Pous, koningin Elizabeth word teen Covid-19 ingeënt

Koningin Elizabeth II by Windsor-kasteel (24 Desember 2020) (Foto: Victoria Jones/POOL/AFP)

Die pous en Brittanje se koningin Elizabeth II is die jongste hoëprofiel figure wat teen Covid-19 ingeënt word.

Duitsland het intussen meer as 40 000 sterftes aangemeld en kansellier Angela Merkel het gewaarsku dat die ergste nog op pad is.

Meer as 1,9 miljoen persone is reeds wêreldwyd oorlede weens die virus met nuwe variante wat bydra tot ʼn toename in gevalle en regerings por om weer beperkings te plaas op persone se beweging, selfs al is daar massa-inentingsveldtogte aan die gang.

Pous Franciskus maan persone om ingeënt te word en hy het aangedui dat hy volgende week sy inenting sal ontvang.

Koningin Elizabeth II en haar man prins Philip het Saterdag hul inentings ontvang, het Buckingham-paleis gesê. ʼn Bron het aan die Press Association-nuusagentskap gesê die 94-jarige koningin en 99-jarige prins is by Windsor-kasteel deur ʼn koninklike huisdokter ingeënt.

Meer as 1,5 miljoen persone in Engeland is reeds ingeënt in die grootste immuniseringsprogramme in nasionale geskiedenis en bejaardes, hul versorgers en gesondheidswerkers staan voor in die ry.

Die dodetal in die Verenigde Koninkryk staan op 80 868, een van die hoogste in Europa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Oomniklaassevriend ·

Sterkte. Nog twee GMO proefkonyne – dis nou te se as hulle regtig ingeent is

john ·

yah right… !!!! Die volgende hoe profile figure is seker kers vader.

Jaco ·

Almal wat so teen inenting is, is dieselfde wat so teen inperking is. Lyk my hulle weet nie wat hulle regtig wil hê nie. As hierdie inperking oor 2 jaar nog steeds almal se lewe versuur, is dit NET die skuld van mense wat nie ingeënt wil word nie.

Anoniem ·

Jaco, jy is baie welkom om jouself te laat inent met ‘n entstof waaraan daar net 8 maande spandeer is. Is hierdie entstowwe waaraan daar so min tyd spandeer is werklik VEILIG? Die nie-inenters besef maar net dat daar ‘n risiko verbonde is aan hierdie nuutste entstowwe en wil jou tog vra om hierdie besluit van die nie-inenters te respekteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.