Musk woedend ná Aus-bevel oor X-inhoud

Polisielint buite die kerk in Sydney waar die aanval plaasgevind het. (Foto: David Gray/AFP)

Elon Musk het Dinsdag onderneem om ʼn Australiese hofbevel teen te staan wat die  sosialemediaplatform X (voorheen Twitter) opdrag gegee het om beeldmateriaal van verlede week se messtekery by ʼn kerk in Sydney te verwyder.

Australië se federale hof het X Maandag 24 uur gegee om inhoud wat met dié voorval verband hou van sy platform af te haal.

Maroela Media het vroeër berig dat biskop Mar Mari Emannuel, priester van die Assiriese kerk in die weste van die stad, tydens ʼn aanlyn kerkdiens in die bors en kop gesteek is, glo deur ʼn 16-jarige aanvaller. Dit het ʼn groot oproer onder volgelinge van dié kerk veroorsaak – wat volgens Australiese owerhede deur videomateriaal aangevuur is wat op sosialemediaplatforms versprei is.

Die Australiese waghond e-Safety, wat die aanvanklike opdrag aan X uitgereik het, het die hof genader omdat X glo “vroeër kennisgewings geïgnoreer het”.

Biskop Mar Mari Emmanuel is in ’n mesaanval by die Christ the Good Shepherd-kerk in Sydney beseer. (Foto: Skermskoot van die regstreekse uitsending.)

Musk het egter teen die waghond uitgevaar en gesê dat die betrokke inhoud wel vir Australiese gebruikers verwyder is. Dit behels sekere plasings waarin kommentaar oor die aanvaller gelewer is.

Volgens X het hy ook ʼn eis van Australië se aanlynveiligheidskommissaris, Julie Inman Grant, gekry om “die plasings internasionaal te weerhou”. X is glo gewaarsku dat hy ʼn daaglikse boete van AUD785 000 (sowat R9 miljoen) opgelê kan word indien hy versuim om gehoor te gee.

“Ons het die betrokke inhoud reeds, hangende regstappe, vir Australië gesensor. Dit is net op webbedieners in die VSA gestoor.”

Die video’s was inderdaad teen die gegewe spertyd nie meer beskikbaar vir gebruikers in Australië nie, behalwe vir dié wat ʼn VPN (virtuele private netwerk) of ander soortgelyke diens gebruik om hul werklike ligging te verskans en die verbod op so ʼn manier te omseil.

Musk beweer Australië poog om ʼn internasionale verbod af te dwing.

“Ons bekommernis is dat indien ENIGE land toegelaat word om inhoud vir ALLE lande te sensor, soos die aanlynveiligheidskommissaris eis, wat keer enige ander land dan om die hele internet te beheer,” het Musk op X gesê.

Die saak sal vandeesweek weer voor die hof dien, waar ʼn regter sal besluit of die tussentydse verbod op die inhoud verleng moet word.

Dít sal gevolg word deur ʼn derde verhoor waar eSafety se prokureurs ʼn permanente verbod sal versoek, asook siviele boetes teen X.

Anthony Albanese, Australië se premier, het Musk intussen uitgekryt as ʼn “arrogante miljardêr” wat dink “hy is bo die reg verhewe”.

“Die gedagte dat iemand hof toe sal gaan om vir die reg te veg om gewelddadige inhoud op ʼn sosialemediaplatform te laai, wys hoe uit voeling Musk is,” het Albanese aan die uitsaaier ABC gesê.

Jacqui Lambie, Tasmanië se senator, doen ʼn beroep dat Musk in die tronk gesmyt word.

Volgens Lambie het Musk “geen gewete nie” en is sy optrede “walglik”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

In Australia gebeur die soort mes steekery nou en dan. Hier in SA een keer ‘n week!

Chopper ·

“Die gedagte dat enige regering hof toe sal gaan om vir die reg te veg om egte inhoud op ʼn sosiale media platform te probeer verwyder en van die bevolking te weerhou, wys hoe uit voeling en arrogant die Australiese regering is,” het ek gesê.

George ·

@JohanR wys my waar iemand in n mall in storm en net links en regs begin steek, of ook waar n predikant gesteek word.

Renier ·

Beboet eerder die mense wat die plasing maak,nie die platform nie.Hoe simpel kan die ausies en kiwis wees? dis net so goed ek vind n vuurwapen skuldig,en nie die persoon wat die sneller trek.

Pieter ·

Nee wat, van wanneer baklei die wereld so teen die waarheid? ons kan die grootste klomp poo kyk maar die waarheid moet net nie uit kom nie… Australia moet mooi dink watter voorbeeld hulle wil wees. Wil jy die dinge stop, of stil hou? Wat van julle vat al hierdie energie en geld, en doen iets om dit te stop? Dan sal dit mos nie saak maak wat gesensor word! Het iemand al die oom gevra wat gesteek is wat hy wil he?

louis ·

Wie dindk Australie is hulle? Arogante klomp way dink hulle is verhewe bo ander

Nettie ·

Die platform merk geweldadige inhoud as sensitief. Miskien moet die Aussies eerder hulle tyd spandeer op wat gebeur het die afgelope 3 jaar as op so iets. Just saying…

Andries ·

Elon moet al sy produkte : X, en wat ook al blokeer om sy sateliete te gebruik.

Wendy ·

Hoekom moet dt weggesteek en gesensor word laat di wereld weet wat aangaan, om dt te sensor is niks anders as magsbeheer nie.

Spookasem ·

@Pieter In a broadcast the ‘predikant’ has said that Musk has his full support to show the video as people must know what is really going on. Australia is now trying to hide Radicalised Muslim attacks, and also prevented a Jewish gentleman (Rebel News caught this on video) from crossing the road (going back to his office after a lunch break during which he attended a synagogue and still wearing his little prayer cap) as he said he is too obviously a Jew and will upset the Palestinian protestors on the other side of the road! Remember how violent the Aussie cops were during the covid lockdown? Now their own citizens must not know that Jihadis are protected by their ‘woke’ government!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.