Navo het ‘geen plan’ om magte na Oekraïne te stuur

Navo se hoof, Jens Stoltenberg, tydens die konferensie wat Donderdag oor die geweld in Oekraïne gehou is. (Foto: AFP / John Thys)

Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal van die Noord-Atlantiese Verdragorganisasie (Navo), sê die organisasie het “geen plan” om magte na Oekraïne te stuur nie.

Navo het vroeër ’n beroep op Rusland gedoen om sy troepe te onttrek en aangedui dat hy reeds sy grond-, see‑ en lugmagte aan die oostelike kant van die alliansiegebied versterk het.

Die organisasie het bevestig dat hy in die komende dae nog soldate na dié gebied sal stuur.

Stoltenberg het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê dat daar egter geen Navo-troepe in Oekraïne is nie.

Rusland het dié land Donderdag met geweld ingeval.

Stoltenberg het tydens die konferensie gesê dat Navo se verdedigingsplanne Donderdag geaktiveer is, maar dat die organisasie ’n konflik en aanval teen enige Navo-geallieerde land wil voorkom.

“Ons het dit duidelik gemaak dat ons nie enige planne het om Navo-troepe na Oekraïne te ontplooi nie. Ons het wel beklemtoon dat die teenwoordigheid van Navo-troepe in die oostelike deel van die alliansiegebied verhoog is. “Oekraïne is ’n hoogs gewaardeerde vennoot. Ons ondersteun Oekraïne al vir baie, baie jare. Ons het hulle gehelp om ’n meer moderne, bekwame gewapende mag te bou. Militêr het ons hulle met opleiding gehelp en om hul gewapende magte te versterk. Ons het hulle ook op verskillende maniere met kuberverdediging gehelp. Ons het egter nie Navo-troepe in Oekraïne nie,” het Stoltenberg benadruk. Navo sê hy is daar om alle Navo-bondgenote te verdedig en demonstreer sy toewyding deur sy verhoogde teenwoordigheid. Stoltenberg het voorts gesê dat Rusland se inval geen verrassing was nie.

’n Beskadigde gebou in Koshytsastraat in Oekraïne se hoofstad, Kiev. (Foto: AFP)

“Ons het maande lank hierteen gewaarsku en ongelukkig was dit iets wat geallieerde veiligheid- en intelligensiedienste lankal voorspel het. Ons het probeer om dit te voorkom deur Rusland te versoek om by diplomatieke pogings betrokke te raak en te waarsku dat die prys van ekonomiese sankies groot sal wees indien hulle Oekraïne binneval.”

‘Niemand wat saam met ons veg’

 Die ontploffings in Kiëf, Oekraïne se hoofstad, het Vrydag voortgeduur. AFP berig dat minstens 100 000 mense ontwortel is terwyl tientalle mense dood is.

“Die laaste keer dat ons hoofstad so iets ervaar het, was in 1941 toe dit deur Nazi-Duitsland aangeval is. Oekraïne het daardie euwel verslaan en sal hierdie een verslaan,” het pres. Wolodimir Zelenski Donderdag gesê toe hy dienspligtiges en reserviste landwyd opgeroep het om te veg.

Zelenski sê daar is nou ’n “nuwe ystergordyn” tussen Rusland en die res van die wêreld, soos tydens die Koue Oorlog. Hy het ook gesê dat sy “nasie alleen gelaat is”.

“Wie is gereed om saam met ons te veg? Ek sien niemand nie.”

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het reeds aangedui dat die land geen magte na Oekraïne gaan ontplooi nie. Die VSA en sy bondgenote het wel sanksies teen Rusland ingestel.

Brittanje het vroeër vandeesweek dieselfde gedoen, ʼn stap wat volgens premier Boris Johnson Rusland se ekonomie “vir die komende jare” sal knou.

Bronne: Navo, AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

casper ·

Te bang en slapgattig — Kyk maar eerder hoe mense vermoor word en se hoe sad dit is !!

piet ·

Bang vir wat? Hoekom moet hulle inmeng? Oekraine is nie ‘n NAVO-lidland nie. As ek reg onthou het Oekraine net verlede week gese hulle soek nie ander lande om daar in te meng nie en noudat die paw paw die fan gestrike het soek hulle gou hulp.

VaalDonkie ·

Piet, ek hoop jy weet ek stem saam met jou. Jy beter gaan sit en dink daaroor.

Cherokee ·

Dit is toevallig so dat die president van die Oekraïne gesê het hulle sal hul oorlog self veg.
En wat casper betref, praat, praat, praat. Dink vir ‘n slag. Die Navo lande is uiters bewus dat hierdie kan ontaard in ‘n wêreldoorlog. Hulle dink verder as kritici wat dit wil vergelyk met ‘n geskil tussen bure.

Witbaard ·

Navo beteken net soveel soos die WGO. Dis n klomp mense wat deur die wereld gefinansier word om geraas te maak. Maar as die bom bars, tree hulle nie op om hulle lede te beskerm nie.

Reinhardt ·

En tree hulle op is die Rusland teen die VSA met genoeg kern wapens om die hele aarde te vernietig… wat is jou voorstel?

Kobie ·

Oekraïne is nie ń NAVO lid nie. Weet jy dit?
As NAVO betrokke raak, verander die konflik onmiddelik na ń wêreldoorlog. Is dit wat jy wil hê?

Faraway ·

In n tyd waar almal vrede vrede skree . . . het mense se liefde verkoel

Sylvia ·

Korrek … almal skree vrede vrede, maar niemand doen doen vrede nie, dis net praat en praat, mense se liefde het nie “verkoel’ nie, mense se liefde is verkool

Dries ·

Sankies sal werk in die lang termyn maar die oplossing nou is om Ukraine te help om die oorlog te voer en die Russe te verslaan

piet ·

Rusland is ‘n magtige land, dit sal ‘n wereldoorlog ontketen, pasop waarvoor jy wens.

...M... ·

Rusland is niemand se speel maaitjie nie – gaan kyk bietjie hoeveel wapens, tenks ens het hulle en watter lande staan saam hulle.
Hulle gaan nie maklik verslaan word nie en hulle weet dit.

VaalDonkie ·

Die probleem is dat Rusland (en dalk China) oor weermagte van hul eie beskik. Dit gaan ‘n bietjie moeiliker wees as om teen ou arabiere in die woestyn te baklei. En kyk hoe DAAI uitgedraai het.

twaalfboor ·

Sanksies het nie eers gewerk teen Suid Afrika in die ou dae nie. Inteendeel, dit het ons land en ekonomie net versterk aangesien ons dinge op ons eie moes doen. Dit wat ons uit die buiteland gekry het, het vide Duitsland na ons gekom. Sanksies is maar net “boetie maak vir baba bang”.

Anoniem ·

Waar is die “supermoontheid” grootbek VSA en NAVO wat die indirekte oorsaak hiervan is dan nou? Die slenter van die VSA om Oekraine nader aan die Weste te bring het Putin duidelik vertoorn en met reg so, Niemand sal vol lag wees indien ‘n eertydse bondgenoot en buurstaat ewe skielik sy rug op jou draai en volksvreemde magte op jou voorstoep parkeer nie. Oos Europese politiek verskil hemelsbreed van Wes Europese politiek.

Luister ·

Hoe verskil dit? Glo Oos Europa nie in vrede nie? Wat is die rede dat Rusland self nie nader aan die Weste wil beweeg nie? Dan is almal mos maar op dieselfde bootjie.

Sylvia ·

Dis reg, draai die krane op al die ander maniere moontlik toe,

miavos ·

Oekraïne is nie ‘n NAVO-land nie, so hoekom moet NAVO Oekraïne beskerm. Begin hulle soos die VSA raak wat hul lang neuse orals indruk?

Willem ·

Die rede waarom NAVO Oekraine moet beskerm: As Rusland Oekraine kan aanval kan hulle ook Estland, Letland, Lithaue en Pole wat wel Navo lede is aanval. Kyk mooi na die wereldkaart van Oos-Europa. Oekraine le suid van Pole. Rusland le oos van Pole. Estland, Letland en Lithaue le wes van rusland. Hulle is almal buurstate. As daardie lande val dan val Roemenie, Hongarye, Bulgarye, Tjeggiese Republiek en al die ander voormalige oosblok lande en is ons terug by die die pre-1991 situasie van die Koue Oorlog. Turkmenistan, Usbekistan, Tajikistan, Georgie, en hulle bure sal ook val. Niemand wil terugkeer na daardie situasie toe nie.

piet ·

Hulle kan maar as en wanneer hulle NAVO-lidlande aanval, sal NAVO optree. Nie voor dit nie. As Rusland sover gaan, dan is die 3de wereldoorlog aan die gang.

Julius ·

Rusland wil juis nie deel wees van die NWO nie, so sanksies teen hulle is soos konfyt op brood. Oekrianë het die geleentheid gehad om wapens neer te lê. As jy nie wil leister nie moet jy voel.

andre ·

Hunter en Joe se finansiele verlies in die Oekraiene se Energiesektor gaan groter wees.

twaalfboor ·

Piet, Rusland is GLAD nie afhanklik van ander lande nie. Was nog nooit in hul geskiedenis ook nie. So hoe gaan sanksies hulle raak? Eie olievelde en gasvelde. Wat meer het jy nodig? Kommunisme het nog nooit daar gesterf nie, net soos demokrasie nog nooit by ons bestaan het nie.

piet ·

Twaalfboor – En wat maak hulle met al hulle olie en gas? Hulle moet dit uitvoer om geld te maak of hoe? Help nie jy het ‘n moewiese klomp van die goed maar jy het nie ‘n mark nie of geleentheid om daarmee handel te dryf nie, beteken zip. ‘n Goeie begin is om die sanksies wat ‘n hele paar lande reeds teen hulle ingestel het te ondersoek en te sien waaroor dit gaan. Lees meer.

Janee ·

Dit het almal geweet….Navo sien net om na sy lede wat kan bekostig om lede te wees …Almal is te besig om hul eie basse te beskerm. En hoe lank gaan sanksies neem om werklik in werking te tree? Wêreld is te bang vir Rusland en die oud KGB-man….. Niemand hoor ‘n piep van China?

Elize ·

Dit laat my dink aan Rwanda. Toe die moelikheid kom spring die Franse en die Verenigde Nasies op die vliegtuie en los almal net so.
So sal ons ook op ons eie wees

Jacobus ·

Moet ‘n sensus hou om te bepaal wie se rug is die slapste. Nie ‘n grap nie maar Putin lag sy g.. af vir die lys jellievisse. Biden moet waai – hy is ‘n skandalige pateet.

piet ·

Maar jy’s darem lief vir oorlog. Het jy enige kennis van wat dit is om oorlog te maak? Dis nie ‘n Playstation speletjie nie.

VaalDonkie ·

Mense wat praat van oorlog-oorlog moet maar die geweer optel en loop aantree daar in Oekraine. Ek het jare lank elke nag in my bed le en luister hoe my pa oor en oor die Grens herleef. En ek het self jare gevat om ons plaasaanval te verwerk. Ek kan tot vandag toe nog nie met ‘n oop kamerdeur slaap nie.

Sean ·

Amerika en hulle vriende se soveel meer as wat hulle in realityd doen.

marius ·

Die beer get gegrom en die sogenaamde super moondhede het stert tussen die bene getrek . Die Sjinese is volgende . Hou maar dop .

piet ·

Ons sal sien wat gebeur as Rusland braaf genoeg is om die dag ‘n NAVO-lidland aan te val. Dan sal ons sien wie grom vir wie.

Maggies ·

Net jammer dat ons ALMAL in SA deur ons parlementêre verbintenis blykbaar pro-Rusland is.
Ek kan die intellek van hierdie land se regering nie verstaan of verdra nie.
Waar het iemand die normale publiek gevra om vir Rusland óf China ons bondgenote te maak?

Willem ·

Die dag toe die ANC ingestem is as regering maw 27 April 1994.

Sheree ·

Ja Navo, Amerika en UK het almal lekker geblaf… maar nou dat Ukraine hulp nodig het is daar geen byt nie. Tipies!

Marthinus W ·

Dit is Amerika en Navo wat nie vreedaaam met hul naaste wil bestaan nie. Zbigniew Zbrzezinski se boek, The Grand Chessboard, is die plan van Amerika om Rusland te omsingel (“containment”) sodat hulle Amerika nie sal uitdaag nie.

LeonS ·

Sanksies teen Rusland sal nie werk nie,die land is te sterk en VSA en bondgenote te veel vyande

Laeik ·

Rusland se ekonomie is so effe groter as Italië, ekonomies nie sterk nie.

Kalmkop ·

VSA en NAVO moes vd begin af nie hulle wil op Rusland probeer afdruk het nie en eerder geluister het toe Putin gepraat het. Hy het hulle gewaarsku, maar VSA en NAVO was arrogant. Buitendien VSA het al baie meer lande ingeval en collateral damage agter gelos…

piet ·

‘n Paar brawe manne hier wat graag wereldoorlog wil sien . Dink seker regte oorlog is soos ‘n StarWars fliek.

anniekiewiet ·

Ek sou graag jou ondersteuning van ‘n wrede moorddadige Oorlog probeer verstaan.

Richardt ·

Blykbaar word die feite van die saak geminag en slegs die media opgesweepte emosies ge-eer..?

Die regering van Oekraine voer reeds vir meer as agt jaar ‘n wrede uitwissings oorlog teen die etniese Russe wat die meerderheid in die Oostelike streke van Oekraine uitmaak.
Daaroor is en was die media en sogenaamde demokratiese regerings van die Weste en van NAVO lande doodstil.

Die bogenoemde stryd en slagoffers, as die slagoffers die narratief van die Weste sou versterk, sou dag in en uit, vir 8 jaar reeds die nuus oorheers het…

Dis ‘n wonderwerk dat Poetin so lank gewag het voordat hy die Russe van die Oostelike Oekraine se noodkrete beantwoord het en inbeweeg het om hulle te bevry!

Waar is almal wat so graag demokrasie voorhou as die alfa en omega, as die meerderheid mense van ‘n etniese groep in ‘n streek, onafhanklikheid opeis in die streek waar hul leef?
Is hierdie demokratiese reg slegs vir sekere groepe bedoel?
Vir die groepe wat die regte narratief ondersteun?

Richardt ·

Ander onderdruktes wat geen ondersteuning kry van die demokratiese priesters nie:
Kurde van Iran/Irak/Sirië/Armenië/Turkye?
Baske van Spanje/Frankryk?
Katalonië van Spanje?
Taiwanese van China (PRC)?
Boerevolk van Suid Afrika?
Almal en nog meer onderdrukte minderhede wat internasionale vryheidsregte ontsê word…
Dit terwyl die groot voorsangers van demokrasie, VSA en NAVO, die een na die ander land verwoes en onmenslike wreedhede in sulke lande pleeg en toelaat onder die voorwendsel dat hul demokrasie bring vir die arme bevolkings wie se lande hulle gaan vernietig.
Voorbeelde:
Irak, Sirië, Afghanistan, Libië,..
Verleng maar die lysie soos dit julle pas!

ES ·

Kom ek se julle wat – almal is bang vir Rusland. Hulle is groot, het ‘n groot, effektiewe weermag en niemand gaan ‘n vinger roer nie. Ukraine is op hul eie, en die wereld gaan toekyk.

piet ·

As hulle ‘n NAVO-lidland aanval sal jy sien wie’s bang vir wie.

Sê maar net ·

Absoluut skokkend. Ek bid vir Ukranië en sy mense. Soveel onskuldige bloedverlies :(

piet ·

Ek het vroeer met ‘n Rus op ‘n ander forum oor die aangeleentheid gesprek gevoer. Hy woon in Rusland maar het familie in die Oekraine. Dis wat hy se: “The Rostov region of Russia and the Donetsk region of Ukraine were once one unified region. In Kiev, no one has done anything to make the population of Donetsk region feel like Ukrainians, not Russians. I can’t tell the difference between a Russian and a Ukrainian. Therefore, I cannot condemn Moscow, which is arguing with Kiev. It was obvious that everything would end this way. Especially after the President of Ukraine promised to make nuclear weapons (the so-called dirty bomb).” Nou verstaan ek ook beter wat daar aangaan.

annie ·

Mens hart breek vir Jens… G’n troepe of wapens in die Oekraïene nie… Niks… En die arme akteur… Hy verdien die Oscar vir sy spel as die president. Nee, regtigwaar. Of ten minste ‘n boks tjoklits hoewel hy maar moet oppas. Sy voorganger kan dit dalk net dokter. En dit gaan nie met kasterolie wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.