Rekordgetal Covid-gevalle in NZ

(Argieffoto: Pixabay)

Nieu-Seeland het vandeesweek sy meeste Covid-19-gevalle sedert die aanvang van die pandemie aangeteken nadat die gevreesde Delta-variant dié land in Augustus getref het.

Owerhede het bevestig dat 98 nuwe koronavirusgevalle Dinsdag aangeteken is. Dit is meer as die vorige daaglikse rekord van 89 wat in April verlede jaar tydens die eerste vlaag infeksies aangeteken is.

Hoewel die aantal gevalle relatief laag is volgens internasionale standaarde, groei dit daagliks sedert ʼn enkele virusgeval vroeër vanjaar in Auckland opgemerk is.

Nieu-Seeland het sedert die begin van die pandemie net meer as 5 000 koronavirusgevalle aangeteken.

Slegs 28 Covid-19-verwante sterftes, in ʼn bevolking van vyf miljoen, is die afgelope jaar hier aangeteken.

Só goed was die regering se hantering van die pandemie dat die land nie nodig gehad het om vir langer as ʼn jaar inperkingsmaatreëls toe te pas nie, waarna die lewe weer soos normaal voortgegaan het sonder beperkings op sosiale byeenkomste.

Die groeiende getal Covid-19-gevalle het die eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Arden, egter nou gedwing om haar doel om die virus heeltemal uit die weg te ruim, te laat vaar.

Arden sal na verwagting teen Vrydag ʼn nuwe strategie bekendmaak wat voorsiening sal maak vir meer vryhede in die land sodra die nodige inentingsteikens bereik is.

Ongeveer twee derdes van die bevolking wat in aanmerking kom vir ʼn Covid-19-inenting is reeds ten volle ingeënt.

“Ons weet dat die inentings reeds ʼn beduidende verskil in ernstige virusgevalle onder diegene in Auckland maak. Terselfdertyd help dit ook wanneer mense die reëls volg om die verspreiding van dié virus hok te slaan.”

Nieu-Seeland is deur die loop van die Covid-19-pandemie geloof vir sy pogings om die koronavirus heeltemal uit die weg te ruim deur streng kontakopsporing en grensbeperkings. Die vinnige verspreiding van die nuwe Delta-variant bemoeilik egter nou kontakopsporing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

JohanR ·

Dit lyk my jy kan maar doen wat jy wil, maar die virus sal deur kom. Miskien was NZ net virus delayed, en die groot slag kom nog?

Ilze ·

Dalk moes NS nie begin het met inentings nie. Aangesien dit so goed gegaan het by hulle.

Rooikopheks ·

Dis juis as gevolg van die feit dat twee derdes van hul bevolking wat kwalifiseer vir die inenting dit gekry het. Puik gedaan NZ!!!! Dis die voorbeeld wat Suid Afrika moet volg.

Johann ·

En in plaaslike nuus oor die situasie in die RSA….mmmmmmm??????

Rooikopheks ·

Plaaslike nuus is elke dag beskikbaar, maar die negatiwiteit teenoor die inenting gaan die oorsaak wees dat ons seker die laaste land gaan wees waar die Covid-19 virus en inperking ons lewens gaan regeer.

Heinrich ·

Ai nou ja, almal het seker maar hulle probleme, ons sit hier met ‘n cANCer wat die virus se skade soveel vererger

Hendrik ·

Ons sit hier met ‘n bevolking wat aan hulle neuse rondgelei word en … die mense glo hulle.

KB ·

Ag asseblief, ek het nog altyd gedink NZ is ‘n eienaardige land…nou weet ek dit!

Jedi Knight ·

NZ is n lekker land. Net jammer van al die NZ’landers wat daar bly.

Mercia ·

Snaaks…..maar om een of ander rede klink dit maar flou as jy spog dat die oorgrote meerderheid van jou bevolking gespuit is en dit het kwansuis so “beduidende verskil in virusgetalle gemaak….” en dan…….styg jou getalle.

Barney ·

Hier begin dit alweer. Ek is so siek en sat vir die plandemie en vir die nuus wat saam speel en paniek saai. Dis tyd dat ons die nuus afsit en aangaan met ons lewens.

piet ·

In die verlede het hulle een geval gehad dan’s dit maksimum grendel tyd top-vlak , skole sluit ensovoorts. die vrou oorreageer heeltemal (heeltemal ‘n control freak). Maar ons moan hier in SA wanneer ons 70000 gevalle in ‘n dag het en ingeperk word.

MakersMark ·

Net nog ‘n wannabee wat dink sy eenman onnagevorste spekulasie gaan hom eendag ‘n held maak…..soveel van hulle wêreldwyd. Susan Vosloo nog een. Kinderarts wat na een G&T te veel probeer viroloog speel het; nou tjoepstil.

piet ·

MM – Ek raak so moeg vir hierdie ouens se snert. Regtig, hulle sal heeldag soek vir ‘n conspiracy teorie, dit as die waarheid verdedig en al die duisende wetenskaplike bewyse wat die teendeel BEWYS van die tafel afvee. Ek weet nie hoe die ouens redeneer nie, maak mens moedeloos.

Jacob ·

MakersMark Ivermectin het vir my gewerk.

Vanden Bossche word gedemoniseer omdat hy nie lei aan morele lafhartigheid nie en nie die narratief wat slegs ‘n winsbejag ten doel het en wat deur farmaseutiese maatskappye voorgesing word, napraat nie. Dieselfde geld vir die ontwerper van die mRNA tegnologie, Dr Robert Malone, wat waarsku teen die gebruik daarvan in mense. Ek neem aan dat enige persoon deur skeltaal en neerhalend te wees, beide die mense tot hulle eie, lae vlak kan aftrek, maar ek glo eerder die ware wetenskaplikes en kenners voor ek Dr Angelique Coetzee glo wat betaal word om die lofsange van Covid 19 entstowwe te besing.

Aangaande Dr Susan Vosloo; sy het eerstehandse ondervinding aangaande miokarditis en is uiters bewus van die rol wat mRNA tegnologie kan speel en reeds gespeel het in die voorkoms van die siekte. Sy is een van die top hart spesialiste in Suid Afrika, nie ‘n kinderarts nie. Ek dink dit nie dit was nodig en baie stylvol om haar te beledig nie.

MakersMark ·

Wie het haar beledig ? Sy het haar eed verbreek deur sulke snert in die publiek kwyt te raak. Sy is nie ‘n viroloog nie maar ‘n kinder kardioloog. So die enkele “ware wetenskaplikes” volgens jou weet die waarheid after CV19? Peri karditis kom by bitter klein persentasie jonger mans voor met van hul wat ure na inenting deelgeneem het aan harde fisiese oefening. Dis glad nie algemeen nie. Inteendeel ‘n breukdeel van ‘n persentasie punt wêreldwyd. Al die ander miljoene lieg en die wat medici is breek hul eed doelbewus vir geld ? As ek ooit ‘n lae ik sameswerings teorie gehoor het is die een. Oppas vir veedip dis hard op die lewer oor tyd.

MakersMark ·

Soos heelwat sameswering en veedip profete al probeer het. Die hele wêreld is verkeerd behalwe hulle en die bronne van hul “inside secret info”.

Pio ·

19 Mense dood aan “Covid verwante” siektes in 19 maande. Een per maand uit 5 Miljoen mense, en Jacinda perk die mense in??
My kinders in NZ word forseer om die entstof te neem, of verloor jou werk?

Danie ·

Jip, die manier waarop sy haar land bestuur maak dit een van die suksesvolste in die wereld aangaande C19. Wens ons het so n persoon aan stuur van sake by ons gehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.