Italianer dood toe reusekaaswiele op hom val

Foto bloot ter illustrasie (Foto: Thibault Camus, AP)

ʼn Bejaarde man is Sondag in die klein dorpie Romano di Lombardia naby Bergamo in Italië dood ná duisende 40 kg-kaaswiele op hom geval het.

Antonio Dusi, ʼn brandbestryder van Bergamo, sê Giacomo Chiapparini (74) is onder die reusekase begrawe toe ʼn rak in sy pakhuis meegegee en veroorsaak het dat die duisende kilogram kaas neergestort het.

Die reusekaaswiele word op metaalrakke gestoor, waarvan die hoogste op 10 meter gestaan het. Chiapparini was glo besig om die rypwordende kaaswiele te inspekteer toe een van die rakke meegegee het.

“Reddingswerkers moes die kase en die rakke met die hand skuif; dit het sowat 12 ure geduur om Chiapparini uiteindelik te vind,” sê Dusi.

Die pakhuis het altesame 25 000 wiele grana padano, ʼn baie gewilde kaas in Italië, gehuisves. Dit is ʼn harde kaas wat soos parmesaan lyk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gerrit Johannes ·

Ek het nog alryd gedink Grana Padano is die kaas waarvan die Parmesaan op my pasta-disse vandaan kom
Nou nie meer seker na julle berig nie. Help asseblief!

George ·

So, die wereld moet luister na Afriforum se “plaasmoord” praatjies, maar SA moet nie berig oor ander lande nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.