwikkel” omdat hy glo elke persoon wat iets kreatief doen, as ’n kunstenaar beskou kan word.

Die Japanse entrepreneur het gesê aansoekers moet net aan twee kriteria voldoen: Hulle moet bereid wees om kreatief en innoverend te wees en bereid wees om ander bemanningslede te help om dieselfde te doen.

Ongeveer 10 tot 12 mense sal eindelik aan boord die ruimteskip wees wat na verwagting om die maan sal reis voordat dit na die aarde terugkeer.

Aansoekers moet voor 14 Maart registreer. Die eerste keuring vind op 21 Maart plaas.

Daar word in die stadium geen sperdatums vir die volgende fases gegee nie. Aansoekers sal wel dan ’n opdrag en ’n aanlyn onderhoud moet voltooi. Volgens Maezawa se webwerf is die finale onderhoude en mediese ondersoeke vir einde Mei vanjaar geskeduleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

Kan ek agt ANC lede voorstel……Nkosazana Dlamini-Zuma eerste asseblief!

Boer ·

Alles goed en wel maar hulle sal die maan vir die wereld op voeter.

Anel ·

Net jammer hulle land nie daar nie. Dan kon hy hulle daar afgelaai het en sê die volgende taxi sal hulle weer oplaai.

Michal ·

Ek stem, maar ek sal graag eers iemand wat eerlik is wil stuur sodat ons kan uitvind of Amstrong wel daar was, ek is nuuskierig, sorry SA

Michal ·

Ek gaan registreer. “First step” tot die waarheid om uit te vind of Amstrong wel daar was.

Francois Le Cochon ·

Michal, daar is 5 “reflectors” op die maan wat gebruik word om die afstand tussen die maan en aarde mbv laser te minitor. Een is geinstalleer deur Apollo 11 se bemanning. Hierdie “reflector” en die oorblyfsels van Apollo 11, sowel as die “moonbuggy” se spore, kan met ‘n sterre teleskoop waargeneem word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.