Oumagrootjie in die sop oor daggabotter in tiener se kolwyntjies

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Taylor Grote/Unsplash)

ʼn Australiese oumagrootjie is in die moeilikheid nadat sy ʼn tiener toestemming gegee het om haar daggabotter in sy baksel kolwyntjies te gebruik.

Die tiener het boonop die kolwyntjies na sy skool geneem en met vriende gedeel.

Pam Annette Bickerton (73) het verlede week in die landdroshof in Adelaide verskyn in ʼn voorvonnisverhoor. Dit nadat sy aan die hof erken het dat sy ʼn dwelmmiddel aan ʼn kind – wat nie geïdentifiseer is nie – verskaf het.

Luidens hofdokumente wat Adelaide Advertiser onder oë gehad het, het Bickerton dagga in botter gemeng om haar te help met ʼn slaapversteuring.

Die tiener het Bickerton op die betrokke dag wakker gemaak en gevra of hy die daggabotter kan gebruik om sy kolwyntjies mee te maak.

“Nog in ʼn toestand van uiterste moegheid het sy [Bickerton] ongelukkig gesê: ‘Gaan voort, maak net seker dat jy agterna skoonmaak’,” het haar prokureur in die hof gesê.

Bickerton het aan die hof erken dat sy “diepe berou” het oor die voorval.

Landdros Justin Wickens het gesê dit is kommerwekkend dat die bejaarde beskuldigde boonop geweet het die tiener sou die kolwyntjies met sy vriende deel.

“Soos dit blyk, het dit [die baksel] skool toe gegaan, wat baie jammer is. Maar dit is nie iets wat destyds in jou kliënt se gedagtes was nie,” het Wickens aan Bickerton se prokureur gesê.

Bickerton moet op 4 Mei weer in die hof verskyn vir haar vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Dink net hoe lekker dit by die skool sou gaan as jy met breek tyd een van Ouma se kolwyntjies eet!

Vriendelike Frikkie ·

Dit was klaar gemaak, hy het dit net gebruik. Lees die berig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.