Griekeland-brand ‘grootste veldbrand ooit in EU’

Vlamme vernietig plantasies tydens ʼn veldbrand wat in Augustus naby Prodromos, 100 km noordoos van Athene, uitgebreek het. (Foto: Spyros Bakalis/AFP)

ʼn Veldbrand in Griekeland is “die grootste veldbrand ooit in die Europese Unie” en die blok het reeds byna die helfte van sy brandbestrydingslugvleuel ontplooi om dit te bestry, het ʼn woordvoerder vir die Europese Kommissie Dinsdag gesê.

Elf vliegtuie en ʼn helikopter van die Europese Unie se vloot is na Griekeland ontplooi om die brand noord van Alexandroupoli te bestry, saam met 407 brandbestryders, het woordvoerder Balazs Ujvari gesê.

Die EU se burgerlike beskermingsdiens gesê meer as 810 km² het reeds gebrand.

“Dit is die grootste veldbrand in die Europese Unie sedert 2000 toe die Europese Bosbrandinligtingstelsel (Effis) begin het om data aan te teken,” het die diens gesê.
Griekeland se brandweerdiens het aan AFP gesê die brand is steeds “buite beheer” in die noordoostelike Dadia- nasionale park, ʼn reservaat vir roofvoëls.

Minstens 20 mense is reeds dood sedert die brand op 19 Augustus uitgebreek het. Agtien van dié slagoffers was migrante wie se liggame gevind is in ʼn streek wat as toegangspunt vanaf naburige Turkye gebruik word.

Die EU maak tans gebruik van ʼn vloot van 28 vliegtuie (24 brandbestrydingsvliegtuie en vier helikopters) wat deur lidlande verskaf word om brande in die blok en buurlande te bestry. Dit werk reeds aan ʼn alleenstaande EU-gefinansierde lugvleuel van 12 vliegtuie wat teen 2030 beskikbaar sal wees.

“Ons weet die brande word al hoe erger,” het Ujvari gesê. “As mens oor die afgelope paar jaar na die jaarlikse syfers kyk, sien ons neigings wat nie gunstig is nie. Dit verg meer kapasiteit op lidlande se vlak.”

Griekeland het hierdie somerseisoen reeds verskeie veldbrande beleef en die regering skryf dit toe aan klimaatsverandering.

Die ontplooiing van die EU se lugvleuel “benadruk ons toewyding tot vinnige en doeltreffende kollektiewe optrede in krisistye,” het die EU se kommissaris vir krisisbestuur, Janez Lenarcic, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Perdevy ·

Omdat die vure gestig word deur linkse klimaat betotteldes. Net soos in Kanada.

Andrew ·

Die negatiewe bevolking groei in Europa was die die doepa vir die klimaat vraagstuk? minder mense beteken minder energie verbruik. Maar nou laat hulle derduisende 3de wereld mense in wat uit nature bevolking vermenigvuldigers is. Dit beteken meer verniet goed wat uitgedeel moet word , meer grnd vir behuising, meer belasting vir die burgers om dit te dra en minder geld vir infrastruktuur, minder grond vir kos produksie en die hervestiging van woude.

annie ·

Ja… Een van die vele gode is seker kwaad oor iets… Diegene wat steeds sulke bygelowe het, en dit is skynbaar die hele regering, glo seker dit,mwant daar word nie gesoek na migrante met ‘n bottel petrol en ‘n Bic nie.

Skopnog ·

Brandstigting en as die regering dit aan klimaatsverandering toeskryf dan is hulle sekerlik deel van die van die probleem .

Hester ·

Openbaring waarsku teen al die. En dit maak nie saak of dit deur mense veroorsaak word of wat ook al nie. Dit gaan gebeur, en dit is ” inevitable “. Alles gaan net erger word. Die profesie van die Bybel word bewaarheid, dis al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.