Polisie skiet werker wat 12 om die lewe bring

Noodvoertuie op die toneel van die skietery in Virginia Beach. Foto: (AP Photo/Vicki Cronis-Nohe)

ʼn Werknemer van die stad Virginia Beach in die Amerikaanse deelstaat Virginia het 12 mense op drie vloere van ʼn munisipale gebou doodgeskiet voordat die polisie hom doodgeskiet het.

Vier mense is in die skietery gewond, onder wie ʼn polisiebeampte wat gered is danksy sy koeëlvastebaadjie. Volgens James Cervera, polisiehoof, het die man ʼn geruime tyd lank op polisiebeamptes losgebrand voordat hy gewond en kort daarna dood is.

Die skietery het Vrydag kort ná 16:00 (Amerikaanse tyd) plaasgevind nadat ʼn werker van die departement openbare dienste in die stad se munisipale sentrum ʼn gebou betree en onmiddellik op mense begin losbrand het.

Polisiebeamptes het die gebou binnegegaan en soveel as moontlik mense verwyder voordat hulle in ʼn skietgeveg met die man betrokke geraak het. Die naam en ouderdom van die skieter is nog nie bekend gemaak nie, maar volgens wetstoepassers het hy vir baie jare vir die stad gewerk.

James Cervera, polisiehoof van Virginica Beach, tydens ‘n mediakonferensie. Foto: (Kaitlin McKeown/The Virginian-Pilot via AP)

Megan Banton, ʼn administratiewe assistent wat in die gebou werk waar die skietery plaasgevind het, het gesê sy het geweerskote gehoor waarna sy 911 geskakel het en haarself en sowat 20 kollegas in ʼn kantoor afgesper het deur ʼn lessenaar voor die deur te stoot.

“Ons het alles gedoen wat ons kon om almal veilig te probeer hou,” het sy gesê. “Ons was almal so vreesbevange. Dit het so onwerklikheid gevoel.”

Ralph Northam, goewerneur van Virginia, het sy skok oor die “sinnelose geweld” uitgespreek. “Dat mense op so manier weggeruk word, is die ergste tragedie.”

Volgens die Withuis is pres. Donald Trump oor die voorval ingelig en monitor hy die situasie.

Bobby Dyer, burgemeester van Virginia Beach, het die voorval as die “skokkendste dag in die geskiedenis van Virginia Beach” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

nella ·

Ai, wat sal ek tog sonder my MAROELA MEDIA doen. Nuus altyd eerste en op die man af. Dankie vir julle.

chante ·

dit help nie altyd mens wil land uit
kyk maar ander lande het ook hul moeilikhede en nie eens gepraat van natuur rampe wat meer gereeld voorkom

James ·

Dis waar, chante. Die verskil kom in dat die meeste eerste-wereld lande ten minste bevoegde mense aanstel en op nood-situasies kan reageer. Daar is altyd iewers iemand wie se kop n kan uithaak, so daardie kan enige plek gebeur, maar ek verstaan jou punt. Elke land het sy “pros” en “cons”. Huidiglik voel dit net die laasgenoemde is meer as die eersgenoemde in SA.

Strand looper ·

N “eye opener” vir die patetesie regeering van ons….more oor more gebeur die selfde dalk hier….

Elna ·

Wil net hoor het Gelees van die Bothma seun wat vermis word is daar enige Nuus van hom dink so Baie aan sy familie dankie

Banie ·

Ja, ek kan ook nie soggens wag dat die nuus 05h05 soggens afgelaai word nie. Ek geniet dit baie. Ja, vanoggend is 05h10 afgelaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.