Midde-Ooste: Al hoe meer oproepe om vergelding

(Argieffoto: Amerikaanse weermag)

Die leier van Iran se Revolusionêre Wag dreig om plekke wat deur die Verenigde State van Amerika (VSA) gesteun word “aan die brand te steek” ná ʼn hooggeplaaste Iranse generaal verlede week in ʼn Amerikaanse lugaanval dood is.

Hossein Salami het dié onderneming voor ʼn skare van duisende mense gegee wat op ʼn plein in Kerman, tuisdorp van die oorlede genl.maj. Kassem Soleimani, saamgedrom het. Die skare het geantwoord met die woorde “dood vir Israel”.

Soleimani, Iran se top- militêre bevelvoerder, het Vrydag gedurende ʼn Amerikaanse lugaanval op Irak in Bagdad gesterf. Soleimani (62) was die hoof van dié land se elite Koeds-mag.

Salami se belofte weerspieël dié van ander top Iranse amptenare – van die opperleier Ayatollah Ali Khamenei tot ondersteuners van die Islamitiese Staat (IS) – wat eis dat daar vergelding is teen die VSA vir ʼn sterfte wat spanning in die Midde-Ooste byna tot breekpunt gedryf het.

In Kerman het roubeklaers, geklee in swart, plakkate met foto’s van Soleimani vertoon.

Die openbare rou is ʼn ongekende eer vir ʼn man wat deur talle Irannese as ʼn volksheld beskou word vir sy werk as leier van die Revolusionêre Wag se Koeds-mag.

Die VSA pak die skuld vir die dood van Amerikaanse soldate in Irak op Soleimani en beskuldig hom ook daarvan dat hy nuwe aanvalle beplan het voordat hy Vrydag in ʼn lugaanval naby die lughawe in Bagdad doodgemaak is. Soleimani het ook magte in Sirië gelei om pres. Bashar al-Assad in ʼn uitgerekte oorlog by te staan en het opgetree as die leier vir Irannese gevolmagtigdes in lande soos Irak, Libanon en Jemen.

‘n Lugfoto wys die duisende mense wat rou oor die dood van genl.maj. Kassem Soleimani. (Foto: Kantoor van die Irannese Opperleier/AP)

Sy dood het Teheran reeds genoop om die oorblywende beperkings op sy 2015-kernooreenkoms met ander wêreldmagte te laat vaar, terwyl sy opvolger en andere dreig met vergelding. In Bagdad het die parlement gevra dat alle Amerikaanse soldate uit Irak geskop word, ʼn kwessie wat sommige ontleders meen kan lei tot ʼn terugkeer van IS-militante.

Soleimani se oorskot en dié van ander mense wat in die lugaanval dood is, is na die sentrale plein in Kerman geneem. Dit is ʼn woestynstad wat omring word deur berge. Soleimani word later vandag daar begrawe.

Salami het Soleimani se werk geloof en gesê as ʼn martelaar gaan hy ʼn selfs groter gevaar vir Iran se vyande inhou. “Ons gaan wraak neem,” het Salami gesê, waarna hy geantwoord is met die woorde “dood vir Israel”. Israel is ʼn jarelange streeksvyand van Iran.

Iran se parlement het intussen ʼn dringende wetsontwerp deurgevoer waarin die VSA se militêre bevelsmag in die Pentagon in Washington – en diegene wat namens hom optree – tot terroriste verklaar word. Die maatreël is ʼn weerspieëling van ʼn besluit deur Amerikaanse pres. Donald Trump in April verlede jaar om die Revolusionêre Mag tot terreurgroep te verklaar.

Die Amerikaanse departement van verdediging het dié klassifikasie gebruik om die aanval te steun waarin Soleimani eindelik gesterf het. Die besluit deur die Iranse parlement, wat met behulp van ʼn spesiale prosedure blitsig deurgevoer is, volg op dreigemente van amptenare landwyd dat Soleimani se dood gewreek gaan word.

Dinsdag het Iran se minister van buitelandse sake, Mohammad Javad Zarif, gesê die VSA het sy aansoek om ʼn visum om na New York te reis vir ʼn vergadering van die Verenigde Nasies (VN), afgekeur. Die VSA, as gasheer van die VN se hoofkantoor, is veronderstel om buitelandse amptenare toe te laat om sulke vergaderings by te woon.

“Die wêreld is nie beperk tot New York nie en jy kan met die Amerikaanse mense vanuit Teheran praat. Dis presies wat ons gaan doen,” het Zarif gesê.

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake het nie op ʼn versoek om kommentaar gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Realis ·

Die Woord waarsku ons uitdruklik, dat die wêreld met swael & vuur sal vergaan…..

Johann cb ·

Ongelukkig dink Mnr Trump selde of ooit aan die gevolge van sy dade.

pan ·

Dit is juis wat President Trump so goed maak hy het n verkiesing gewen met sy slagspreuk hy sal die VSA n beter plek maak ,en dit is presies wat hy doen.

Arrie ·

Dit sal baie naief wees as daar gedink word dat Trump mag het om so n besluit alleen te neem.

aan pan ·

kranksinnig om te dink hy is n held? trump ly seker aan Tourette’s?

Vince ·

Die liberale-weenkoor sal nou weer in volle bors sing oor Trompie se onmenslikheid.

MCS ·

Maak nie saak oor hoe Trump dink en doen nie. Dit is eindtyd leerlinge van die Bybel. Hierdie dinge is profeties voorspel. As ons nie kan Sien dat God se koms nou nader as ooit is nie dan weet ek nie.

Johan ·

Ek is regtig nuuskierig (en daarom hoop ek dat Maroela nie soos gewoonlik met my kommentaar die sensuur-pen sal inlê nie).

As hierdie nou die “tekens van die tye”, of “vuur en swael” is of die wederkoms aankondig of wat ook al… wat het die mense in 1918 (WW1) of 1938 (WW2) gedink? Of met Fukushima, Orkaan Katrina, Haiti, die Tsunami in Thailand en dies meer? Ek sien hier op die kommentaarblad ook dat die kamstige toename in tornadoes in SA, en die veldbrande in Australie ook “tekens van die tye” is. Wat van met vorige veldbrande, oorstromings, dwarrelwinde, vloede ens?

Hoe lank gaan die “tekens van die tye” net “tekens” bly voor die “tye” dan nou kom?

PS. Dankie Maroela AS julle hierdie nie uitvee nie, dit is immers darem al 2020 en die “tye” kom nader, so die lesers kan sekerlik hulself beskerm teen `n ongewilde mening?

Frank ·

Johan, hierdie is maar net EEN van die tekens waarvan die Here ons leer. Openbaring is baie duidelik hieroor. Oorloë en gerugte daarvan, reuse komete wat die aarde gaan tref en verwoesting saai, aardbewings so groot dat daar nie meer berge gaan wees nie ens ens. Daar is nie noodwendig aan tyd aan gekoppel nie. Daarmee bedoel ek, daar gaan nie net een gebeurtenis wees en dan is dit afge-“tick” nie. En ja, die Here gaan die aarde uiteindelik met vuur en swael vernietig voordat Hy ‘n nuwe aarde skep. Laat al hierdie gebeurtenisse eerder vir ons almal ‘n oproep wees tot hernuwe bekering.

Jean ·

Hou op dreig en doen Iran…
Trump doen dalk baie dinge verkeerd maar hy bly by sy woord, hy dreig nie net nie.

Arrie ·

Johan, vergeet wat mense sê. Begin om self erenstig die Woord van die Here te onder soek aangaande die eindtyd. Dit sal jou ook sommer help om nog meer lief vir die Here te word.

Wielspore ·

Trump is slegs een man in die prentjie, daar is heelwat meer persone wat aanleiding gegee het tot die situasie wat nie in die berig genoem word. Aan die Noord Ooste van Mosambiek is daar ook ‘n magsoorlog oor gasvelde tussen Amerika en Oosterse vegters.

shark ·

Word wakker mense, Trump kan nimmer in sy lewe so n besluit “alleen” maak nie.

Werner ·

Iran kan net dreig hulle moes lankal iets gedoen het behalwe om n rooi flaggie te hys seker gedink Trump gaan hom nou dood skrik wat wil die liberales hé moet in die wereld gebeur moet almal nou net stil sit sodat hulle uitgeroei kan word daai ou van Iran het baie onskuldige bloed op sy hande

Kerneels ·

Obama is ook een van die liberales. Maar hy het meer mense vermoor as Bush en Trump saam.

skurweberg ·

Sy koms sal nie met tekens vooraf gaan nie. Dit sal gebeur sonder dat iemand dit verwag. Die uitdrukkings wat gebruik word is “onverwags” “soos ‘n dief in die nag”. God het nie mense nodig om die aarde te vernietig nie. Hy is almagtig. Die waarskuwing is om altyd gereed te wees en wees versigtig waarmee jy op daardie oomblik besig is.

Ja swaer ·

Trump is nie die eerste dom Amerikaanse president nie. Voor hom was daar talle, nou weliswaar nie almal veglustig nie. Kyk maar hoe het George Bush jnr die dood van meer as 3 000 van sy eie mense veroorsaak deur sy onnodige inmenging saam met Tony Blair. Die Irannese/ IS moet die wereld ‘n groot guns doen en vir Trump laat uithaal. Hoop tog net nie die lamsakkige Obama of Hilary probeer dan weer president word nie. Trump is egter ‘n groot ongeluk in hierdie wereld wat wag om te gebeur. As hy nie skoor soek met Rusland of N Korea of China nie, druk hy sy neus by die Midde-Ooste in of soek hy skoor met sy eie mense. Hy gaan die hele appelkar omgooi as hy vir nog ‘n termyn verkies word, merk my woorde. Daar is iets fout onder daardie snaakse haarkapsel van hom.

pan ·

Ek dink die mense wat aan die suidpunt van Afrika leef is so gewoond aan dom leiers dat hulle nie meer kan onderskei tussen n briljante strateeg en dom presedent nie.

K P ·

Trump is nie so lam eend soos SA se president. Hy doen wat hy sê en hy het gesê het sal Iran van die aardbol vee. Dit sal een van die beste dae wees wat die wêreld kan beleef

Rubber ·

Die terroris verdien dit. Sy moord veldtog teen Amerikaners het hom teiken gemaak.

James ·

Nou verstaan ek hoekom ACE so vinnig vir Iran ondersteun het, dat hulle ons nie ook brand nie?

André Lategan ·

Trump is nie so dom soos wat jy dink nie ou ja swaer hy doen teminste iets en sit nie agteroor nie. Wat doen SA net mooi niks want hulle is almal kommminuste en terroriste. Kyk met watter lande sit hulle om
die tafel al die hamer en sekel lande. Wens daar was meer mense soos Trump.

Sarel P ·

Trump het tenminste n oortuiging en n visie, reg of verkeerd die wis ons nie. Ek persoonlik sal hom ondersteun. Hoop net nie dat Amerika Israel in die hitte van die stryd aan hulself gaan oorlaat soos soveel kere tevore gebeur het in vorige oorloe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.