‘Parasite’ maak geskiedenis by die Oscars  

Regisseur Bong Joon Ho (regs) reageer nadat Parasite as die beste rolprent aangewys is. AP Photo/Chris Pizzello)

Die Suid-Koreaanse drama Parasite het die eerste rolprent met ʼn nie-Engelse dialoog geword om as beste rolprent by die Oscar-toekennings aangewys te word.

Parasite het verder geskiedenis gemaak deur die eerste rolprent te word om as beste internasionale rolprent sowel as beste rolprent aangewys te word by vanjaar se 92ste Oscar-toekennings.

Bong Joon-ho is ook as beste regisseur aangewys vir Parasite terwyl die rolprent ook die toekenning vir beste oorspronklike draaiboek gewen het.

1917 het drie pryse gewen, vir beste kinematografie, beste klankvermenging en beste visuele effekte.

Joaquin Phoenix. Foto: (Jordan Strauss/Invision/AP)

Die donker drama Joker wat vanjaar die voortou met 11 benoemings geneem het, kon egter net daarin slaag om twee van die beeldjies huis toe te neem. Joaquin Phoenix is as beste akteur aangewys en die rolprent het ook vir beste oorspronklike klankbaan gewen.

Renée Zellweger is as die beste aktrise aangewys vir haar rol in Judy.

Brad Pitt is aangewys as beste akteur in ʼn ondersteunende rol vir Once Upon a Time in Hollywood. Die rolprent het ook ʼn beeldjie ontvang vir beste stelontwerp.

Hier is ʼn volledige lys van die wenners:

Beste rolprent

Parasite

Beste akteur

Joaquin Phoenix (Joker)

Renee Zellweger. Foto: (AP Photo/Chris Pizzello)

Beste aktrise

Renée Zellweger (Judy)

Beste akteur in ʼn ondersteunende rol

Brad Pitt (Once Upon a Time in Hollywood)

Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol

Laura Dern (Marriage Story)

Beste regisseur

Bong Joon-ho (Parasite)

Beste aangepaste draaiboek

Jojo Rabbit

Beste oorspronklike draaiboek

Parasite

Beste tekenprent

Toy Story 4

Beste kinematografie

1917

Brad Pitt. Foto: (AP Photo/Chris Pizzello)

Beste kostuumontwerp

Little Women

Beste dokumentêre fliek

American Factory

Beste dokumentêre kortfliek

Learning to Skateboard in a Warzone (If You’re a Girl)

Beste filmredigering

Ford v Ferrari

Beste internasionale rolprent

Parasite (Suid-Korea)

Beste grimering en haarstilering

Bombshell

Beste oorspronklike klankbaan

Hildur Guðnadóttir (Joker)

Beste oorspronklike liedjie

“(I’m Gonna) Love Me Again” (Rocketman)

Beste stelontwerp

Once Upon a Time in Hollywood

Laura Dern. Foto: (AP Photo/Chris Pizzello)

Beste tekenprent (kortfliek)

Hair Love

Beste kortfliek

The Neighbors’ Window

Beste klankredigering

Ford v Ferrari

Beste klankvermenging

1917

Beste visuele effekte

1917

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jinny jualinda ·

Net n jammerte Frankryk het die verkeerde fliek gekies. Portrait of a lady on fire, sou n beter keuse gewees het. Met online reviews het Portrait of a lady on fire beter gevaar as Parasite.

marius ·

Goeie omskrywende titel vir die meeste wat in die bedryf is ….

Leon ·

Parasite sou mooi gepas het vir ‘n fliek oor die Zuptas en die regering. Dit sou al die Oscars gewen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.