Seun se liggaam ná weke uit betonpilaar gebring

Die betonpilaar is op ʼn bouperseel waar ʼn nuwe brug gebou word (Foto: STR, AFP)

Viëtnamese reddingswerkers het uiteindelik die liggaam van ʼn tienjarige seun uit ʼn hol betonpilaar in ʼn konstruksiegat by ʼn bouperseel in die Dong Thap-provinsie gebring. Die kind het byna drie weke gelede daarin geval.

Thai Ly Hao Nam het blykbaar na skrootmetaal gesoek toe hy op Oujaarsdag in die hol betonpilaar van sowat 35 m diep beland het.

Honderde reddingswerkers en ingenieursdeskundiges het in die dae daarna verwoed na Nam in die pilaar gesoek. Die seun is eindelik ná vier dae dood verklaar en daar is gesê dit sal ʼn “moeilike taak” wees om sy liggaam uit die hol betonpilaar te bring.

Nam se liggaam is egter Vrydag vroegoggend na die oppervlak gebring nadat reddingswerkers tot ʼn diepte van 25 m gesak en gespesialiseerde toerusting gebruik het om hom uit die struktuur te haal.

Doan Tan Buu, ondervoorsitter van die provinsiale komitee, sê die redding het lank geduur.

“Die seun se liggaam was ongeskonde aagesien daar grond rondom die pilaar was.”

Die seun se liggaam is intussen aan sy familie oorhandig om begrawe te word.

Die versameling van skrootmetaal is ʼn algemene manier in Viëtnam vir behoeftige mense om ʼn inkomste te verdien. Die werk word egter gewoonlik deur vroue gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

isabelle ·

baie hartseer my hart gaan uit na die seun en so ook sy familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.