Taliban sluit alle skoonheidsalonne

Twee vroue loop verby ‘n skoonheidsalon in Afghanistan. (Foto: Wakil Kohsar/AFP)

Afghanistan se Taliban-owerhede het Dinsdag opdrag gegee dat skoonheidsalonne regoor die land binne die volgende maand hul deure moet sluit.

Dié bevel beteken dat duisende ondernemings wat deur vroue bestuur word sal moet sluit.

Boonop verbied dit een van die min oorblywende geleenthede vir vroue om weg van die huis af te sosialiseer.

“Ek dink dit sou goed gewees het as vroue glad nie in hierdie samelewing bestaan ​​het nie,” het ʼn anonieme bestuurder van ’n salon in Kaboel aan AFP gesê.

“Ek sê dit nou: Ek wens ek het nie bestaan ​​nie. Ek wens ons was nie in Afghanistan gebore nie, of was nie van Afghanistan nie.”

Sedert hulle magsoorname in Augustus 2021 het die Taliban-regering verbied dat meisies en vroue hoërskole en universiteite, parke, kermisse en gimnasiums besoek.

Vroue is ook meestal verbied om vir die Verenigde Nasies (VN) of NRO’s te werk, en duisende is van regeringsposte afgedank of word betaal om tuis te bly.

Mohammad Sadeq Akif Muhajir, woordvoerder van die Ministerie vir die Bevordering van Deug en die Voorkoming van Ondeug, wou nie sê hoekom die bevel gegee is nie.

“Sodra hulle gesluit is, sal ons die rede met die media deel,” het hy aan AFP gesê.

Hy het bygevoeg dat ondernemings tyd gegun sal word om hul sake af te sluit sodat hulle hul voorraad kan opgebruik sonder om verliese te ly.

Salonne ʼn veilige hawe vir vroue

Skoonheidsalonne het in die 20 jaar wat Afghanistan deur die VSA magte gelei is, oral in Kaboel en ander Afghaanse stede opgeskiet.

Hulle is dikwels as ‘n veilige plek beskou waar vroue bymekaar kon kom en sosialiseer. Boonop het dit noodsaaklike sakegeleenthede vir vroue gebied.

“Vroue kon hier gesels en skinder. Hier was geen bakleiery nie, geen geraas nie,” sê ‘n salonwerker wat slegs as “Neelab” geïdentifiseer wou word.

Afghaanse vrouestudente staan Woensdag voor ‘n universiteit in Kaboel. (Foto: Wakil Kohsar / AFP)

“Wanneer ons ‘n paar gelukkige en aktiewe gesigte hier sien, is ons ook verfris. Die salon het ‘n baie belangrike rol gespeel; hierdie plek laat ons gemaklik voel.”

‘n Ander salonbestuurder het gesê sy het 25 vroue in diens geneem wat almal broodwinners vir hul gesinne was.

“Almal van hulle is hartseer, wat moet hulle nou doen?” het sy aan AFP gesê.

Richard Bennett, ʼn onafhanklike menseregtekundige verbonde aan die VN, het in ʼn onlangse verslag aan die VN se menseregteraad die lot van Afghaanse vroue as “van die ergste ter wêreld” beskryf.

“Ernstige, sistematiese en geïnstitusionaliseerde diskriminasie teen vroue en meisies is die kern van die Taliban-ideologie en -heerskappy, wat ook aanleiding gee tot kommer dat hulle verantwoordelik kan wees vir geslagsgebaseerde apartheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Wielspore ·

Dieselfde kan gedoen word met al die drank winkels in SA, maak hulle almal toe, minders sosiale probleme.

Harry ·

What? So do you agree that a government can mandate how people make a living and how people can exercise their freedom? You must have loved the covid lockdowns.

Blom ·

Wielspore, jou wiele het duidelik die pad verlaat. Dink net aan hoeveel mense in SA hulle werk gaan verloor.

Delia ·

Hoe is dit in 2023 dat die wêreld niks kan doen aan die onderdrukking deur mans.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Amerikaners en hul bondgenote het probeer, maar kon niks bereik nie. Voor hulle kon die USSR ook niks bereik nie. Miskien sal hulle oor 500 jaar bykom. Dis maar hoe dit is. Jonges teen die bestel moet eerder padgee.

WitBlits ·

Ons sit met dieselfde situasie hier waar ons regering wette links, regs en senter maak wat diskrimineer teen die minderhede….

KatjieDeKat ·

Maar ten minste hier mag vroue nog n lewe hê, n klein besigheidjie oopmaak, haarsalon toe gaan, universiteit, na sosiale geleenthede ens. Die 2 situasies kan nie vergelyk word nie. Die ANC maak ons lewe bitter moeilik maar ons vroue het darem nog vryheid van beweging en aktiwiteite. Hierdie situasie in Afghanistan is ondenkbaar.

Delia ·

Nee Witblits. Jy kan regtig nie die vergelyking maak nie. Dink net n bietjie.

WynandM ·

Alles is darem nie die VSA se skuld nie. Die Afgane moes ook biedjie hul deel gedoen het

Gaitsigubib ·

Die VSA het Afganistan geokupeer vir 2 dekades. In die tyd het hulle hul westerse waardes, of tekort daaraan , op die populasie probeer afdwing. Hulle verstaan egter nie hierdie mense se kultuur nie. Die “puppet” regering wat hul aan bewind gebring het was nie populer onder die militante Taliban nie. Toe die VSA onttrek het hulle eers die Taliban tot die tande toe bewapen, komplimente van die VSA se belasting betaler. Hul teenwoordigheid in die midde Ooste het net nog meer haat veroorsaak.

JohanR ·

In the name of religion! Ek wil nog vir Moslem manne hier in Kaapstad vra in die snik hitte van Febuarie, om in die Mall in ‘n burka rond te loop.

MC ·

En dit as gevolg van n President van die sogenaamde “vrye wêreld” wat nie eers meer sy eie skoenveters kan vasmaak nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Radikale gelowiges is almal boos. Ook radikale Christene wat steeds aktief is, selfs in SA.

Jax ·

Dis goed. Doen diesefde oor die hele wêreld. Maak toe Hierdie aangeplakte snert wat maak dat vrouens glo Hulle is mooier met aangeplakte laag op laag grimering en oogwimpers wat soos radars om hulle oë staan. Onnatuurlik en Lyk aaklig! Ek stem nie saam met die onderdrukking van enige mens nie maar ek dink dat Hierdie hele “skoonheid beheptheid” groot probleme veroorsaak. As n klein dogtertjie van 7 vir jou vra of jy sterk gom het want sy het hare van haar hond se stert afgesny omdat sy dit op haar oë wil plak om ook lang “ooghare” te hê soos mamma, ouma en haar tannies – dan weet jy; ons vrouens het groot selfbeeld probleme!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.