Skoolskieter se ouers tronkstraf opgelê

James en Jennifer Crumbley (Foto: Bill Pugliano/Getty Images/AFP)

Die ouers van ʼn tiener wat van sy klasmaats in die Amerikaanse deelstaat Michigan doodgeskiet het, is albei tronkstraf van tussen tien en 15 jaar opgelê.

James en Jennifer Crumbley wat vir hul seun die vuurwapen waarmee die moorde gepleeg is as ’n Kersgeskenk gekoop het, is die eerste ouerpaar om gevonnis te word vir ʼn skoolskietvoorval wat deur hul kind gepleeg is.

Die egpaar het al meer as twee jaar tronkstraf uitgedien terwyl hulle verhoorafwagtend was.

Hul seun Ethan, wat nou 17 is, dien lewenslange tronkstraf uit vir die skietery op 30 November 2021 waartydens hy vier klasmaats doodgeskiet en sewe ander mense geskiet en gewond het by die Oxford High School, 70 km noord van Detroit.

“Hierdie vonnis gaan nie oor swak ouerskap nie,” het regter Cheryl Matthews in haar uitspraak gesê. “Hierdie skuldigbevindings bevestig herhaalde dade, of gebrek aan dade, wat ʼn aankomende wegholtrein kon gekeer het.”

Die regter het die pa vermaan omdat hy “onbeperkte toegang” tot gewere en ammunisie in die gesin se huis toegelaat het en aan die ma gesê haar houding teenoor haar seun was “passieloos en apaties”.

Nicole Beausoleil, die ma van Madisyn Baldwin (17), een van die vermoorde leerders, het die Crumbleys in die hof aangespreek voor die vonnisoplegging. “Nie net julle seun het my dogter vermoor nie, maar julle ook.

“Die bloed van ons kinders is op julle hande,” het Craig Shilling, die pa van die vermoorde Justin Shilling (17), gesê.

Voordat die regter die vonnis gelewer het, het die Crumbleys die families van die slagoffers en die hof toegespreek.

“Ek staan vandag hier nie om jou vergifnis te vra nie, want ek weet dit is dalk buite bereik, maar om my opregte verskoning uit te spreek vir die pyn wat veroorsaak is,” het Jennifer gesê. “Ek sal vir die res van my lewe in my eie interne tronk wees.”

James het aan die families gesê “ek is jammer oor julle verlies as gevolg van wat my seun gedoen het”.

“Ek kan nie uitdruk hoe graag ek wens dat ek geweet het wat met hom aangaan of wat gaan gebeur nie, want ek sou absoluut baie dinge anders gedoen het,” het hy gesê.

Tydens afsonderlike verhore is die Crumbleys daarvan beskuldig dat hulle waarskuwingstekens geïgnoreer het dat hul seun geestesgesondheidsprobleme gehad het.

Jennifer het gesê haar man het vir hul seun die handwapen wat hy in die aanval gebruik het gekoop en dat sy hul seun die dag nadat die wapen gekoop is na ʼn skietbaan geneem het. Die Crumbleys is op die dag van die skietery na die skool ontbied nadat ʼn onderwyser bekommerd geraak het oor ʼn gewelddadige tekening wat sy op Ethan se lessenaar gevind het.

Die tekening is aan die ouers gewys en hulle is aangeraai dat hulle hul seun in berading moes kry. Die ouers het na bewering verseg om hul seun huis toe te neem en hy het teruggekeer klas toe.

Hy het later ʼn badkamer binnegegaan met die vuurwapen wat in sy rugsak versteek was waarna hy uitgekom en meer as 30 skote afgevuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Mike ·

Klink vir my soos ‘n absolute liberale uitspraak hierdie. As ek vir my kind ‘n kar koop en hy ry iemand dood is ek dan nou aandadig? Ken nie al die feite van die saak nie maar as al die wapens wettig was wat het dit met die regter te doen as hy sy kinders daartoe toegang gee…Is dit onwettig?. DIE STELSEL het hom die wapen toegeken. Hierdie is ‘n “gun control” uitspraak. Die liberale probeer die wettige burgers nou intimideer. Nou gebruik die liberale gemors die ouers van die vermoorde kinders om die skieter se ouers te veroordeel. Mens moet die “prentjie agter die prentjie hier raaksien”

Wakkerslaper ·

Mike stem 100% saam… so as my kind iemand vermoor met die haardroër wat ek vir haar as geskenk gegee het, moet ek ook tronk toe gaan. Hierdie uitspraak is absurd man!

Daisy ·

Volgens my gaan dit nie net oor die wapen nie, maar die afwesigheid van ordentlike ouerskap.
Daar is aan hulle bewys dat hulle seun gedragsafwykings het en hulle het hulle nie daaraan gesteur nie – lees die tweede laaste paragraaf weer. In ‘n vorige berig was dit duideliker gestel.
As jou kind aan bv. epilepsie ly, gaan jy nie vir hom ‘n voertuig koop nie, want hy kan tydens ‘n aanval ‘n ongeluk veroorsaak.
Dit gaan nie oor die wapen wat hulle gekoop het nie, maar die res van die opvoeding en hantering van die kind.

Truth2bfree ·

Die ouers wou nie reageer op die skool se dringende versoek nie, al was daar was duidelik tekens van geweldadige gedagtes oor ‘n geruime tyd. Hoekom koop jy ‘n vuurwapen vir ‘n 17 jarige wat reeds kwaad is vir alles? Dit was duidelik nie die motief vir wildsjag nie. Daarom maak dit sin dat hul aangekla is.

Dirk ·

Goed so. Dit is hoog tyd dat daar ordentilike wapen beheer toegepas word in Amerika.

Louis ·

Mike daar is n groot verskil om kar vir n kind te gee op 17 as om hom n vuurwapen te gee op 17.

AREND1 ·

Dis goed so.Toe die daat gepleeg is toe was hy 13 gewees.Hoe kan jy n vuurwapen vir n kind gee.

Jan Jacobs ·

Louis, jy is verkeerd leer kinders van kleins af wat vuurwapens is wat misbruik van vuurwapens veroorsaak. Baie dienspligtiges wat weermag opleiding gehad het in die 1980’s,gekry het, het respek vir vuurwapens geleer. Vandag moet enige tiener op n plaas bly weet hoe om n vuurwapen te hanteer.

Andries ·

Mike. As jy vir jou kind ‘n kar koop en jy laat hom bestuur sonder lisensie en jy weet jou kind se koppie raas, boeta jy hoort vir ‘n paar jaar in die tjoekie

Mike ·

Wonder of die Biden administrasie ook aangekla gaan word vir hulle moord of meer as honderdduisend vsa tieners agv die vrye vloei van fentanol oor die suidelike ”oop” grens. Retoriese vraag – ons almal ken die antwoord daarop. Goeie goeie ouerskap en opvoeding gaan nie verhoed dat hulle in aanraking (en by implikasie in versoeking kom) van die euwelse goed nie. Goeie ouerskap en opvoeding kan net SOVER gaan. ‘n Kind is net soveel die produk van sy opvoeding as van sy omgewing. ‘n Kind spandeer in 24 uur waarskynlik 12 ure weg van sy huis af. As die stelsel faal in die 12 ure weg van die huis af hoe gaan ‘n ouer dit kan keer maak nie saak hoe goed die opvoeding is nie. In die VSA will hulle die wapens wegvat van wettige eienaars (soos in Suid Afrika) terwyl die wettelosheid oor die suidelike grens en in die stede ongestoord voortgaan. Mense moet die “blinkers” afhaal en dit sien vir wat dit is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ouers van skoolboelies se doppies is seker nou geklink. Indien Kosie ‘n klasmaat beledig en daar word bevind hy het rassistiese woorde gebruik gaan sy ouers toegesluit word.

Koen ·

@Rep WK. Dit sal reg wees. Hoekom word kinders boelies. Hulle leer dit by die huis. Hoog tyd dat boelies en hul ouers vasgevat word.

Alida ·

Ek dink dit het meer gegaan oor die feit dat die ouers die oggend ingeroep is en gevra is om hulle kind huis toe te neem en berading vir hom te reël omdat die skool bekommerd was oor sy geestestoestand, maar hulle het geweier. En later dieselfde dag het hy die mense geskiet. Hulle was dus totaal uit voeling met hulle kind se geestestoestand. Dit grens aan kinderverwaarlosing.

Vanessa ·

Ek weet nie presies waaroor dit gaan nie, maar my opinie sal wees, leer kinders hoe om met ‘n wapen te werk (indien selfverdediging toegepas moet word) en dan moet die kind ook geleer word dat ‘n wapen nie misbruik moet word in gevalle soos woede ens. Slegs in die geval as sy lewe bedreig word, want met die plaasmoorde sou ek sê dat kinders moet weet hoe ‘n wapen werk.

Cherokee ·

Wat ‘n sinnelose spul kommentare wat die ouers verdedig, terwyl die berig dit duidelik uitspel dat dit duidelik was dat die kind vuurwapenwaardig is nie. Die ouers is volgens die berig, op dieselfde dag waarop dit gebur het, aangeraai om die kind huistoe te neem, want die kind blyk kinds te wees. Die ouers het klaarblyklik geen verantwoording geneem nie. Die Amerikaanse vuurwapenwetgewing blyk ook ‘n onverantwoordelike wet te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.