Soektog na vermiste duikboot duur voort

Een van OceanGate se duikbote (Foto: OceanGate/Facebook)

Die lug-en-see soektog vir die duikboot wat spoorloos verdwyn het tydens ʼn rit om na die wrak van die Titanic te kyk word nou onderwater voortgesit, het die Amerikaanse Kuswag Dinsdag gesê.

Skepe en vliegtuie wat na die duikboot op soek is, het al ʼn gebied van sowat 13 000 vierkante kilometer gefynkam, het skout-admiraal John Mauger, hoof van die soektog, aan die ABC-nuusprogram Good Morning America gesê.

“Oor die afgelope drie of vier ure het ons met verskeie vliegtuie oor die toneel gevlieg – op soek na enige teken van die duikboot.”

Mauger het gesê ʼn P-3-vliegtuig van Kanada het sonar-dobbers in die gebied van die wrak in die Noord-Atlantiese Oseaan afgegooi om te luister na enige klank van die duikboot. Dit het Sondag met vyf mense aan boord vermis geraak.

Nou word die soektog onderwater voortgesit.

Maroela Media het vroeër berig alle kommunikasie is Sondag met die 6,5 meter lange Titan-tuig verbreek toe dit afgeduik het. Die wrak van die Titanic is meer as 3 km onder die oppervlak. Die Titan-tuig word deur OceanGate Expeditions bedryf.

“Soos wat ons die soektog voortsit, brei ons ook ons vermoëns uit. Ons het nou ʼn kommersiële vaartuig op die toneel wat oor afstandbeheerde voertuie beskik wat vir ons die vermoë gee om onderwater te soek,” het Mauger bygevoeg.

Frankryk se oseanografiese instituut het ook sy vaartuig, Atalante, wat oor ʼn diepsee onderwater robot beskik, na die toneel gestuur, het die land se maritieme ministerie Dinsdag gesê.

Die Atalante, tans op ʼn sending vir die Franse navorsingsinstituut vir ontginning van die see (Ifremer), sal na verwagting Woensdag omstreeks 1800 GMT by die toneel opdaag. Kenners is dringend van die Franse hawe Toulon ontplooi om die robot tydens die duiksessie te beheer.

Die Titanic het in 1912 tydens sy nooiensvaart van Engeland na New York ’n ysberg getref en gesink met 2 224 passasiers en bemanning aan boord. Meer as 1 500 mense is in die tragedie dood. Die wrak is in 1985 gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ES ·

Sjoe dit moet verskriklik wees om in daai beknopte klein duikboot te wees en niks te kan doen nie… of skielik te sien daar lek water… Ons hoop vir die beste, maar daar is baie massas water om te deursoek. Ek hoop hulle word gevind, al is dit net om vir hul families berusting te gee.

Harley Davidson ·

Hulle moes maar die geld wat dit hulle gekos het vir Soltek geskenk het dan was hulle nou snoesig by hulle huise gewees.

Gaitsigubib ·

Ek kan aan n paar beter maniere dink om my geld te spandeer, as om die diepste punt in die see te besoek, in koue noordpool water, waar reddings pogings naby aan onmootlik is. Ek klim dan sowaar eerder everest!

Gaitsigubib ·

……en ek weet dis dalk nie die heel diepste nie, maar dis diep genoeg!

Cindy ·

Ek kan nie dink watter absolute angs en vrees die insittendes moet/moes ervaar nie. Dit is verskriklik. Mens hoop werklik op ‘n wonderwerk vir hulle.

George ·

Hopelik het hulle nie besef nie, en net aan die slaap geraak soos die suurstof uitgehardloop het

Gaitsigubib ·

Dit kan mens nog nie seker van wees nie, ne? Hy mag dalk tans vol water wees….

Dana ·

Ek het in ‘n ander artikel gelees dat selgs genoeg suurstof tot Donderagoogend aan boord is. Dit is verkriklik. Ek hoop van harte die duikboot word gevind met die mene aan boord nog lewend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.