Titan-tragedie: Wrakstukke, ‘menslike oorskot’ uit water gebring

Die Titan-duikboot voor die tragedie. (Foto: OceanGate/Facebook)

Metaalwrakstukke van die Titan-duikboot wat op ʼn noodlottige ekspedisie na die Titanic-wrak ingeplof het, is Woensdag van die Horizon Arctic-skip in St. John’s, Kanada, afgelaai.

BBC berig die wrakstukke wat Woensdag uit die water gebring is, sluit in ʼn titaniumdop en titaniumring, die raam van die kajuitvenster, die landingsraam en ʼn gedeelte van die duikboot waar toerusting gestoor is.

Die puin is op die seebodem gevind, sowat 500 m van die boeg van die Titanic. Dit lê sowat 4 km onder die see-oppervlak en sowat 640 km van die kus van Newfoundland.

Nog moontlike bewyse, vermoedelik menslike oorskot, is ook na die oppervlak gebring.

Maroela Media het vroeër berig vyf mense is tydens die voorval dood. Die skip Polar Prince – onder die Kanadese vlag – het die Titan sowat twee weke gelede na die diepsee gesleep, maar sowat ʼn uur en 45 minute nadat die duikboot begin daal het, het die skip kontak met die vaartuig verloor.

Die 6,5 m lange Titan het op 18 Junie omstreeks 08:00 met die duik begin en sou sewe uur later weer bo die water te voorskyn kom.

Ondersoeke is tans nog onderweg om vas te stel wat presies skeefgeloop het.

‘Menslike oorskot’ dalk gevind

Volgens die Amerikaanse kuswag is daar benewens wrakstukke vermoedelik ook menslike oorskot gevind. Dit kan moontlik met die Titan-tragedie verbind word, hoewel ʼn formele ontleding nog gedoen moet word.

Aan boord van die Titan-duikboot was die Britse ontdekkingsreisiger Hamish Harding, die Franse duikbootkenner Paul-Henri Nargeolet, die Pakistan-Britse magnaat Shahzada Dawood en sy seun Suleman, en Stockton Rush, uitvoerende hoof van OceanGate, die duikboot se operateur.

Hulle het vermoedelik op slag gesterf toe die duikboot onder intense druk van die Noord-Atlantiese Oseaan ingeplof het.

“Daar is nog ʼn aansienlike hoeveelheid werk wat gedoen moet word om die faktore te verstaan ​​wat tot die katastrofiese voorval gelei het en om te verseker dat ʼn soortgelyke tragedie nie weer plaasvind nie,” sê kapt. Jason Neubauer, wat die Amerikaanse ondersoek na die voorval lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johan Tredoux ·

Sjoe. Seker min haaie en ander aasvisse in daardie deel van die see.

Delia ·

Hier is iets snaaks aan die gang of mis ek die bus. Vir 96 uur tot suurstof op is, vind niemand niks. Na 96 uur, skielik word die wrakstukke gevind? Iemand smeer iets toe?

Johan Tredoux ·

Dit mag dalk ….net n storie wees vir ons vermaak. Ek sê jou, noem my maar mal. Dit kom partykeer voor of die wêreld lankal moes vergaan maar dit kon nie. Nou raak die nuus bietjie dik vir n daalder en ander dinge word ook vreemd.

KatjieDeKat ·

Soos ek altyd sê: “We are living in the sickest, most ______ up Monty Python episode ever.”

Johan Tredoux ·

En die afduimpies ruk hand uit weens die huilerigheid van die stoere boere. Gelukkig tel ek my afduimpies en gee nie om vir die oppes nie.

George ·

Dalk omdat die niks te doen het met hoeveel suurstof daar beskikbaar was nie.

Johan Tredoux ·

Delia se boodskap het ook niks te make met die suurstof persé nie. Lees weer.

George ·

Hy het 96uur se suurstof gehad, maar hy het implode, so nie niks met suurstof te doen nie.

Delia ·

Ek weet dit George. Wat ek bedoel is…niemand kan die vaartuig vind nie. Maar toe hy inplof word hy skielik gevind. Of het die strome die wrakstukke rondbeweeg, sodat dit makliker was om op te spoor

Nommer 7 ·

Die tyd toe die inploffing gebeur het is onbekend. Dit kon die moment gewees het toe verbinding op die eerste dag al verbreek is.

Chavonne ·

dis darem maar snaaks, as dit ‘n onbekende persoon is, dan skryf julle altyd lyk. nou is dit menslike oorskot? is dit oor hulle geld het? julle skryf altyd so oor kinders ook.

Johan Tredoux ·

Maak regtig nie saak nie. Mens moet nie te gou huilerig raak oor woorde nie.

Pierre ·

Oorskot is nie dielfde as n lyk nie, oorskot wys meestal na stukke en nie n volledige lyk nie.

Hendrik ·

Waarom die ekspidiesie? Wat kon hd 5 persone vanuit n beperte vensterruimte meer waarneem as wat van tevore deur duikbote waargeneem was en selfs duidelike fotos bestaan.

RS ·

Ek het vrae… wie het dit onder die see opgetel? Wie het die kabels onder die water aan die wrak vas gemaak?

Johan Tredoux ·

Heel moontlik geldige vrae, wat natuurlik beantwoord word met simpel afduimpies.

Delia ·

Gaan kyk na daai gedeelte ( in takt) wat uit die water gelig is. Video gekyk vandag. Iets is vreemd Johan.

Madeleine ·

Soek dae lank en in n radius v hoeveel km rondom d titanic en haai toe vind hulle d wrak net 500 m van die boot… Mmmm… En die stukke nog aan drade en mens oorskot
.. Nee ek glo nie als wat ek lees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.