Trokdrywer pleit skuldig ná renosters sterf

Twee witrenosters is deur ‘n vragmotor getref. (Foto: Verskaf)

Die bestuurder van die vragmotor wat verlede week twee witrenosters in die Mosi-oa-Tunya- nasionale park in Livingstone in Zambië getref het, is vandeesweek skuldig bevind.

Ashes Gumbo (37) het Maandag in die landdroshof in Livingstone skuldig gepleit op aanklag van gevaarlike bestuur, berig Zambië se nasionale uitsaaikorporasie.

Maroela Media het vroeër berig twee witrenosters is verlede Dinsdag dood toe ʼn vragmotor met ʼn Namibiese nommerplaat die renosters op die Livingstone-Kazungula-pad, wat deur die nasionale park loop, getref het.

Die hof het aangehoor dat ʼn motoris wat in die teenoorgestelde rigting beweeg het, ligte vir Gumbo geflits het om aan te dui dat hy spoed moet verminder. Gumbo het egter nie ag geslaan op dié waarskuwing nie en oomblikke later die twee renosters getref wat die pad oorgesteek het. Dié diere is op slag dood.

Landdros Trevor Kasanda sal Gumbo na verwagting Woensdag vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Oujongvrou ·

Vrek klink net lelik. Diere is lewendig nes ons. My diere sterf, en dan laat ek hulle veras en in pragtige potjies sit. Dit staan in my huis in n kas. Ek rou vreeslik as my dier sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.