Koning Charles sterk aan ná operasie

Koning Charles III (Foto: Jonathan Brady / AFP)

Brittanje se koning Charles III het Saterdag sy tweede dag in ’n private kliniek in Londen deurgebring nadat hy Vrydag ’n operasie vir ’n vergrote prostaat ondergaan het.

Dit gaan glo goed met die 75-jarige koning ná sy operasie.

Sy vrou, koningin Camilla, het oor die naweek al verskeie kere by die London Clinic ingeloer.

Koningin Camilla nadat sy die koning oor die naweek in die hospitaal besoek het. (Foto: JUSTIN TALLIS / AFP)

Dit is nie bekend hoe lank die monarg in die hospitaal sal moet aansterk nie. Britse mediaberigte dui daarop dat hy moontlik die hele naweek in die hospitaal sal moet deurbring.

Charles se skoondogter Catherine, die prinses van Wallis, sterk ook tans nog in die London Clinic aan nadat sy op 16 Januarie ’n beplande abdominale operasie moes ondergaan.

Die Britse koninklike familie is intussen dun gesaai.

Daar word verwag dat die koning se suster, prinses Anne, asook sy broer prins Edward, en dié se vrou, Sophie, waarskynlik in die volgende paar maande meer koninklike pligte sal oorneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.