Nuwe ondergrondse grafkamer in Egipte ontdek

Argieffoto ter illustrasie (Foto: ANA)

’n Nuwe ondergrondse grafkamer is aan die onderkant van ’n gemeenskaplike grafskag ontdek tydens opgrawings deur ’n Egipties-Duitse sending in Saqqara.

Die nuwe kamer is verbind met die mummifiseringswerkswinkel wat in 2018 ontdek is en wat ’n groot grafkompleks het, waaronder vyf grafkamers.

Mostafa Waziri, sekretaris-generaal van die hoofraad van oudhede in Egipte, het Sondag gesê vier houtkiste wat in ʼn swak toestand is, is in die nuwe ondergrondse kamer ontdek. Volgens ’n ondersoekspan behoort een van dié kiste aan ’n vrou met die naam Didibastett.

Dit word vermoed dat Didibastett begrawe is met ses potte , wat strydig is met antieke Egiptiese gebruik waar die gebalsemde longe, maag, ingewande en lewer van die oorledene in vier potte gebêre is onder beskerming van vier gode, bekend as die Vier Seuns van Horus.

Luidens ’n verklaring is die inhoud van die twee bykomende potte van Didibastett met behulp van ’n gerekenariseerde tomografie-skandering (CT) ondersoek. Voorlopige ontleding van die beelde het aangedui dat albei potte menslike weefsel bevat.

Op  grond van die resultaat word vermoed dat Didibastett ’n spesiale vorm van mummifisering ontvang het waartydens ses van haar organe bewaar is.

Khaled El-Enany, die minister van toerisme en oudhede van Egipte, het in Julie 2018 die ontdekking van ’n mummifiseringswerkswinkelkompleks uit die 26ste Dinastie (ongeveer 664-525 vC) in Saqqara bekend gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Martie Smartie ·

Sy was seker maar n fris antie … ek weet van sekere bevelsraad compatriots wat so 12 tot 15 potte vol gaan wees … he he

Grassie ·

Ek kan nie verstaan waarom die dooies nie met rus gelaat word nie. Ek wonder wat van Didi in die ander twee potte was, miskien iets waarmee die agtergeblewe geliefdes baie ingenome was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.