Lemme van ikoniese Moulin Rouge stort in duie 

Die lemme van die ikoniese Moulin Rouge het in duie gestort. (Foto: Dimitar Dilkoff / AFP)

Die lemme van die ikoniese Moulin Rouge, een van die bekendste bakens in Parys, het verlede nag in duie gestort. Dít net enkele maande voordat die Franse hoofstad die Olimpiese Spele aanbied.

Die oorsaak van die voorval is in dié stadium onbekend en daar is nog geen sprake van herstelwerk of ʼn tydlyn hieraan gekoppel nie.

Brandbestryders het wel Donderdag gesê daar is “geen risiko van ʼn verdere instorting nie”.

“Dit het gelukkig ná sluitingstyd gebeur,” het ʼn Moulin Rouge-amptenaar aan AFP gesê.

Volgens dié bron, wat vertroulik met AFP gepraat het, gaan die kabaret se tegniese spanne die meganismes van die meule elke week na en het hulle geen probleme opgemerk nie.

“Dit is die eerste keer dat so iets gebeur sedert die kabaret sy deur vir die eerste keer op 6 Oktober 1889 oopgemaak het.”

Foto’s en video’s wat op sosiale media versprei is, wys hoe die hele lem-eenheid van die meule in die straat voor die Moulin Rouge lê – die kenmerkende rooi lemme effens gebuig.

 

Die voorval het verdere kommer laat ontstaan of Parys gereed is om die Spele in Julie/Augustus aan te bied, met duisende mense wat hierheen sal stroom om die geleentheid by te woon.

Moulin Rouge, aan die voet van die Montmartre-heuwel in die noorde van Parys, is een van die mees besoekte bakens in die stad. Dit staan bekend as die geboorteplek van die can-can-dans.

Die lemme van die ikoniese Moulin Rouge het in duie gestort. (Foto: Skermskoot)

Moulin Rouge is op die meeste besoekers aan Parys se emmerlysies – hetsy om dit van buite te bewonder of ʼn vertoning by te woon.

Die enigste ander ernstige terugslag by die “Rooi Meule” was ʼn brand in 1915, wat Moulin Rouge gedwing het om sy deure vir nege jaar te sluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alex ·

Ek stem Renier. Dis n maklik herstel. Ons Suid Afrikaans sal die werk vinnig en in tyd herstel. Stel ons aan asb Parys?

JN ·

Maar alles val uit mekaar in Suid Afrika..
Dit is n feit! Jy moet n dwaas wees om dit te ontken..
Nou wonder ek net hoekom als in Suid Afrika uit mekaar val…Hmmm Nou wat kan die rede nou wees…

JohanR ·

Alex/Renier my hamer is in my sak. Wie betaal? Was laas in 1988 in Parys toe dit nog bekosbaar was, en voor die ANC….R1.71 vir $1. Oe en Notre Dame het nog nie amper afgebrand nie.

Jaco ·

Word die moulin rouge besit deur ANC-kaders? Dis nou die mense wat glo instandhouding is ‘n Westerse konsep, vol rassisme, apartheid en wit monopolie kapitaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.