Namibiër sterf aan Kongokoors

Windhoek (Foto: Carina Stander) 

ʼn Pasiënt wat verlede week deur ʼn kliniek in Gobabis na ʼn hospitaal in Windhoek verwys is, is intussen in ʼn isolasie-eenheid in dié hospitaal aan die hemorragiese koorssiekte Krim-Kongo-koors dood.

Laboratoriumtoetse het Sondag bevestig dat die man Kongokoors onder lede gehad het. Die man het voor sy dood met 27 mense, onder wie 24 gesondheidswerkers, in aanraking gekom.

“Een geval word as ʼn uitbreking beskou,” het Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van die Namibiese ministerie van gesondheid, intussen aan AFP gesê.

“Die siekte word deur bosluise oorgedra, so dit kan as gelokaliseerd beskou word.”

Plaaslike media berig die man het simptome getoon toe hy verlede week na die kliniek in Gobabis geneem is. Die kliniek het hom na die Lady Pohamba- private hospitaal verwys voordat die man in ʼn isolasie-eenheid in Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem is.

Kongokoors het ʼn hoë sterftesyfer van tot 40 persent, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). Simptome sluit in koors, spierpyn, lighoofdigheid, sensitiwiteit vir lig en naarheid.

Namibië het sedert 2016 ses gevalle en drie sterftes weens Kongokoors aangemeld. Die land se vorige uitbreking was in 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Harley Davidson ·

Namibia is ‘n baie beter land as sa veral as dit kom by medies en polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.