Seun vasgekeer in betonpilaar

Die betonpilaar is op ʼn bouperseel waar ʼn nuwe brug gebou word (Foto: STR, AFP)

Honderde reddingswerkers in Viëtnam het Maandag gespook om ʼn tienjarige seun te bevry wat twee dae tevore in ʼn hol betonpilaar in ʼn konstruksiegat by ʼn bouperseel in die Dong Thap-provinsie geval het.

Thai Ly Hao Nam se hulpkrete is gehoor nadat hy in die hol betonpilaar van sowat 35 m diep geval het. Nam het blykbaar na skrootmetaal gesoek.

Die betonpilaar is op ʼn bouperseel waar ʼn nuwe brug gebou word.

“Ons doen ons bes om die seun ongedeerd uit die betonpilaar te kry. Ons kan nog nie sy toestand bevestig nie,” het ʼn reddingswerker gesê en homself slegs as Sau geïdentifiseer.

Nam het opgehou om met die reddingswerkers aan die buitekant van die gat te kommunikeer, hoewel suurstof heeltyd in die gat gepomp word.

Volgens mediaberigte het reddingswerkers probeer om in die omliggende grond te boor en dit sag te maak om die pilaar te probeer optrek om sodoende Nam te bevry.

Die eerste minister, Pham Minh Chinh, het Maandag reddingswerkers op federale vlak gevra om aan te sluit by die reddingspoging om die seun te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize ·

Nou wat soek hy daar? Dis onwettig om op konstruksiepersele rond te krap en enigiets wat daarop is behoort nie aan hom nie. Kwaaddoener!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.