Israeliese tenks by hekke van Gasa-hospitaal

Pasiënte en daklose mense by die beleërde Al Shifa-hospitaal. (Foto: AFP)

Tenks van die Israeliese weermag het Dinsdagoggend die hekke van Gasa se grootste hospitaal uit alle rigtings omsingel en toegang na en van die beleërde Al Shifa-hospitaal is nou onmoontlik.

In die hospitaal verloop sake ook al meer beroerd.

Die Verenigde Nasies (VN) sê duisende pasiënte, personeellede en daklose mense is in dié stadium nog in die hospitaal vasgekeer weens voortslepende gevegte tussen Israeliese soldate en Hamas-magte in die omgewing.

Die hospitaal funksioneer egter teen dié tyd nie meer as ʼn hospitaal nie.

“Ons het nie elektrisiteit nie. Daar is geen water in die hospitaal nie. Daar is nie kos nie. Dit is onmenslik,” sê ʼn chirurg wat vir Dokters Sonder Grense werk.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê die hospitaal is “byna ʼn begraafplaas” soos liggame in en buite die beleërde fasiliteit ophoop.

Israel beskuldig Hamas daarvan dat hy ʼn bevelsentrum in tonnels onder die hospitaal bedryf en siekes en beseerdes wesenlik as menslike skilde gebruik. Hamas ontken dit.

Die Amerikaanse president Joe Biden het nou ʼn beroep op Israel gedoen om “minder indringende optrede met betrekking tot die hospitaal” te gebruik.

“Die hospitaal moet beskerm word,” het Biden Maandag aan verslaggewers gesê.

Israel hou vol die hospitaal is nié ’n teiken nie. Peter Lerner, woordvoerder van die Israeliese weermag, sê egter die Al Shifa-hospitaal staan sentraal tot “Hamas se bevel- en beheervermoëns”.

“Die idee is om die mense na veiligheid te neem,” voer Lerner aan.

Volgens hom is daar tans “ʼn paar honderd” mense in die hospitaal vasgekeer. Youssef Abu Rish, adjunkminister van gesondheid in die Hamas-beheerde Gasa-strook, sê egter sowat 20 000 ontheemdes skuil tans in die hospitaal.

Israel het onlangs ingestem tot daaglikse onderbrekings in militêre operasies rondom bepaalde humanitêre korridors om burgerlikes toe te laat om te vlug. Israeliese leiers hou egter vol dat daar geen breër wapenstilstand sal wees voordat gyselaars vrygelaat word nie.

Katar is intussen in bemiddelingsgesprekke oor ʼn moontlike ooreenkoms om die gyselaars te bevry.

Abu Obeida, ʼn woordvoerder van Hamas se militêre vleuel, het Maandag gesê ʼn moontlike ooreenkoms sal die vrylating van 100 Israeliese gyselaars behels in ruil vir 200 Palestynse kinders en 75 vroue wat in Israeliese tronke aangehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Carel ·

Oorhandig die 242 Israeliese gyselaars.
Dis die hoof voorwaarde vir ‘n skietstilstand??

Wat is die probleem, HAMAS ?????????????

Sobymykoolkop ·

Te lekker om slagoffer te speel.Land in oorlog en daai hospitaal silwerskoon teen SA se staatshospitale

Jan Jacobs ·

Ja as jy bang is vir jou vyand,Val die burger likes aan, soos die vsa en britanje met die duitse burger likes gedoen het, en die vsa ook met die japanese.

JohanR ·

Ek reg onder die hospitaal steek Hamas hulself weg in tonnels – klomp lafaarde!

Ore ·

Indien Isreal seker is van hulle inligting, waarom gaan hulle dan nie in waar die vyand skuil en haal uit nie? Hulle praat net en doen niks. Hammas weier om die gyselaars vry te laat. Ook interessant om te hoor dat alle radio onderhoude oor die oorlog begin die sprekers met “Israel teen Hammas” maar Hammas het dit begin.

Samuel ·

Ek het so drie jaar gelede gelees van die ondergrondse tonnels wat die Palestyne bou en baie goed toerus. Hulle het toe reeds aanvalle op Israel daarvandaan geloods.

Pieter J ·

Ek wonder hoekom het palestyne wat nie pasiënte is nie in die hospitaal gaan skuil i.p.v. om van die 4 -uur verposings gebruik te maak om uit die gebied weg te kom. Dit laat my dink hulle is ook lede van die Hamas-beweging en is bewus van die tonnel netwerk wat onder die hospitaal begin.

Willem ·

Wens ons kon jare terug ook soos efektief teen terroriste optree – nou sit ons met die gebakte pere . Doet so voort Israel

annie ·

20 000? Wie het die yslike hospitaal vir migrante gebou… En sommer ook bomskuilings en wapenstore. Die Hamasgesinde dokters speel lekker saam vir groot inpak op wêreldgemoedere…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.