Hepatitis onder kinders – 12 al dood

(Argieffoto)

Altesaam 12 kinders is reeds dood aan ʼn vreemde soort hepatitis sedert dit weke gelede vir die eerste keer in Brittanje opgemerk is. Die oorsprong van hierdie siekte is nog onbekend.

Die Europese Unie (EU) se gesondheidshoofde het verlede week gesê dat altesaam 11 kinders wêreldwyd dood is en dat nog ʼn sterfte Donderdag in Ierland aangemeld is.

Die Europese sentrum vir siektevoorkoming en -beheer (ECDC) het bygevoeg dat daar wêreldwyd 492 bekende gevalle van hierdie skynbaar dodelike lewersiekte is.

Vyf sterftes is vroeër in die VSA bevestig, nog vyf in Indonesië en een in Palestina.

Altesaam 21 lande het sedert April ʼn ernstige soort hepatitis onder kinders, meestal onder die ouderdom van tien, opgemerk. Die meeste van die wêreldwye gevalle is tot dusver in Brittanje (176) en die VSA (109) aangemeld.

Minstens 26 van die siek kinders het sedertdien leweroorplantings nodig gehad, berig Daily Mail. Die meeste kinders het egter ten volle herstel.

Wetenskaplikes krap steeds kop oor wat hierdie ongewone siekte kan veroorsaak, maar vermoed nou dat dit moontlik deur ʼn groep virusse wat gewoonlik verkoue veroorsaak, aangevuur word.

Die algemene virusse wat hepatitis veroorsaak, is hepatitisvirusse A, B, C en E, maar hierdie soort virusse is nie onder enige van die gevalle wat wêreldwyd aangemeld is, gewaar nie.

Driekwart van Brittanje se gevalle het positief vir adenovirusse getoets, wat dit nou die hoofverdagte maak. Wetenskaplikes ondersoek tans of ʼn muteerde stam adenovirusse tot so ʼn mate ontwikkel het dat dit noodlottig is, of dat die Covid-19-pandemie kinders se immuniteit vir ander siektes verswak het, berig Daily Mail.

Wetenskaplikes kan nog nie die moontlikheid uitsluit dat die koronavirus dalk verband hou met die betrokke siekte nie.

Covid-19-entstowwe is egter as ʼn moontlik oorsaak uitgesluit omdat die meerderheid van siek kinders weens hul jong ouderdom nog nie ingeënt is nie.

Gesondheidshoofde in Brittanje het egter verlede week aangevoer dat blootstelling aan honde moontlik ook blameer kan word vir die vreemde soort hepatitis wat kinders onder lede het.

Dié land meen dat ʼn groot aantal Britse kinders wat die siekte opgedoen het, se gesinne honde het. Die amptenare het nie uitgebrei waarom die skuld moontlik op honde gepak kan word nie, maar dit is wyd bekend dat honde wel draers is van adenovirusstamme.

Terwyl wetenskaplikes nog probeer uitpluis vanwaar hierdie siekte afkomstig is, het die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en ‑voorkoming (CDC) intussen dokters wat kinders met hepatitis behandel, aangesê om lewermonsters vir ontleding te neem.

Ouers word ook aangeraai om ʼn afspraak by hul huisdokter te maak as hul kind simptome van hepatitis ontwikkel, wat ligte of gryskleurige stoelgange, donker urine of ʼn vergeling van die oë en vel insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Henri ·

Moontlik die streng sanitering wat die immuunstelsel se werking ingeperk het. ‘n Immuunstelsel kan nie funksioneer as dit nie genoegsame blootstelling aan virusse, bakrerieë en fungi kry nie.

Grens ·

As dit volwasse mense was, sou dit seker nou weer die covid entstof se skuld gewees het.

VaalDonkie ·

Wag. Daar is studies wat wil kyk of dit is oor S-protein of teenligaampies wat kinders deur borsmelk inkry.

Hennie ·

Jy is halfpad daar, jy kan al die gevaartekens identifiseer, nou net om tot die volle waarheid oor te kom

Elize ·

Ag liewe ouers ons almal het nog al die jare honde gehad. Netnou raak ons soos die Chinese en maal al wat ‘n troeteldier is dood as jy positief toets vir ‘n siekte. Hou op raai en vind die werklike rede uit

VaalDonkie ·

Dit klink vir my hulle wil alle mak en plaasdiere verban. Dis baie eienaardig wat alles in die wereld aan die gang is met gerugte van varkgriep, voelgriep, hepatitis, covid wat vn vlermuise en vleismarkte kom, ens. Hong Kong het almal se marmotte doodgemaak. Hier in SA is dit bek en klou seer.

Iet’s vreeslik vrotterig is aan die gang en ek laaik dit net mooi niks.

annie ·

Honde doodmaak is die maklike een totdat iemand uit die hogere stand sonder ‘n hond, se kind dood is. Miskien moet ons kyk na wie so in- en uitgaan in lande. Massas van elders kom in Brittanje aan plus voorrade en Britte reis oral heen… hul adelike reg. Diegene wat die siekte inbring is dalk net draers. Eeue gelede is pes mbv produkte op skepe lande binnegedra. Honde wat nie reise onderneem nie is juis onskuldig. Of verander hul as Big Ben twaalf slaan in reisigers.

Delia ·

Uiters onverantwoordelik om so iets oor honde te publiseer sonder im dit met bewyse te staaf.
Die dieresorg verenigings is al klaar inder enorme druk. Regtig…dink mense nie voor hulle praat nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.