Kanada-mesaanvalle: Tweede verdagte ook dood  

Damien Sanderson en Myles Sanderson (Foto: RCMP)

Die tweede verdagte wat daarvan verdink word dat hy deel was van noodlottige mesaanvalle in Kanada se Saskatchewan-provinsie wat tot die dood van tien mense gelei het, is in hegtenis geneem en is kort daarna dood.

Volgens Rhonda Blackmore, assistentkommissaris van die Royal Canadian Mounted Police (RCMP), het Myles Sanderson (32) ná sy inhegtenisneming in “mediese nood” verkeer en is hy na ʼn hospitaal geneem waar hy kort ná sy aankoms dood verklaar is.

Sy broer, Damien Sanderson (31), se verminkte liggaam is Maandag in ʼn veld naby ʼn huis in die James Smith Cree Nation gevind. Daar word vermoed dat Myles sy broer vermoor het.

“Ons sal nou moontlik nooit weet wat hul motivering was nie,” het Blackmore gesê.

ʼn Reusesoektog is na die broers van stapel gestuur ná Sondag se aanvalle in die afgeleë inheemse gemeenskap van die James Smith Cree Nation en die nabygeleë dorpie Weldon. Minstens 18 mense is tydens die aanvalle beseer.

Myles het glo soveel as 60 vorige strafregtelike veroordelings en was sedert Mei soek nadat hy sy paroolvoorwaardes verbreek het.

Die motief vir die aanvalle is steeds nie bekend nie. Die polisie glo van die slagoffers is geteiken en ander is lukraak aangeval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Dié storie het ‘n gelukkige einde.

Bulkalf ·

Find them, exterminate them and box them.
Should be done here to!!!

Waarnemer ·

Wat is ” mediese nood” in hierdie geval?Dalk heg die polusie hom ernstig gewond of aangerand of iets!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.