Oliepryse styg kort ná missiele begin reën

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: FAYEZ NURELDINE / AFP)

Internasionale oliepryse het gestyg sedert die Palestynse militante groep Hamas Saterdag oënskynlik heeltemal onverwags ʼn aanval vanuit Gasa uitgevoer het.

Daar bestaan nou kommer oor voorrade van ruolie uit die Midde-Ooste. Die verrassingsaanval het ook vrese oor die uitwerking op inflasie hernu aangesien energiekoste ʼn sleuteldrywer van stygende pryse is.

“Deurslaggewend vir markte is of die konflik in bedwang gaan bly of juis gaan versprei om ander streke te betrek, veral Saoedi-Arabië,” verduidelik Brian Martin en Daniel Hynes van die finansiëledienstemaatskappy ANZ Group.

Martin en Hynes sê dit lyk in dié stadium of markte aanvaar dat die situasie beperk sal bly in omvang, duur en olieprysgevolge.

“Maar groter wisselvalligheid kan verwag word,” waarsku hulle.

Stephen Innes van SPI-batebestuur sê weer geskiedkundige ontleding dui daarop dat oliepryse geneig is om volgehoue stygings te ondervind ná krisisse in die Midde-Ooste.

Innes sê egter ook aandele is geneig om ná ʼn tydperk van wisselvalligheid te herstel en hoër te mik.

Sogenaamde “veilige hawe”-bates soos goud, wat aanvanklik winste tydens krisisse lewer, is weer geneig om van hul aanvanklike prysstygings te verloor namate die situasie stabiliseer. Die prys van goud het reeds met ongeveer 1% sedert die aanval gestyg.

“Maar met Midde-Ooste-ontleders wat die aanval as ʼn deurslaggewende oomblik vir Israel beskou, is dit moeilik om voorspellings rakende enige huidige scenario te waag,” sê Innes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Papsak ·

Hoekom loop SA deur ons maak nie oorlog nie en het niks met daai lande te doen wat oorlog voer nie nou skiet alles in SA due hoogte in hoekom se my !!!!!!

Duck ·

Ja wat, ons ou planeet “aarde” is in sy tjops. Stoot maar die pryse van brandstof op, soos gewoontlik, ek het maar my ou afteede vakansie waarvoor ek so baie na uitgesien het na Namibia gestop, op ys gesit, vir eers (permanent) want so baie gaan ek nie vir diesel betaal om heen en weer uit die Kaap te ry vir ‘n rustigheidjie nie. Johnny bly by die huis karretjie. Sal maar net foto’s kyk op die internet

Helena ·

Shame Duck… My hart breek vir jou…. Kyk maar of daar nie 2 of meer passasiers kan saamry en inklub vd petrol! Sterkte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.