‘Katastrofe’ dreig in Soedan

‘n Verlate straat in Khartoem. (Foto: AFP)

Terwyl strydende generaals en hul magte Dinsdag dodelike gevegte in Soedan voortgesit het, waarsku die Verenigde Nasies (VN) teen ʼn “katastrofiese” humanitêre krisis in dié land.

Duisende mense het reeds uit Soedan gevlug. Duisende ander kan egter nie die moeisame reis na die land se grense bekostig nie en word nou genoop om in Khartoem met ’n kwynende voorraad kos, water en elektrisiteit te skuil.

Abdou Dieng, top- humanitêre amptenaar van die VN in Soedan, waarsku dat die situasie besig is om in “ʼn volskaalse katastrofe” te ontaard.

Die Keniaanse president William Ruto het op sy beurt gesê die konflik het “katastrofiese vlakke” bereik terwyl die weermagleier Abdel Fattah al-Burhan en sy adjunk, paramilitêre bevelvoerder Mohamed Hamdan Dagalo, weier om gehoor te gee aan oproepe vir ’n skietstilstand.

Al-Burhan en Dagalo, wat stry gekry het nadat hulle in 2021 saam ʼn militêre staatsgreep uitgevoer het wat Soedan se oorgang na ʼn demokraties verkose bewind ontspoor het, het reeds verskeie skietstilstande verontagsaam.

Die mees senior humanitêre amptenaar van die VN, Martin Griffiths, het Maandag in Nairobi aangekom vir ʼn sending om maniere te vind om hulp te verleen aan die miljoene burgerlikes wat in Soedan vasgekeer is.

“Die situasie wat sedert 15 April daar [in Soedan] afspeel, is katastrofies,” het hy op Twitter gesê.

(Foto: Gueipeur Denis SASSOU / AFP)

Minstens 528 sterftes is die afgelope twee weke aangemeld. Sowat 4 600 mense is tydens die geweld gewond of beseer.

Die VN se vlugtelingagentskap, UNHCR, sê nou hy maak gereed vir die moontlikheid dat meer as 800 000 mense van Soedan na buurlande kan vlug.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) waarsku ook dat Soedan se reeds sukkelende gesondheidsektor op ʼn “ramp” afstuur vanweë die gevegte, met slegs 16% van gesondheidsfasiliteite in Khartoem wat in dié stadium nog funksioneer.

“Die gesondheidstelsel het heeltemal ineengestort in Geneina,” het ʼn doktersvakbond in die land gesê. Boonop word klinieke en kampe vir die ontheemdes geplunder wat verskeie instansies gedwing het om hul spanne inderhaas te onttrek.

Dokters Sonder Grense het Vrydag gesê die gevegte het hom gedwing om “byna alle bedrywighede in Wes-Darfoer” te staak.

Die WGO het tot dusver ses houers mediese toerusting in Port Soedan afgelewer. Dit sluit in voorrade vir die behandeling van traumabeserings en ernstige akute wanvoeding. Die organisasie het ook skaars brandstof aan hospitale verskaf wat op kragopwekkers staatmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Net nie voor die rugby wêreldbeker se finaal nie!

Faraway ·

Onvermydelik dink aan wat geskrywe staan . . . En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie

Faraway ·

Koen . . . The birth pains will all happen simultaneously and with increasing intensity as the tribulation approaches
Why is the Timing of the Beginning of Spiritual Birth Pains Important?
Because Jesus promised that the generation that witnessed the beginning of the birth pains would not pass away before tribulation began and the rapture took
place.

JvR ·

Vir my altyd interesant dat daar altyd kameras en VN trokkies orals is om te kyk hoe swaar mense kry. The show must go on

Koen ·

Nog interressanter is dat daar altyd mense is wat na die beelde sal kyk en daaroor sinnelose kommentaar lewer. It’s a good show?

Hendrik ·

Soos die stryd in SA polities al vir baie jare verloop selfs, nog voor onafhanklikheidsoorgawe en meer intens raak blyk dit dat dieselfde omstandighede ons nie gespaar sal wees nie.

minnie muis ·

EN DAN PRAAT jy weet wie van burgeroorlog as hy nie sy sin kry nie en tog loop hy nog vry??????

Joe Olivier ·

528 sterftes in 2 weke. Dis so 37 per dag. Hier in SA word 80 per dag vermoor maar dit is nie ‘n katastrofe nie.

skurweberg ·

As julle weet wat die rede is vir hierdie oorlog en jy maak dieselfde foute oor en oor, soos in Zim ook plaasgevind het, moet jy maar die gevolge dra. Stamp maar julle koppe teen die Afrika-klip.

Koos 100 ·

Dit gaan oor olie, d.w.s geld. Alle oorloëe in die mens se geskiedenis het oor geld en mag gegaan, en sal in die toekoms daaroor gaan.

Skadu ·

Interessant vir my is dat daar gesê word dat Rusland se Wagner hier betrokke is… reg oorkant Saudi Arabiē, wat by BRICS wil aansluit. Sjina is baie betrokke by Somalië.

As die Oosblok toegang tot die Rooisee beheer, wat toegeng bied tot die Sueskanaal, kan hulle die Weste se hoof handelsroete baie omkrap.

Johan ·

Nou wanneer arresteer die NWO die westerse leiers wat verandwoordelik is vir die gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.