Matador sterf tydens stiergeveg

Victor Barrio tydens 'n stiergeveg op 16 Mei 2011 (Foto: (AP Photo/Daniel Ochoa de Olza, File)

Victor Barrio tydens ‘n stiergeveg op 16 Mei 2011 (Foto: (AP Photo/Daniel Ochoa de Olza, File)

ʼn Matador is Saterdag dood toe ʼn bul hom tydens ʼn stiergeveg in Spanje deurboor het.

ʼn Dokter het Victor Barrio (29) Saterdag in die arena dood verklaar. Die 530 kg-bul se linkerhoring het Barrio in sy bobeen deurboor en sy liggaam is deur die lug gewerp. Die bul het hom ʼn tweede keer ook in die bors deurboor wat sy long en aorta getref het.

Paramedici was bykans onmiddellik by hom, maar alle pogings om sy lewe te red was tevergeefs.

Die voorval is regstreeks op televisie uitgesaai.

Hy is die eerste professionele matador wat sedert 1985 tydens ʼn stiergeveg sterf.

Maroela Media het vroeër berig ‘n 73-jarige Suid-Afrikaner is Vrydag tydens die jaarlikse bulstormloop oorlede. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hartseer ·

Dit is baie hartseer…oor daardie bul and n al die ander bulle wat elke jaar sterf.

Boer ·

Een van die baie hulle wat ooit die mans gehad het om homself te verdedig.

Hennie Terblanche ·

Dis baie goeie nuus!!! Hoop die skate het vir die bul ook aplous gegee!

Wern ·

Glo my die skare het. Die tipe mense wat van sulke bloedvergieting hou het geen respek vir lewe of lojaliteit teenoor enigiets nie, solank daar net bloed is is hulle opgewonde.

Cherokee ·

Wonder waarom diere-aktiviste wat groot veldtogte voer oor dinge soos pels en dies meer nie die Spanjaarde takel omdat dieremishandeling by hulle ‘n nasionale sport is. Dit herinner aan die Hollywood-bekende wat jare gelede in ‘n optog was wat betoog het teen die verkoop van pelse en dit sou ‘n goeie doel gedien het as sy net nie toevallig haar pelsjas aangehad het nie.

En ek onthou ook ‘n insident in Suid Afrika waar jong Zulus in ‘n groot groep ‘n bul met hul hande doodgemaak het, as deel van een af ander bizarre kultuur ding. Ek wonder of dit nie meer gereeld gedoen word in SA met die media wat aangesê is om inligting daaroor te smoor.

Olivia ·

Hulle doen, ons teken jaarliks petisies, so pas weer een geteken. Die Spanjaarde nes die Zulu nasie hou dit voor as ‘n kultuurding. Ons teken ons blou aan petisies, optogte word gehou en nes SA word dit geignoreer. Gaan kyk op Care Petition en baie ander. Min kennis omdat jy nie betrokke is by aktivisme nie?

Hendrik ·

Dis n veragtelike “sport”. Jare gelede het ek so n toernooi in Frankryk bygewoon. Die bulle se nekspiere op hulle skofte word eers deur manne op gepanserde perde met spiese afgesteek. Dan kom die matador in. Die bulle word stelselmatig met spies steke verswak totdat die matador uiteindelik die dier met n lang swaard dood. Die diere ly oneindig baie. Met die eerste bul was ek byna siek. Dis egter ontstellend om te weet dat die gees van die skare jou desensitiseer en teen die einde van die toernooi het jy tot op hulle vlak gedegradeer om dit te geniet. Ek skaam my vandag daaroor. Daar is geen regverdiging daarvoor nie. Ek is n jagter, maar vir hierdie sistematiese marteling van diere het ek nie tyd nie, maak nie saak of dit iemand se kultuur is nie.

charlene ·

Hendrik is haat die sport nou nog meer – Maak hulle regtig die bulle dood???
ek is seker `n sadis maar ek kry lekker as die manne daar binne seer kry as die bul hulle deurboor of net vertrap – ek glo dit wat hulle moet die diere doen on ongelooflik wreed, en nou nog meer. (Jag is iets anders, jy jag en gebruik die vleis, dalk die vel ens maar jy laat nie dier `n stadige dood sterf nie) .

Ittermago ·

Hoekom gaan die media so aan oor die wildtuin ittermago wat geskop was (goeie rede om daaroor geleer te gaan) maar die hulle word so ligtelik opgeneem, nie eers genoem in die ander plaaslike media nie.

Andrea ·

Ek is bly!
Hoop alle vorme v dieremishandeling kan gestaak word!

Jef ·

Goeie nuus maar ek is bevrees dat die volgende metadors al klaar staan om die sieklike stiergevegte voort te sit.
Hulle moet dit verbied,

Kandas ·

Nooit in my lewe gedink hierdie WP-meisie sal die woorde uiter nie: GO BULLS!
Dit is seker die aakligste sport onder die son. Daai bulle word dood gemartel.

Karma ·

Air Kandas, lekker lag ek nou. Stem saam: vir die eerste keer skree ek: “Go Bulls GO!!!!!!” Lekker, kry vir jou, jou simpel, bloeddorstige, vertraagde Spanjaard! Waar is PETA en Greenpeace nou???? Kom, staan saam met ons diereliefhebbers wat die bulle se pyn aanvoel, en boikot Spanje se bloeddorstige ‘nasionale sport’. Dit is in elk geval ‘n lafhartige soort ‘sport’ – ‘n man wat agter ‘n wulpse pienk of rooi lappie skuil en keer op keer ‘n spies in ‘n weerlose dier se flank gooi. Ir toros van: matar a los matadores de retorno!!!

ada ·

Dit sal die Matador net n les lees.Ditis jammer die bul gaan nou uitgesit word.Het so op bbc news gehoor. Dit is nie die bul se skuld nie.

Johann Marx ·

Die mens vind genot daarin om diere te martel…..dit gebeur reg om die wêreld. Gaan google Yuling festival…

Siestog ·

Voel ‘n veer vir die matador. Siek vir die barbaarsheid teenoor diere. Waar is die diereregte organisasies sodat dit stopgesit kan word.

Theresa B ·

Ek voel ‘n veer vir jou. Jy het net gekry wat jy lankal verdien het. Geen simpatie hier nie en sal nooit kry nie.

charlene ·

En so draai die wiel. Jammer maar die man het dit verdien, wens meer van die bulle daar wil dit doen dan sal die mense seker ophou om die diere so te verniel. Dis wreed wat hulle doen en ek voel net jammer vir die diere. Ek is bly jou dag het so gekom.

neelsie ·

Barbaarse optrede in n eerste-wereld land.
Watter behae mense kry om diere so te sien sterf.?
Matadors verdien miljoene en dis dieremishandeling!

Naas Vermaak ·

Ons kla oor omgekeerde rassisme….

Ons juig oor ‘n matador dood is….

…beide bul en matador se uiteinde is tragies…laat ons elkeen ons God wat ons aanbid deur ons spraak bely en nie verlekker in die gevolge van sulke barbaarse optredes nie…tensy ons op dieselfde laakbare vlak wil opereer.

Daardie sport moet verbied word en so ook alle mishandeling van alle spesies op aarde – mens en dier!

verval ·

Stem saam Naas …in die mens is daar 2nature weens geestelike verval kom die dierlike natuur groter en meer voor. Verlos ons van die bose.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.