Maatskappy aangekla ná springkasteel-tragedie

Sterk wind het die groot opblaaskasteel in die lug geslinger by ʼn skool se jaareindfunksie in Desember 2021. Uiteindelik het ses kinders tussen 11 en 12 jaar oud gesterf. (Argieffoto: ABC News/Twitter)

Australiese owerhede het die maatskappy aangekla wat in 2021 die springkasteel bedryf het wat tot die dood van ses kinders gelei het toe sterk wind die opblaasstruktuur in die lug geslinger het.

Die maatskappy, Taz-Zorb, word aangekla van die oortreding van wetgewing oor beroepsveiligheid en -gesondheid, sê Robyn Pearce, beroepsgesondheid-en-veiligheidsreguleerder in die staat Tasmanië, waar die tragedie afgespeel het.

Sterk wind het die groot opblaaskasteel in die lug geslinger by ʼn skool se jaareindfunksie in Desember 2021. Uiteindelik het ses kinders tussen 11 en 12 jaar oud gesterf.

Die owerhede het in daardie stadium gesê die kinders is van ʼn hoogte van ongeveer 10 m geslinger.

Aanklaers het ʼn klag teen Taz-Zorb aanhangig gemaak waarin aangevoer is dat die maatskappy die “kinders blootgestel het aan die gevaar van dood of ernstige besering”, het Pearce in ʼn verklaring gesê.

“Ek het die afgelope jaar deurlopend die ouers ontmoet van die kinders wat in die voorval gesterf het of beseer is en ek wil weereens my diepe medelye aan elkeen betuig.”

Die maatskappy kan ʼn boete van tot AUS$1 miljoen (sowat R11,9 miljoen) opgelê word vir die beweerde oortreding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

In SA sal hul net hul skouers optrek en sê: Eish, sorry!

Nico ·

Net n bietie agtergrond.
Aus se wetgewing rondom springkastele is ongelooflik streng. Alles vanaf ankerpen vorm en grootte tot sponsmatte by die ingang tot elektriese koord vereistes en blaasmotor beveiliging word in die regulasies vervat.
Nie net die eienaar van die besigheid is aanspreeklik nie.
Die skool moet ook aansoeke by die stadsraad ingedien het., hul veiligheids inspekteur, asook die stadsraad se inspekteur moes die opstelling/ installasie goedgekeur het. Hier is n hele stel regulasies oortree.
Gaan lees gerus op safework australia se webblad,
Ek verstaan die artikel is van n Australiese oorsprong.l. Die bron het egter nie sy huiswerk gedoen nie.

Ina ·

My vraag: watter voorsorg moes die personeel of eienaar getref het teen die dwarrel wat hy nie veroorsaak het nie. ‘n sterk dwarrelwind trek jou normale woonwa se tentpenne uit die grond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.