Luister: 67 miljoen kinders weens Covid nie ingeënt

(Foto: CDC/Unsplash)

Miljoene kinders wêreldwyd is tussen 2019 en 2021 weens die Covid-19-pandemie slegs gedeeltelik ingeënt of het glad nie hul roetine-inentings ontvang nie.

“Meer as ʼn dekade van swaarverdiende winste in roetine-inenting vir kinders is uitgewis,” lui ’n nuwe verslag van die Verenigde Nasies (VN) se kinderagentskap, Unicef.

Daar bestaan nou kommer oor moontlike polio- en maselsuitbrekings in die toekoms.

Luidens die verslag het 48 miljoen van die 67 miljoen kinders wie se inentings “ernstig ontwrig” is deur die pandemie hul roetine-inenting heeltemal misgeloop.

Die inenting van kinders het gedurende die pandemie in 112 lande afgeneem. Die persentasie kinders wat wêreldwyd ingeënt is, het gevolglik met 5 punte tot 81% gedaal – die laagste inentingskoers sedert 2008.

Inenting in Afrika en Suid-Asië het veral tydens die Covid-19-pandemie agterweë gebly.

“Kommerwekkend genoeg het die afname tydens die pandemie aan die einde van ʼn dekade gebeur waartydens die groei in kinderimmunisering in breë trekke gestagneer het,” sê Unicef in sy verslag.

“Entstowwe speel ʼn baie belangrike rol om gesonde, lang lewens te lei,” sê Brian Keeley, die verslag se hoofskrywer.

“Enige afname in inentingsyfers is kommerwekkend.”

Inentings red jaarliks 4,4 miljoen lewens. Tot 5,8 miljoen lewens kan boonop teen 2030 gered word, sou elke kind ter wêreld die roetine-inentings ontvang.

Voor die bekendstelling van ʼn entstof in 1963, het masels elke jaar ongeveer 2,6 miljoen lewens geëis. Die meeste slagoffers was kinders en dié getal het teen 2021 tot 128 000 gedaal.

Die persentasie kinders wat teen masels ingeënt is, het egter tussen 2019 en 2021 vanaf 86% tot 81% gedaal. Die aantal maselsgevalle het gevolglik in 2022 verdubbel, vergeleke met 2021.

Keeley waarsku ook dat die daling in inentingsyfers vererger kan word deur ander krisisse soos klimaatsverandering en voedselonsekerheid.

Hy waarsku ook dat die aantal konflikte oor die hele wêreld, ekonomiese stagnasie in baie lande én klimaatnoodgevalle dit vir gesondheidstelsels en lande ál moeiliker maak om aan landsburgers se inentingsbehoeftes te voldoen.

“Ons kan nie toelaat dat vertroue in roetine-inentings nog ʼn slagoffer van die pandemie word nie, anders kan die volgende vlaag sterftes weens kinders met masels, witseerkeel of ander voorkombare siektes wees,” sê Catherine Russell, uitvoerende direkteur van Unicef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Koos 100 ·

Bedank maar die WHO en almal wat geld gemaak het uit die COVID vaksiene vir die situasie!

Johan ·

Spesiale dank aan Coetzee ook, wonder of sy nog soos wat sy ons probeer afdreig het nog haar “gereelde boosters” kry.

Johan ·

Wat het medici verwag gaan gebeur. Lande sit met der duisende vax besering, natuurlik gaan mense wegskram van inentings, al is die goed moontlik onskadelik. Moontlik, want wie kan regtig glo dat daar nie ernstige neweefekte is nie.

Papsak ·

Ja hou verby arme kids hierdie was en is n hele klug spil moenie verder luister en laat in ent nie asb mense kyk hoeveel al dood deur in enting asb hulle hwt geld uit mense gemaak

Nommer 7 ·

Papsak, u verstaan die berig verkeerd. Lees weer aandagtig.

Miskruier ·

Jammer ek vertrou Big Pharma nie meer nie. 50jaar gelede het ek my Nederlandse vriendin ontmoet. Absoluut geen inentings gehad en daarom hul vaderland verlaat waar hul mense begin verplig het om te ent. Suid Afrika het geen verpligte inentings gehad nie. Na 50 jaar is geen een van hul ooit dood (van enige van die siekte waarvoor ons ent) nie en ook nie hul gemeentelede nie. Ek was voor in die ry met my kinders en moes wel toekyk hoe n familie lid se kind stuipe kry op die dag na inenting.

Wendy ·

Dankbaar dat ouers wakkr gskrik ht alle ente is boos en veroorsaak meer siekte en probleme in later jare as wat dt goed doen- wens ek ht 30jr trg geweet wat ek nou weet sal beslis geen kind v my oit inge ent ht ni

Chris ·

Ek hou van rou data. Jul kan gerus na die rou data gaan kyk in Pubmed (National Library of Medicine) “Vaccines and sudden infant death: An analysis of the VAERS database 1990-2019 and review of the medical literature”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.