Pfizer wil kinders onder 5 inent

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Die farmaseutiese maatskappy Pfizer het die VSA se federale medisyneowerheid (FDA) magtiging gevra vir die noodgebruik van sy Covid-19-entstof vir kinders tussen ses maande en vyf jaar oud.

Sou die FDA instem, kan dié entstof moontlik al aan die einde van die maand aan kinders in hierdie ouderdomsgroep gegee word.

Luidens ʼn berig deur die internasionale nuusblad CBS News, bevat die inenting vir kinders onder vyf glo net een tiende van die dosis wat aan volwassenes toegedien word. Dit is in dié stadium nog onduidelik hoeveel dosisse kinders onder vyf sal benodig. Volwassenes wat met die Pfizer-entstof teen die koronavirus ingeënt word, moet elke twee dosisse ʼn paar weke uitmekaar ontvang. Daar is ook ʼn derde opvolginenting (booster shot) beskikbaar.

Pfizer het in Desember aangekondig dat twee ekstra lae dosisse van sy entstof nie ʼn sterk genoeg immuunrespons by twee- tot vierjariges verskaf nie. Dít het die maatskappy aangespoor om ʼn derde inenting by sy proefstudie te voeg. Die finale data van hierdie studie word eers laat in Maart vanjaar verwag.

Selfs met potensiële FDA-magtiging moet die sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) ook die inenting afteken.

New Orleans in Louisiana het die eerste groot skooldistrik geword wat vereis dat sy leerders van vyf jaar en ouer teen Covid-19 ingeënt word. Ouers kan hulle egter op mediese, godsdienstige of filosofiese gronde onttrek.

Kenners meen dat magtiging om kinders onder vyf te laat inent, egter weinig aan Covid-19-getalle sal verander, aangesien ʼn groot aantal ouers reeds huiwerig is om hul kinders wat vir die inenting kwalifiseer, te laat inent.

Volgens CBS News is slegs 38% van vyf- tot 17-jariges in die VSA ten volle ingeënt.

“Ek moedig ouers aan om met hul pediaters te praat en om betroubare inligtingsbronne te lees. Hulle moet besprekings oor die onderwerp op sosiale media vermy en eerder na betroubare data kyk,” het dr. Megan Ranney, ʼn nooddokter en akademiese dekaan van openbare gesondheid by Brown University, aan CBS News gesê.

Conz Preti, ʼn lid van die publiek, het aan die nuusblad gesê dat sy angstig op die entstof vir kinders onder vyf jaar gewag het en baie gemaklik daarmee is dat haar kinders (onderskeidelik drie en twee jaar oud) die entstof ontvang.

 Bronne: CBS News en Associated Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anel ·

Pfiser, wil dit doen. Geen rede nie. Wie dink hulle is hulle? Wat ‘n masiewe geldmaak storie en die mense val daarvoor!!

Jacobus ·

Anel korrek! Goeie genade, Pfizer rek nou al self sy mark.

MakersMark ·

Pfizer sien ‘n geleentheid in die mark om produk aan kinders van vooruit denkende ouers te verskaf en die kinders te vrywaar van ernstige infeksie asook die ouers en grootouers te beskerm. Miljoene ouers wêreldwyd sal dit voorstaan. Dis vir die verbetering van die wêreld post covid. Ek ondersteun Pfizer se briljante visie vir sy teikenmark.

Madeleine ·

Die wereld is voorwaar Mal.. Onder geen omstandighede MY 4 kinders nie!

Renier johannes ·

Is enige een wat daar werk in geent en hulle kinders belaglik

Madeleine ·

Het hul Hopelik vergeet van die kids tussen 12 jaar en 5 jaar… Hul word lyk my geskip…

Hennie ·

“Pfizer and BioNTech also plan to evaluate a third dose of the 10 µg formulation in children 5 to under 12 years of age.”

popsa ·

So what as Pfizer dit wil doen? Ons het Pfizer nie nodig nie! (Maar Pfizer het ons winste nodig…)

Stephen ·

Niemand weet watse lang termyn gevolge die inentings gaan hê nie, nou dobbel hulle vir biljoene met kinders se lewens……

Hendrik ·

“Ek moedig ouers aan om met hul pediaters te praat en om betroubare inligtingsbronne te lees. Hulle moet besprekings oor die onderwerp op sosiale media vermy en eerder na betroubare data kyk,” het dr. Megan Ranney, ʼn nooddokter en akademiese dekaan van openbare gesondheid by Brown University, aan CBS News gesê.

Gideon ·

Ha ha ha wat n grap!!!My kinders laat in ent??? Voetzek in plein Afrikaans!!!!

Esme ·

Ek was geskok om eergister ‘n dokument te sien, wat deur skole aan minderjariges gegee word. Die ouer se handtekening en 12jarige kind se handtekening word benodig.
Pfizer, geldmaak behoort nie so maklik te kom nie.
Gaan doen julle huiswerk voordat julle almal wil vaksineer.

George ·

Ek is ingeent, my vrou is ingeent, my ouers en pelle is ingeent, maar my kids, daar is geen rede vir hul om dit tans te kry nie. Ek is vir die vax as dit sin maak, maar vir kinders doen dit nie, volwassenes ja, kinders nee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.