Internet is Oekraïne se belangrikste wapen

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Juan Barreto/AFP)

Oekraïne se effektiewe gebruik van kontemporêre inligtingstegnologie om die huidige oorlog tussen hom en Rusland te voer, kan dalk die verskil tussen wen en verloor beteken.

Dié land gebruik alles tot sy beskikking – van Elon Musk se satellietskottels tot selfoonapps – om die vyand te teiken én af te weer. Landsburgers word ook ingespan om deur middel van slimtegnologie met die weermag te kommunikeer.

Eric Schmidt, voormalige uitvoerende hoof van Google wat nou ʼn konsultant vir kunsmatige intelligensie vir die Amerikaanse-regering is, sê ná ʼn 36 uur lange besoek aan Oekraïne kan hy met sekerheid sê dat die tegnologiesektor deurslaggewend is vir Kiëf se verdediging teen Rusland.

Die bewyse hiervan het ʼn dag ná Rusland se inval in Oekraïne geblyk.

Oekraïne se wetgewende liggaam het ná die inval ingestem om ʼn broodnodige stap te gee om al die regering se data teen Russiese kuberkrakers te beskerm.

“Binne ʼn dag het die parlement vergader en die land se wetgewing verander. Hulle het al die land se data van die regering se rekenaarbedieners na die digitale wolk toe oorgeskuif,” sê Schmidt. Die wolk is ʼn rekenaarmodel wat mense in staat stel om data op die internet te stoor, eerder as op bedieners wat op ʼn perseel gehou word.

Die regering het ook die kans aangegryp toe die miljardêr en tegnologiegenie Elon Musk vir Oekraïne toegang tot sy satellietgebaseerde internetdiens Starlink gegee het. Dié stap het die publiek sowel as die Oekraïense weermag beskerm teen enige aanval op hul telekommunikasiestelsels.

Musk het sowat 20 000 grondterminale aan Oekraïne gestuur wat met klein antennas alledaagse uitsendings moontlik maak. Dit het ʼn sleuteldoelwit van die opposisie – om alle telekommunikasie af te sny – gestuit.

“Elon Musk het in hierdie geval Oekraïne gered,” sê Schmidt.

“Dié internetdiens het die opposisie se strategie om die internet af te sny, liederlik laat faal.”

Burgers help met weermag-intelligensie

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Volgens Schmidt het Oekraïne boonop twee selfoonapps ingespan wat burgers in staat stel om intelligensie oor Rusland se bewegings aan die weermag te verskaf.

ʼn Funksie genaamd E-Enemy is by die gewilde Diia-app gevoeg sodat burgers enige bombarderings kan rapporteer of aanmeld wanneer hulle Russiese troepe teëkom. Die Diia-app is in 2020 bekend gestel sodat burgers digitale dokumente op hul slimfone vir identifikasiedoeleindes kan gebruik, eerder as fisieke dokumente.

ʼn Geënkripteerde kletsdiens genaamd Threema is ook ingespan sodat gebruikers geheime inligting aan die weermag kan stuur sonder om hul identiteit bekend te maak.

“Die weermag kry daagliks duisende boodskappe hieroor en filtreer dit dan deur programme wat deur kunsmatige intelligensie aangedryf word en besluit daarvolgens op watter teikens om toe te sak,” sê Schmidt.

“So, tydens hierdie oorlog het Oekraïne steeds internettoegang gehad, hul regering se data is beskerm en hulle het ʼn manier gekry waarop burgers broodnodige inligting aan hulle kan verskaf.”

Oekraïne het ʼn sterk werksmag in inligtingstegnologie en het oor die jare talle kuberkrakers opgelei wat daarin geslaag het om tot Rusland se telekommunikasie deur te dring.

Die land maak ook gebruik van biometriese en gesigsherkenningtegnieke om Russiese troepe te identifiseer en daarvolgens teikens te identifiseer.

“Gebaseer op die klein bietjie data wat ek tydens my besoek ingewin het, is dit duidelik dat Oekraïne se tegnologiebedryf ʼn groot bydrae op die oorlogsfront gelewer het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christine ·

Hierdie oorlog is ‘n geokistreerde poging van die VSA se elites om wêreldwyd probleme te veroorsaak, mense te verarm, boerderye te misluk, lande onder druk te plaas, geldmarkte te laat val, als om hulle elites te verryk – die verkoop en inkoop op die regte tye om magdom op te bou. Siek spul. Julle ondersteun die verkeerde groep.

annie ·

Kunsmatige intelligensie is reeds lustig aan’t maai en ons dink dit kom nog: Die akteur van Oekraïene span die tv in om sy saak te veg plus sy en sy gade se slinkse toneelspel. Niks word deur dié kamma-Joodjie ontsien nie. Die ironie is net dat hy weer ‘n spelertjie is in die sluwe spel van gierige kolonialiste wat hom en sy land misbruik om Rusland by te kom. Soos destyds met SA is die doelwit die besetting en beheer oor Rusland en sy bates. Sjina is volgende. Eerbaarheid op aarde is ‘n mite.

Treurwilger ·

Interessant hoe Oekraïense kuberkrakers “oor die jare opgelei is” en tans Russiese telekommunikasie indring, terwyl Russiese kuberkrakers uitvaagsels en die wêreld se sondebokke is. Word o.a. beskuldig van inmenging by Trump-verkiesing in 2016.

andre ·

n Interresante feit is dat Oekraine van die 2de korrupste land in Europa tot n ” bastion van Demokrasie ” verander het , te danke aan Rusland.sommer binne 4 maande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.