Ondersoek gelas ná vliegtuig paneel tydens vlug verloor

Skermgreep.

Die Amerikaanse lugveiligheidsreguleerder het verkeie Boeing 737 Max 9-stralers verbied om op te styg hangende deeglike inspeksies. Dit kom ʼn dag nadat ʼn paneel van een van dié soort vliegtuie van Alaska Airlines losgeskeur het terwyl die vliegtuig in die lug was.

Die nasionale vervoerveiligheidsraad (NTSB) sê ʼn verseëlde deurpaneel het in die middel van ʼn vlug na Ontario, Kalifornië, oopgemaak en afgekom.

Alaska Airlines se vlug 1282 het van Portland internasionale lughawe vertrek toe die kajuitpersoneel van dié redery kort daarna ʼn probleem met die drukking in die kajuit aangemeld het.

Die vliegtuig het vinnig na Portland teruggekeer en geen van die 171 passasiers of personeel is in die voorval beseer nie.

ʼn Video wat deur ʼn passasier aan boord van die vliegtuig geneem is, wys ʼn groot gaping aan die kant van die vliegtuig en suurstofmaskers wat in die kajuit hang.

@vee_wins

bffr @Alaska Airlines #alaskaair #planemalfunction

♬ Funny – Gold-Tiger

@fly.way.feed

Breaking News,an Alaskan Airline plane heading to Ontario was forced to make an emergency landing after a window blew off #alaskan #alaskanairline #emergencylanding #ontario #breakingnews #pilot #aviationnews #captain #aviation

♬ original sound – Fly way feed

Ben Minicucci, uitvoerende hoof van Alaska Airlines, het gesê as gevolg van die voorval het hy besluit om die nodige voorsorg te tref en die lugdiens se vloot van 65 Boeing 737-9’s tydelik verbied om op te styg.

“Elke vliegtuig sal eers in diens geneem word ná die voltooiing van volledige instandhouding en veiligheidsinspeksies,” het hy gesê.

Die nasionale vervoerveiligheidsraad het gesê niemand het op die twee plekke naaste aan die paneel gesit nie, maar passasiers beweer dat ʼn jong seun wat in die ry gesit het, se hemp skielik afgeskeur het, wat hom effens beseer het.

Die federale lugvaartadministrasie het intussen gesê dat hy sommige Boeing 737-9’s gaan verbied om op te styg om dié vliegtuie ook na te gaan. Meer as 170 van dié stralers word wêreldwyd geraak. Elk van die inspeksies kan tot agt uur duur.

Alaska Airlines en United Airlines het die grootste hoeveelheid Boeing 737-9’s, gevolg deur Turkish Airlines, wat ʼn veel kleiner vloot het. Al drie dié lugrederye het reeds hierdie vliegtuie verbied om op te styg vir inspeksie.

‘Dit was naelskraap’

Die lugvaarspesialis John Ostrower sê die betrokke paneel wat losgekom het, is ʼn deur wat Boeing vir sommige lugrederye “deaktiveer” of verseël voordat die vliegtuie afgelewer word.

Die betrokke vliegtuig is in Oktober verlede jaar as lugwaardig gesertifiseer en is nuut by Alaska Airlines afgelewer.

Boeing het intussen gesê dat veiligheid sy “topprioriteit” is en dat hy “die impak wat hierdie gebeurtenis op ons kliënte en hul passasiers gehad het, betreur”.

Sedert die voorval het duisende reisigers hul reeds bespreekte vliegtuigkaartjies begin kanselleer.

Jennifer Homendy, voorsitter van die nasionale vervoerveiligheidsraad, sê hulle is “baie, baie gelukkig” dat die voorval nie in ʼn tragedie geëindig het nie.

Dié lugrederye geraak

United Airlines, wat die wêreld se grootste vloot van Boeing 737 Max 9’s het, het gesê 46 van sy vliegtuie is verbied om op te styg en 33 is al sonder fout geïnspekteer.

Dit sou na verwagting 60 vlugkansellasies oor die naweek veroorsaak het.

Aeromexico het gesê hy is besig om al sy 737 Max 9-vliegtuie op die grond te hou terwyl inspeksies uitgevoer word, en Turkish Airlines het Sondag aangekondig dat hy ook vlugte van vyf Max 9-vliegtuie vir kontrole sal opskort.

Die Panamese lugdiens Copa Airlines het gesê hy is besig om 21 van sy 737 Max 9’s te verbied om te vlieg, terwyl Icelandair gesê het nie een van sy 737 Max 9’s bevat die vliegtuigkonfigurasie wat in die bevel wat opstyg verbied gespesifiseer is nie.

Boeing het die afgelope jare gesukkel met tegniese en kwaliteitbeheerkwessies wat verband hou met sy 737 Max-modelle.

In Desember het die Amerikaanse lugvaartreus aan lugdienste gesê Max-vliegtuie moet geïnspekteer word om te kyk vir los hardeware op vliegtuigroerbeheerstelsels nadat ʼn internasionale operateur ʼn bout met ʼn ontbrekende moer ontdek het terwyl hy roetine-onderhoud gedoen het.

Boeing se 737 Max-vliegtuie is ook in die verlede wêreldwyd verbied om te vlieg ná twee Max 8-ongelukke in 2018 en 2019 wat altesaam die lewe van 346 mense geëis het.

Die federale lugvaartadministrasie het eers die vliegtuie se terugkeer na diens goedgekeur nadat die maatskappy veranderinge aan sy vlugbeheerstelsel aangebring het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danie ·

Dit wil regtig voorkom asof kwaliteit beheer nie meer so noukeurig soos in die verlede onderneem word nie. Daarmee saam wil dit ook voorkom of baie van die sogenaamde groener produkte ook nie dieselfde verstand teen verwering en kwaliteit van die minder groen produkte het nie. Sommige goed kan vinniger gebeur. Dit beteken egter nie dat dit altyd beter is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.