Koning Charles, Camilla verwelkom Ramaphosa binnekort

Argieffoto van pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal in November ʼn amptelike staatsbesoek in Brittanje aflê waartydens hy koning Charles en sy vrou, Camilla, die koningin-gemalin, sal ontmoet.

Buckingham-paleis het Maandag dié nuus in ʼn verklaring bevestig.

Ramaphosa sal deur sy vrou, dr. Tshepo Motsepe, vergesel word. Die besoek sal van Dinsdag 22 November tot Donderdag 24 November plaasvind.

Dit is die eerste Suid-Afrikaanse staatsbesoek aan Brittanje sedert koning Charles die troon bestyg het ná die afsterwe van sy ma, koningin Elizabeth II, op 8 September.

“Die koning en die koningin-gemalin sal die Suid-Afrikaanse president op sy die staatsbesoek aan Buckingham-paleis ontvang,” lui die verklaring.

Koning Charles III en sy vrou Camilla. (Foto Yui Mok/POOL/AFP)

Charles het in Oktober 1997 sy eerste besoek aan Suid-Afrika, ʼn lid van die Statebond, afgelê.

Hy het tydens dié besoek onder meer ʼn draai gemaak in die Nyanga-nedersetting in Kaapstad en ʼn konsert ten bate van die Nations Trust by die Johannesburg Atletiek-stadion bygewoon.

Charles en Camilla het in November 2011 ook besoek aan Johannesburg en Pretoria afgelê. Charles het ook op 15 Desember 2013 oudpres. Nelson Mandela se begrafnis in Qunu, Oos-Kaap, bygewoon.

Charles het egter vantevore saam met Suid-Afrika se leiers aan tafel gesit. Hy en Mandela het in Julie 1996 tydens ʼn staatsbanket in die Buckingham-paleis skouers geskuur.

Die koning het ook in 2001 oudpres. Thabo Mbeki en sy vrou, asook in 2010 oudpres. Jacob Zuma en sy vrou in die paleis onthaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Roebs ·

Nee hel, bly in die land en sort ons probleme uit. Of gaan jy weer geld leen?

Hennie ·

Hy en vroutjie gaan weer lekker inkopies doen, op ons onkoste!

Trehoax ·

Hy moet eers na sy base toe gaan om “geestelike leiding” te kry. Hy’s maar net nóg n marionette.

Roebs ·

Gee die land terug vir Engeland en dan beten ons geld darm iets… Kan doen met ‘n paar ponde in my sak.

Trehoax ·

Die land behoort al lankal nie aan die ANC nie. Buitelande entiteite van verskeie oorde is in beheer.

Antie Sarie ·

Het nog nooit aan die ANC behoort nie. Hulle is op n ander payroll

Antie Sarie ·

Behalwe vir die paar jaar tussen 1961 en 1965, dink jy ons was ooit nie deel van engeland nie?

Antie Sarie ·

So jy dink ons is enigste land met beurtkrag of, soos hulle dit in engeland en kanada noem, “rolling blackouts”

Snowball ·

Baie in gemeen – albei het baie rykdom waarvoor hulle nie moes werk nie, nie een van die twee regtig tot veel in staat nie, en beide het skandes gemaak wat die voorblaaie vol was. Twee ondergemiddelde papbroeke. Cyril will fit right in.

Autobahn ·

Presies Pieter. Dit sien ´n mens reeds daardeur dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank in privaat besit is en nie aan die land behoort nie.

Niklaas ·

Nou wat is die doel van hierdie besoek ? Wegvlug van SA probleme ? Lekker pret in die Soho gebied ?

hpven ·

Wat kan hy anders sê as sy afgesaagde tirade terwyl hy die zombie dans doen. Is hy tot enige iets anders instaat?

PieterJ ·

Julle kan hom, en sy duisend beste vriende, enige tyd hou vir ewig. Kan net goed wees vir SA.

Samuel ·

Weet hierdie mense waarvoor hulle hulle inlaat? Ramaphosa gaan wraggies waar seker geld bedel of NWO bande vernuwe. Daar is altyd bybedoelings by hierdie besoeke.

piper ·

ek sou dink hy moet eerder kuba toe gaan want ons regering is so hoog op in hulle ingekruip. kolonialisme woord gedurig aangeval. hoe nou?

Koos 100 ·

Charlie, moet asb hom net nie glo nie. As sy mond oopgaan is daar rede tot kommer. Hy lieg sonder om te bloos vir sy landsburgers, so hy kan nie geloofwaardig wees nie.

Willem ·

Charles IIIen sy ma het nooit moeite gedoen om wit Suid-Afrikaanse leiers te ontmoet en met hulle “skouers te skuur” nie. Seker omdat hulle skuldig gevoel het oor die ongeveer 38,000 Boervrouens- en kinders wat in die konsentrasiekampe gesterf het? Of wat?

Anel ·

Hy gaan nie veel geleen kry nie want die Engelse het self nie baie nie, met die wat al wat ‘n uitlander daar welkom is en meer sê het as daardie eiland se eie burgers!!!!

Hester Wilhelmina ·

Cyril gaan hom seker vra om ons weer te kom koloniseer….

Joe Olivier ·

Charles beter daardie kroonjuwele baie mooi oppas. Voor ons weet is dit binnekort in ramaphosa se rusbank weggesteek.

Karina ·

Ou Ranpie gaan verseker die Koning versoek om die diamante in die Koningklike septer, kroon terug te gee vir Suid Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.