Robert Mugabe sterf

Robert Mugabe. Foto: ANA

Robert Mugabe, voormalige president van Zimbabwe, is in die ouderdom van 95 jaar dood.

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe het die nuus op sosiale media bevestig. Hy het Mugabe as ‘n “ikoon van vryheid” bestempel. “[Hy het] sy lewe gewy aan die bevryding en bemagtiging van sy mense. Sy bydrae tot die geskiedenis van ons nasie en kontinent sal nooit vergeet word nie. Mag sy siel in ewige vrede rus,” het Mnangagwa op Twitter gesê.

Die oorsaak van Mugabe se dood is nie onmiddellik bekend gemaak nie.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.