Haiti-bende dreig nou om sendelinge te vermoor

’n Skermskoot van die video waarin Wilson Joseph, die leier van die sogenaamde 400 Mawozo-bende in Haiti, dreig om hul gyselaars te vermoor.

Die sogenaamde 400 Mawozo-bende wat ʼn groep Amerikaanse sendelinge in Haiti as gyselaars hou, het vandeesweek gedreig om hulle te vermoor indien daar nie aan die bende se eise voldoen word nie.

ʼn Video waarin die bende se vermeende leier dreig om hul gyselaars te vermoor, is Donderdag deur internasionale media gepubliseer.

Die bende eis $17 miljoen (sowat R248 miljoen) vir die vrylating van 16 Amerikaners en een Kanadees wat Saterdag buite die stad Port-au-Prince ontvoer is. Onder die ontvoerdes is ook vyf kinders.

Die minister van justisie in Haiti, Liszt Quitel, het vroeër aan CNN gesê die gyselaars word glo op ʼn perseel buite die stad aangehou.

ʼn Amptenaar van die Amerikaanse ministerie van buitelandse sake het aan die nuusblad NBC News gesê dat die video “eg” blyk te wees.

Christian Aid Ministries, ʼn organisasie sonder winsbejag in Ohio waaraan dié sendelinge verbonde is, het Donderdag gesê hy is bewus van die video.

Die organisasie het egter gesê dat hy nie in dié stadium kommentaar gaan lewer nie.

Die gesinne van die gyselaars het in ʼn verklaring vir gebede vir die groep se veilige terugkeer gevra en gesê dat hulle vir die bendelede bid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Shakespeare ·

Die plek is ‘n hool. Varke sal nie daar wil bly nie.

Cherokee ·

plaas asseblief ‘n sinvolle kommentaat, niè jagtend na nuttelise opduime.

Flip ·

Waar is die BLM se ondersteuners nou en hoekom is hulle so stil? Kom blm, gaan help hulle….

Hardekwas ·

Dit gaan soos hier. Te lui om te werk. Soek altyd die vinnigste en oneerlikste pad na kits rykdom.

Dana ·

Almagtige Vader, ek bid vir U ingryping in hierdie situasie. Ek bid vir die veiligheid van die gyselaars en vir die versagting van die ontvoerders se harte. Mag die gyselaars bly vasklou aan U as hoop.

Cherokee ·

Dankie vir Voorbidding, Dana. Ek voeg my bedestem by joune,

christo ·

Haïti is een van die lande wat Donald Trump as SH beskryf het , net soos meeste Afrika lande.

Oompievis ·

Hoekom lyk dit vir my die Amerikaners kan net op TV perform, die storie behoort nie eers die nuus te haal nie. Die spesmagte moes die gyselaars al by die huis gehad het.
Ek hoop hulle tree vinnig op.

Danie ·

Een ding is virseker, indien ek een van die ontvoerdes was sou ek nie wou he my familielede of wieookal moet vir die bendelede bid nie.
Ek sou eerder daarop wou staatmaak dat iemand my sal kom red op watter manier ookal.

Cherokee ·

Jy’t reeds inspuiting gehad, so waarom worry jy? Julle glo mos dit is okay.

Jan Seerot ·

Loop maar katvoet vir Seal Team 6!
Een in die grootste sigbare teiken en een in die kop.
Dis is soos ons dit gedoen het doerie tyd.

Johan ·

Vir beskaafde mense wêreldwyd,beteken Haïti ,anti-Chris en duiwelbesetenes,vèr agtergeblewenes en iets soos voodoo moordenaars.

NuusUil ·

Om kinders wat ook gyselaar is te vermoor is mos nou n prestasie . Hy is n lafaard .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.