Prins Philip ondergaan hartoperasie

Prins Philip (Foto: Adrian Dennis, AFP)

Engeland se prins Philip (99), koningin Elizabeth II se man, het ’n hartoperasie ondergaan.

Die operasie het suksesvol verloop, het Buckingham-paleis Donderdag gesê.

Koninklike amptenare het gesê die hertog van Edinburgh het Woensdag ’n suksesvolle prosedure vir ’n bestaande harttoestand in die St Bartholomew-hospitaal in Londen ondergaan.

“Sy Koninklike Hoogheid sal ’n aantal dae in die hospitaal deurbring vir behandeling, rus en herstel.”

Die prins, wat in Junie 100 jaar oud word, is al langer as twee weke in die hospitaal.

Maroela Media het vroeër berig die hertog van Edinburgh is op 16 Februarie as ’n voorsorgmaatreël in die hospitaal opgeneem nadat hy begin olik voel het.

Die prins moes aanvanklik net ’n paar dae in die hospitaal deurbring. Die paleis het egter later gesê hy word vir ’n infeksie behandel.

Die prins is egter Maandag na St Bartholomew-hospitaal naby St Paul-katedraal oorgeplaas vir toetse en waarneming weens ’n bestaande harttoestand.

Dié hospitaal, bekend as Barts, dateer uit die 12de eeu en het ’n uitstekende harteenheid. Philip het in 2011 ’n stent in sy hart laat plaas weens ’n verstopte koronêre aar.

Sy skoondogter Camilla, hertogin van Cornwall, het Woensdag gesê haar skoonpa se toestand het effens verbeter hoewel hy op die oomblik nog seer het.

“Ons hou duim vas,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SomeOne ·

as jy bang is om dood te gaan, het jy nog nie die heerlikheid van God raak geloop nie, begin sommer vandag jou paadjie van vertroue in Hom reg te maak

Rentia ·

Vir ‘n man met so hoë ouderdom kan ‘n opehart operasie geen grap wees nie. Ek weet nie eers van iemand wat nie ‘n adelike titel het wat op so ouderdom geopereer sal word nie. Hoop hy sal spoedig herstel!

Anel ·

Om te dik hulle het ‘n hospitaal wat uit die 12 de eeu dateer en in werkende toestand is. Wat kan ons sê?

Dries ·

As hulle hom SA toe stuur vir behandeling sou hy nie n “return ticket” nodig hê nie

Dries ·

Dit is ongelooflik. Hospitaal dateer 800 jaar gelede en hy werk nog uitstekend. Kemptonpark is gebou. Pragtig en vinnig is hy verlate en die gras groei hom toe en miljoene rande se toerusting is geplunder. Wat n skande. SA was n eerste wereld land wat bitter vinnig deur die ANC verander in n derde wereld land. Ons soek selfbeskikking vinnig

RS ·

Ook net die royalties wat op so ‘n ouderdom n hart operasie mag kry. Ek het talle familie wie af gekeur is vir hart operasies omdat hulle te oud is….80.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.