Talle sterf in VSA-koue

Die foto is in Pennsilvanië geneem. Foto: Janna Dyer.

Die foto is in Pennsilvanië geneem. Foto: Janna Dyer.

Die bibberkoue wat die oostelike dele van die VSA getref het, en daartoe gelei het dat ses deelstate noodtoestande afgekondig het, was toe nie die ergste koue in menseheugenis soos aanvanklik voorspel is nie.

Trouens, die Amerikaanse weerdiens het formeel om verskoning gevra dat die impak van die koue, bekend as ’n “blizzard”, toe nie so erg was soos voorspel is nie.

In dele, veral in die noorde, het die sneeuval egter so dik gelê soos voorspel is – naamlik ’n meter dik.

Na berig word, is minstens 11 mense dood van die winterstorm, hoewel die meeste in ongelukke omgekom het.

Janna Dyer, dogter van die bekende Afrikaanse digter Barend J. Toerien, woon op ‘n perdeplaas in Pennsilvanië. Volgens haar is dit snerpend koud en waag ‘n mens dit net buite as dit nie anders kan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marianna ·

Ek moes in Noorwee my paadjie skoffel in meer as ‘n meter hoog om by die motorhuis te kom
dan voor die motorhuis ook skoffel om die deure oop te maak, gelukkig was die motor opgewarm in die pad geval en gaan werk. Ek weet nie hoekom mense so bohaai maak oor die
Amerikaanse winter nie. Dit kom oral voor in die noordelike halfrond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.