Rusland val nou ook aan vanuit Belarus

Rusland het Donderdagoggend Oekraïne ingeval (Foto: Aris Messinis, AFP)

Russiese troepe val nou Oekraïne ook aan vanuit Belarus in die noorde, Krimea in die suide en in die oostelike streek van Kharkhiv en Luhansk.

Pres. Alexander Loekasjenko van Belarus het Donderdag gesê sy weermag gaan nie deelneem aan die Russiese inval in Oekraïne nie, maar het nietemin aan die Russiese magte deurgang na Oekraïne gebied.

“Ons gewapende magte neem nie aan hierdie operasie deel nie,” het Loekasjenko, ’n bondgenoot van die Russiese president Wladimir Poetin, gesê. Moskou het tienduisende troepe in Belarus gestasioneer.

Etlike mense is reeds dood nadat Rusland Oekraïne Donderdagoggend ingeval het.

Volgens Oekraïense amptenare is ses mense dood en sewe gewond ná ʼn aanval deur Rusland op ʼn militêre eenheid in Podilsk, buite Odessa, in Oekraïne. Soveel as 19 mense word vermis.

Een persoon is ook in die stad Mariupol dood.

BBC berig Rusland het met artillerie losgebrand voordat hy militêre voertuie by verskeie punte op die grens oorgestuur het.

Paniek en chaos het Donderdag in Kiëf uitgebreek [Foto: Daniel Leal, AFP]

Na aanleiding van ʼn beoordeling van Westerse intelligensie-amptenare tien dae gelede het Rusland die beste kans om ʼn suksesvolle aanval op Kiëf (vanuit die noorde) te loods, indien Oekraïne se mees bekwame militêre eenhede (in die oostelike Donbas-streek) omsingel en geneutraliseer word.

Oekraïne se voormalige president, Petro Porosjenko, het gesê “vandag is ʼn tragiese dag”, maar dat Oekraïne sal seëvier. Hy het buite die parlement in Kiëf gepraat, waar parlementslede krisisgesprekke voer.

Porosjenko, wat van 2014 tot 2019 president was, het Poetin as ʼn hedendaagse Adolf Hitler beskryf.

Oleksandra Matviichuk, voorsitter van die sentrum vir burgerlike vryhede in Kiëf, het Donderdag aan CNN gesê hy vrees dat die Russiese aanval op Oekraïne ʼn “vlugtelingkrisis” sal veroorsaak.

Mense het sedert Donderdagoggend gestroom na metrostasies om Kiëf te verlaat nadat die eerste skote buite die stad afgevuur is. Motors het in rye op snelweë in Kiëf gestaan soos mense uit die stad begin vlug het.

Pres. Joe Biden van die VSA sê die wêreld sal Rusland aanspreeklik hou vir die dood en vernietiging wat dié aanval meebring.

“Ons gebede gaan aan die mense van Oekraïne terwyl hulle ’n onuitgelokte en ongeregverdigde aanval deur Russiese militêre magte ly,” het Biden gesê.

Duitsland sê hy is bekommerd oor die politieke en ekonomiese gevolge wat hierdie konfliksituasie vir die wêreld kan inhou.

Tom Tugendhat, konserwatiewe parlementslid en voorsitter van Oekraïne se buitelandse sake-komitee, het die tonele van mense wat hul huise in die Oekraïne verlaat as “ʼn menslike tragedie” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

casper ·

En die Weste sal net op die kantlyn staan, skree en niks doen om dit te stop nie !!

Reynier ·

As die weste verkeerd reageer is dit verseker ‘n wêreld oorlog, China het reeds hul steun aan Rusland gestel.

Reynier ·

Maandag al het xin Ping so gesê. Miskien is dit wat die wêreld nodig het.

piet ·

Siener het voorspel dat China aan die Weste se kant sal veg teen Rusland in die 3de wereldoorlog (siende dat dit volgens interpretasie reeds in 1999 moes plaasvid, kan dit nou die “real deal” wees). Om die waarheid te se, hy het voorspel dat Duitsland en China as die grootste rolspelers dit gaan nag maak vir Rusland. Hierdie gaan ‘n groot toets wees vir Siener se voorspellings….So terloops – sover ek weet het China nog nie kant gekies nie maar ‘n algemene verklaring uitgereik dat onderhandelinge eerder gevolg moet word.

Adriaan ·

Gee kans, die Weste is dalk net besig om hulle magte te hergroepeer ten einde te verseker dis divers en inklusief.

piet ·

Tree VSA toe moan julle, tree hulle nie toe nie, moan julle. Maak julle mind op wat julle wil he.

Buck Rogers ·

Burisma, Hunter Biden, Mykola Zlochevsky – hoekom enigsins betrokke raak?

Andrew ·

Kiev is nie deel van NATO so sal niks doen nie. Sanksies, tot volgende winter as Europa koud kry.

Adriaan ·

Ek hoop die Russiese soldate dra gesig maskers! Daar is mos n baie, baie gevaarlike virus in omloop.

Ns: Hulle moet ook onthou om te saniteer voordat hulle enige vyandelike stellings inval.

Lubbe ·

Soveel onskuldigge mense en kinders wat hul lewe gaan verloor maak nie saak wie wanneer in gryp nie. Politiek is die duiwel homself.

Jean ·

In oorlog verloor daar seker 90% net onskuldigge mense hulle lewens.

My siening ·

ANCRIMINALS se bondgenote Rusland is Pandor dalk bewus SA is totaal in die bollie so hou eerder jou smoel toe kader!

piet ·

Rusland het baie bondgenote onder die Maroeliete (trompoppies) ook. Kop in een mus.

Anoniem ·

Belo-Rusland kan nie homself losmaak hiervan nie. As hy sy grondgebied oopstel as toegang vir die Russe, is hy aan die Russe se kant en moet dieselfde sanksies teenoor hulle ingestel word.

Jean ·

Hulle verhoed eerder ‘n oorlog met Rusland en gee hulle toegang.

VaalDonkie ·

Ja wel hulle kon ook nie rerig weier nie. Ten minste spaar hy sy troepe se lewens. Ek wil nie hy wees nie want daar’s geen “winning move” vir hom nie.

Bart-Man ·

Julle weet seker as WW3 uitbreek is Suid-Afrika aan die verkeerde kant.

piet ·

Ons sal neutraal bly. Het Siener nie voorspel SA sal die veiligste plek op aarde wees as die volgende wereldoorlog uitbreek nie? Sover ek kan onthou het hy voorspel dat ons nie eintlik geraak gaan word nie (in soverre deelname nie). Ek moet tog die mampoer-drinkende profeet se voorspellings weer nagaan.

Marthinus W ·

Die groot probleem is dat Rusland nie n geleentheid gebied word om hul mening te lug nie. Daar word net na Amerika en haar bondgenote se kant van die saak geluister. Dis een van die redes vir hierdie aksies. Jy kannie n probleem oplos as jy net een kant van die saak hoor en verkondig nie.

Rusland het verlede jaar konkrete voorstelle ingedien oor die situasie. Navo en Amerika het dit afgelag. Nou verskyn die hoogheilige Stoltenberg en se Rusland moet eerder die pad van diplomasie volg. Hulle het! Navo/Amerika wil nie.

Anton ·

Stem 100% saam. Die westerse media het Rusland die skurk skurk gemaak.

Martin ·

Ons regering in SA is tjoepstil soos muise – ek onder wat is ons regering se reaksie hierop en wie ondersteun hulle, vir Rusland of Oekraïne ? Ek sal bitter graag wil weet maar ek dink ons almal weet wat die antwoord is…

Vexed ·

Wat stel jy voor moet ons regering doen? Duidelik dink jy kant kies is ‘n goeie idee, met wat ingedagte?

Jacques ·

Ek sien Maroela Media haal die BBC en CNN aan in die artikel. Waar is die aanhalings uit die Russiese en Oekraieniese pers? Wat sê die Russiese Ortodokse Kerk?
Hoe beskryf Pole en die ander ongeaffilieerde Slawiese lande hierdie konflik? Is daar begrip, of teenkanting vir die inval onder die Slawiese lande?

Autobahn ·

Om nie REUTERS, AP, AFP en dpa, die grootste deep state propaganda agenture te vergeet nie.

LeonS ·

Regtig Jaco hkm pla dit jou so? Almal ken Belarus ,Wit,Belo Rusland, Daars oorlog mense gaan dood,gaan hongerly en jy “worry” oor die Naam.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jaco

Dankie dat jy ons daarop gewys het. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die probleem het by die publikasieproses ingesluip. Ons het die berig gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johanna ·

Gaan die wereld sit en kyk hoe mense vermoor word soos wat dit was met Jode . En niks doen nie…… soos met Jode.
Biden sê “ons bid vir julle ” bid moet oorgaan in n Staan op vir julle”
Dit kan met ons handvol blankes in SA ook gebeur en die wereld sal net sit en kyk.

Andrew ·

Die wereld sit en doen niks oor Boere volksmoord nie.
En Biden moet eers in die oggend van die bed af opstaan.

Kensy ·

Oorlog voering in vandag se dae gaan n heel ander invloed in die wêreld hê as wat die geval was met WW1 en 2.
Hierdie situasie maak my diep bekommerd.

Anoniem ·

Putin toets die Weste se “goons” want ek twyfel baie sterk of die VSA/Navo fisies militêr betrokke sal raak. Hulle is dalk mans genoeg vir Rusland, maar nie wanneer China en Noord Korea wat ook hulle messe vir die VSA/Navo in het, toetree nie. Wanneer dit gebeur het ons rede om bekommerd te wees, want dan weerhou niks die Chinese om lande wat hulle in die oog het, in te neem nie.

annie ·

Dit is uiters belangrik om net die siening van die Oekraïene weer te gee… Natuurlik ook dié vanaf Navo, die CNN en die BBC want so gaan ons die waarheid hoor. Die groot opvoering het begin soos deur Biden en sy buddy adjunk-minister van buitelandse sake, Victoria Nuland, beplan is. Alexander die Grote 2 en Poroshenko a la baby tjoklits sal die regie waarneem. Iran lag lekker want nou is die Weste verleë oor gas en olie. Hul atoombomme kan nou rustig opgepot word. Boem!

Andrew ·

Wel hy het die weste mooi gevra om uit die streek te bly en nie NATO status te probeer gee aan Kiev nie. Die “Biden dynasty” is Kiev en hulle gas en olie so die “soon to be ex” goverment van Kiev is wel korrup . Biden to hy VP was het baie wapens na Kiev gestuur was Putin moontlik die hel in gemaak het. Dit sal ook moontlik Biden wees wat NATO lidskap aan Kiev belowe het, en sy presidentskap wat Putin se hand gespeel het om Kiev nou te vat terwyl die weste nie hulle grense kan oppas nie en tans idiologiese oerloe tuis voer.

piet ·

Siener het voorspel dat Rusland Oostenryk gaan inval en die 3de wereldoorlog ontketen. Rusland het dalk groter planne weens magsug soos Hitler. Kom ons kyk wat gebeur.

Marthinus W ·

Hoe bepaal ons watter oorlog die 1ste, 2de of so was?

Volgens die Britse historikus AJP Taylor, was die eerste wereldoorlog eintlik Europese Burgeroorlog No. 8a, en die oorlog wat in 1939 begin het, Europese Burgeroorlog No. 8b, alhoewel laasgenoemde meer van n wereldoorlog was. Ek dink dit was Time magazine wat die oorlog as n “wereldoorlog” beskryf het.

Pieter ·

Wat my kommer is BRICS.
Ons is deel daarvan en die gedeelte ten opsigte van oorlog is volgens my ‘n bietjie van ‘n grys area…

piet ·

Volgens Siener van Rensburg gaan China saam met die Weste veg teen Rusland in die 3de wereldoorlog. Ek dink nie ons gaan deelneem nie, al die aksie gaan in Europa wees.

Marthinus W ·

Dit klink logies dat ons saam met Rusland gaan veg, maar die geskiedenis is vol nuttelose pakte, ware vriendskappe, ewige vriendskappe, ens. Ek dink elke land het nie ware vriende nie, net ware belange. Daar is n BRICS nuuswebwerf, maar ons steek tans sleg af by die ander. Indien die Seuzkanaal toe is, gaan ons sekerlik baie aksie om die Kaap sien. (Ons het jare gelede gereeld militere oefening in die Suid-Atlanties gehou. Ek het gehoor dat, in een oefening – het die jaar vergeet, sal bietjie opkyk, het net een (1) van ons duikbote die hele Navo “surface fleet” uitgewis. Ek verbeel my die kapt was Otto Kretschmer – nie familie van die beroemde U-boot kapt nie.)

piet ·

Oukei, het so bietjie ou Siener se visioene oor die 3de wereldoorlog nagegaan. Die aggressor is inderdaad Rusland (skok!!!) en die oorlog gaan begin wanneer Oostenryk ingeval word. Die interpretasie is dat dit in 1999 sou gebeur (so reeds effe laat). Dalk is dit nou die begin. Ewenwel – Duitsland en China gaan blykbaar die grootste rol speel om die Russe in Europa te verslaan (die VSA gaan later opruim). Duitsland gaan blykbaar die main heroes wees want hulle gaan die Russe met “laser-tegnologie” verslaan en heeltemal uitwis. Lyk asof al die aksie in die Noordelike halfrond gaan plaasvind met kernbomme in die Middellandse-See, Noordsee en so aan. ‘n Tsunamie weens die bomme gaan die suide van Engeland vernietig. Wanner Rusland sien hulle gaan verloor, ontplof hulle hul hele kernwapenarsenaal waarna daar 3 dae van duisternis sal wees en nasies uitgewis sal word. ‘n Beeld van Jesus sal bo die aarde verskyn. So daar het julle dit nou. Ek kry solank my springmielies gereed.

Waarnemer ·

Piet kan ek jou kom join..ek eet nou wel nie springmielies nie maar sal n bottel Jacks saam bring.

Marthinus W ·

Toe Konstantinopel in 1453 onder die Turke val, het Moskou gevoel dat hulle nou die mantel van Christendom dra – die sogenaamde Derde Rome, en, daar gaan nie n Vierde Rome wees nie. Die Russe is konserwatiewe Christene – en die Ou Gelowiges, wat nie die Russiese Reformasie wou aanvaar nie, nog erger konserwatief – dis hulle wat nie hul baard skeer nie, ens. Vir die moderne Rus was 70 jaar onder kommunisme n toets, wat bewys het dat hulle dit geslaag het. So, uit n godsdienstige oogpunt, is ek nie so seker nie – tensy hulle sou aanval om die Christene te beskerm (en ons weet die Oostenrykers en Duitsers is nie die gelowigstes nie.)

Johann ·

En die Kommuniste Anargis Terrordis ANC smile and.wave vir hulle massa moordenaar comrade!!!!! Daars bloed op die hande van elke diplomatiese stilswyende regering wat NIKS doen nie. Vervloekte magsmal rus se legacy sal in die Wêreld bly vir altyd as die goddelose boosheid wat Europa in oorlog gedompel het

piet ·

Mense, kanselleer julle DSTV en vergeet om enige Starwars flieks uit te neem. Julle kan al die aksie op SABC volg en dis gratis. Daar’s ‘n special op popcorn by Shoprite.

Waarnemer ·

Kom nou Joe Biden en Angela Merkel, en Cyril Ramaphosa gaan help die Oekrainiers!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.