Polisiemanne aangekla van peuter se dood

Klein Jameson Shapiro. (Foto: Twitter)

Drie Kanadese polisiebeamptes word van strafbare manslag aangekla in verband met die dood van ’n 18 maande oue seuntjie in 2020.

Klein Jameson Shapiro is op 26 November 2020 noodlottig gewond toe sy pa en polisiebeamptes in Kawartha Lakes, sowat 100 kilometer noord van Toronto in die provinsie Ontario, op mekaar losgebrand het.

Die polisiebeamptes het Jameson se pa dié betrokke dag probeer voorkeer nadat hy na bewering sonder toestemming met die peuter op die vlug geslaan het. Die polisiebeamptes het die pa se bakkie gewaar en hom probeer aftrek. ’n Skietery het gevolg.

Klein Jameson is tydens die skietery in sy pa se bakkie getref en is op slag dood. Jameson se pa (33) is tydens die skietgeveg ernstig gewond en is enkele dae later in ’n hospitaal dood.

’n Polisiebeampte is ook destyds tydens die skietery ernstig gewond.

’n Ondersoek is van stapel gestuur en die Kanadese Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het in Februarie verlede jaar bevind dat klein Jameson deur polisiebeamptes doodgeskiet is.

Daar is intussen bevind dat hulle aangekla moet word.

“Die direkteur van die SOE, Joseph Martino, het redelike gronde om te glo dat die drie polisiebeamptes kriminele oortredings begaan het in verband met die dood van die 18 maande oue Jameson Shapiro,” het die onafhanklike federale regeringsagentskap in Kanada nou byna twee jaar later aangekondig.

Die drie polisiebeamptes staan tereg op aanklagte van strafbare manslag sowel as kriminele nalatigheid wat die dood veroorsaak het.

Die polisiebeamptes sal na verwagting op 6 Oktober voor die Ontario hof van justisie moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Frikkels ·

Dit is bitter onregverdig teenoor die polisiebeamptes. Menseregte se tentakels strek hopeloos te ver. Die pa het verkies om krimineel op te tree, boonop het hy met sy kind by hom op polisie beamptes losgebrand. Die verantwoordelikheid vir die kind se dood lê 1000% by sy pa. Polisiebeamptes kan nie maar net wag om doodgeskiet te word deur kriminele nie. Wat word van hulle regte as wetsgehoorsame burgers wat boonop ñ plig het om uit te voer?

Hennie ·

WOKE gemeenskap in Kanada. Sal altyd iemand anders blameer. Polisie is onskuldig.

Koos 100 ·

Frikkels. My heel eerste gedagte. Jy is 100% in die kol!

Windhond ·

Daar is deesdae n baie fyn lyn wat die gereg moet volg – as hulle nie optree nie en wag – soos in die skool skietery – dan is hulle lafhartig – as hulle optree en die skieter probeer neutraliseer dan is hulle nalatig – – ek stem heeltemal saam dat die menseregte ding nou heeltemal uit verband geruk word – op een of ander stadium gaan gewillige polisie beamptes opdroog en gaan die publiek soos in sekere lande verplig word om diensplig te verrig. -n mens kan nie net die heeltyd die gewillige donkie se bene vasbind en hom aanjaag nie. – (en nee ek is nie in die polisie nie – ek was in n ander lewe lank lank gelede in die polisie en het die t -hempie gekry) dis nie n lekker joppie nie

Mariana ·

Hierdie is nou een van daai sake waar albei kante verantwoordelik gehou moet word. Enigste onskuldige persoon in hierdie gemors, is die kind wat met sy lewe moes betaal omdat hulle almal skietmal geraak het.

Keelvol ·

Mariana die polisie was nie skietmal nie. Hulle het hulleself verdedig.

Koos 100 ·

Die pa vlug van die polisie en skiet EERSTE op hulle en jy hou hulle verantwoordelik. Nee jou som maak nie sin nie.

philippus ·

As die kriminele passief raak Sal die polisie nie nodig hê om so senuagtig te wees nie…. dis maklik om te judge… gaan loop jy in jou turn in die aand nadat jy irts gehoor of gesien het en kyk hoe voel jy… ja jy kry opleiding… maar stap in daai dal van dood skaduwee en dan is jy net mens

Koos 100 ·

Sal jy dit weer sê as jou lewe bedreig word deur ‘n krimineel en die polisie skiet die krimineel om JOU lewe te beskerm???

yahneh ·

Daar word na peuters verwys wanneer kinders onder die ouderdom van twee jaar is…

George ·

Nope, peuter is 100% korrek, inteendeel is KLEUTER verkeerd.

Vicky ·

Peuter is kinders 2jr. Kleuters begin by 3jr. Google is your friend ????

Althes ·

Ek wil eerlikwaar nie ñ polisiebeampte wees nie. Soms word van hul verwag om heldersiende te wees in lewensgevaarlike situasies. Dis onmoontlik. Hoe kon die tragedie verhoed word?

Koos 100 ·

As die pa sy kind se lewe hoër as sy eie lewe geag het!

Hendrik ·

Ek kry eerlike poliesiemanne bitter jammer – veral in die VSA word hulle werk byna ondraaglik gemaak, dikwels word hulle uitgetart.

Skadu ·

Ek hoop dis maar net standaard formaliteit om die gebeurtenis te ondersoek wanneer dit noodlottig was. Die laaste ding wat enige land nodig het, is polisiemanne wat te bang is om hulself of die inwoners te verdedig omdat hulle vrees vir vervolging.

Veronika ·

Tragies, hulle het hom probeer red van sy waarskynlike mal Pa, as die Pa nie begin skiet het nie, sou dit waarskynlik nie gebeur het nie, maar die polisie moes darem ook gedink het die baba is in die voertuig en versigtiger gewees het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.