Saoedi-Arabië doen 81 teregstellings op een dag

(Foto: FAYEZ NURELDINE/AFP)

Saoedi-Arabië het 81 mense op een dag vir terreurverwante misdade tereggestel.

Die teregstellings wat op een dag plaasgevind het, is meer as die totale getal teregstellings wat verlede jaar uitgevoer is.

Diegene wat tereggestel is, is “aan die pleeg van veelvuldige gruwelike misdade skuldig bevind”, het die amptelike Saoedi-persagentskap (SPA) berig en gesê dit sluit veroordeeldes in wat aan die Islamitiese Staat-groep, Al-Kaïda of ander terreurorganisasies verbind is.

Hulle het aanvalle op belangrike ekonomiese sleutelpunte beplan, lede van die veiligheidsmagte geteiken of vermoor of wapens die land ingesmokkel, het die SPA berig.

Van die 81 mense was 73 Saoedi-burgers, sewe Jemeniete en een was ’n Siriese burger.

SPA het gesê almal wat tereggestel is, is in Saoedi-howe verhoor met 13 regters wat daaroor toesig gehou het.

Die ryk Golfstaat het een van die wêreld se hoogste teregstellingsyfers met minstens 69 mense wat in 2021 in dié koninkryk tereggestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

George ·

Die doodstraf moet heringestel word in Suid Afrika. Hier word gruwel misdade gepleeg. Miskien help dit..

Blikkies ·

As hulle hier begin sal die helfde van die bevolking weg wees.

Ontnugterde senior ·

Dit is tyd dat doodstraf teruggebring word. Die regering en grondwet misken die menseregte van eerlike burgers en dan moet ons nog boonop vir hulle versorging in die tronke betaal.

Genis ·

Hulle sal baie besig wees in SA, sou so iets hier gebeur… O nee ook nie, skuldiges moet eers gevang word- dit in opsig self is n probleem…

AH ·

Dit sal ‘n goeie dag wees as Suid-Afrika die doodstraf terugbring ……Die tronke sal dan die meer oorbevolk wees nie en die belastingbetalers se geld sal nie meer die monsters wat moor en verkrag hoef te onderhou nie……Helaas ‘n pypdroom wat nooit bewaarheid sal word nie….

Truth2bfree ·

Hulle is in TOP 10 wereld lys van Christen vervolging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.