Katar-lugredery as beste ter wêreld aangewys

(Foto: Qatar Airways)

Die nasionale lugredery van Katar is onlangs in Dubai by die World Travel Awards bekroon vir sy onwrikbare verbintenis tot uitnemendheid in reiservarings en het met altesaam drie wêreldreistoekennings weggestap.

Die Wêreldreistoekennings bring bedryfsleiers, kundiges en belanghebbendes byeen om noemenswaardige prestasies in lugvaart- en reisbedryf te vier.

Qatar Airways is as die “wêreld se beste algemene lugredery” bekroon en is ook met die toekenning vir die “wêreld se beste lugredery in besigheidsklas” en die “wêreld se beste lugredery – besigheidsklas: Al Mourjan Business Lounge” bekroon.

Badr Mohammed Al-Meer, uitvoerende hoof van Qatar Airways, sê die “World’s Leading Airline”-toekenning gee erkenning aan Qatar Airways se toewyding tot passasiertevredenheid.

“Die lugredery verskaf deurgaans kwaliteit, gerief en uitsonderlike diens aan sy passasiers en verseker ʼn genotvolle reiservaring vir almal.

“Die Wêreld se voorste lugredery – Besigheidsklas-toekenning is ʼn bewys dat Qatar Airways die beste lugredery is om mee te reis; veral vanweë sy ongeëwenaarde gehaltediens en luukshede. Die bekroonde Qsuite het ook ʼn toekenning gewen wat sy statuur – as die mees onvergeetlike manier om te vlieg – beklemtoon.”

Hy sê die toekenning vir die “World’s Leading Airline Lounge – Business Class: Al Mourjan Business Lounge” is ʼn kroonprestasie vir Qatar Airways en Hamad Internasionale Lughawe.

“Hierdie volhoubare besigheidsklassitkamer skep ʼn ongelooflike ervaring in ʼn rustige atmosfeer; ideaal vir sake-, ontspannings- en gesinsreisigers.”

Hy sê Qatar Airways is daartoe verbind om die grense van uitnemendheid te versit en is trots op die erkenning wat die redery pas ontvang het.

“Hierdie toekennings versterk ons ​​toewyding om niks minder nie as uitsonderlike diens aan ons passasiers by elke raakpunt te lewer,” sê Al-Meer.

Graham E Cooke, stigter van die World Travel Awards, sê Qatar Airways reik steeds na nuwe hoogtes.

“Ek is verheug dat beide die bedryf en die algemene publiek hierdie ongeëwenaarde uitnemendheid erken het deur in dié drie kategorieë vir die redery te stem.

“Die toewyding van die hele Qatar Airways-span dien as ʼn inspirasie vir ons almal.”

Al-Meer sê die lugredery bly daartoe verbind om ongeëwenaarde diens te lewer, innovasie en volhoubaarheid te bevorder en sy posisie as ʼn wêreldleier in die bedryf te behou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Realis Thailand ·

Ek vlieg vir die afgelope 13 jaar net Qatar
In die jare het hulle al verskeie kere beste lugdiens gewen en ek kan Meld hulle besigheids klas is uit die boonste rakke
Ook hulle sitkamer in Doha in die nuwe lughawe is uitstekend met stortgeriewe ingesluit
Was met hulle vlugte al VSA en Korea toe en alles is uitstekenden ten minste twaalf keerheen en weer na Thailand waar ek woon.
Is nie verbaas hulle het weer die toekennings gewen nie.

Hennie Biebouw ·

Ons het eenmaal die fout gemaak om van Kaapstad na Toronto te vlieg met Qatar. Sedert daairdie vlug, vlieg ons eenvoudig nié deur die Midde Ooste nie. Qatar in my opinie is erg oorskat. Vlugte na Noord Amerika of Europa deur die Midde Ooste is boonop aansienlik langer as die meer direkte roetes. As jy jou eie kaartjie moet betaal ( dws nié besigheidsklas wat jou werkgewer betaal nie) bly Delta vir my die beste waarde vir geld, en totale pakket. Dit neem ongeveer 35 uur om van Kaapstad tot Toronto te vlieng met Qatar. Met Delta kan jy dit doen binne 21 uur.

Stephen ·

Weens Qatar se steun aan wereld terreur en terrorisme sal ek hulle nie ondersteun nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.