Minstens 10 dood in Kanada-mesaanvalle

Damien Sanderson en Myles Sanderson (Foto: RCMP)

Minstens 10 mense is dood en 15 beseer na mesaanvalle in ’n inheemse gemeenskap en ’n nabygeleë dorp in Kanada se Saskatchewan-provinsie.

Die aanvalle het in die afgeleë inheemse gemeenskap van die James Smith Cree Nation en die nabygeleë dorpie Weldon plaasgevind, het Rhonda Blackmore, assistentkommissaris van die Royal Canadian Mounted Police (RCMP), gesê.

“Ons is op soek na twee verdagtes,” het Blackmore gesê. Die beweerde aanvallers is geïdentifiseer as Myles Sanderson (30) en Damien Sanderson (31).

Die James Smith Cree Nation, met ’n bevolking van 2 500 mense, het ’n plaaslike noodtoestand afgekondig.

Justin Trudeau, Kanadese premier, het die aanvalle as “afskuwelik en hartverskeurend” beskryf en sy meegevoel betuig.

Blackmore het gesê die owerhede glo “sommige van die slagoffers is deur die verdagtes geteiken en ander is lukraak aangeval”.

“Dit sal in die stadium uiters moeilik wees om oor die motief uit te brei,” het sy bygevoeg.

Die RCMP het die maksimum hulpbronne ingespan in die soektog na die verdagtes, met kontrolepunte wat op hoofweë en paaie reg oor die streek opgerig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kerrie ·

Niemand mag vuurwapens besit vir self-beskerming nie …. hello Brittanje.

Pietertjie ·

Ek hou van daai “inheemse gemeenskap” – beskrywing. Beteken dit dat almal wie se voorouers van 300 jaar gelede nie in daai gebied gewoon het nie as “uitheems” beskou word? Hoeveel geslagte moet op ‘n spesifieke plek genereer voordat hulle as inheems beskou kan word?

Piet ·

Presies, daar is geen amptelike betekenis van die woord “inheems” nie, dis maar baie vaag.
Selfs die Khoi en San mense het na Suidelike-Afrika geïmmigreer.

T-Man ·

Ons moet net onthou dat die gun reform mensies ons konstant inlig dat “guns kill”… ek los dit daar

marius ·

In reservate gedruk , maar hulle bekke is vol oor die Afrikaner Volk . Patete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.