Trump wil dalk weer vir president staan

Oudpres. Donald Trump van Amerika. (Foto: AP Photo/Alex Brandon)

Oudpres. Donald Trump het Dinsdag vir die eerste keer na Washington teruggekeer sedert hy die Withuis 18 maande gelede verlaat het. Hier het hy ’n driftige toespraak gelewer waar hy laat deurskemer het dat hy in 2024 dalk weer vir president wil staan.

Die 76-jarige het nie sy kandidaatskap in soveel woorde verklaar nie, maar punte voorgehou wat hy glo die prioriteite van die volgende Republikeinse president moet wees.

“Ek sê altyd ek het die eerste keer vir president gestaan en gewen. Ek het vir ʼn tweede keer gestaan en baie beter gevaar,” het Trump by die America First Policy Institute gesê.

“Ons sal dit dalk weer moet doen. Ons moet ons land regruk. Ek sien daarna uit om verdere besondere in die komende weke en maande bekend te maak.”

Tydens sy 90 minute lange toespraak het Trump klem gelê op baie van dieselfde temas as in sy seëvierende veldtog in 2016, onder meer onwettige immigrasie en misdaad.

Hy het ook sy bewerings herhaal dat hy eintlik die 2020-verkiesing gewen het. Hy het verder gesê dat hy nie sal terugstaan en deur “politiekery en politieke skurke” verhinder sal word om landsburgers te dien nie.

Die gehoor het Trump hierop met die herhaling van die woorde “nog vier jaar” toegejuig.

Trump het verder teen die Demokrate se president Joe Biden uitgevaar en hom vir die land se ontevredenheid blameer. Hy meen dat die land onder Biden se leiding besig is om te misluk.

“Inflasie is die hoogste in 49 jaar. Brandstofpryse het rekordhoogtes bereik.”

Trump het Biden ook daarvan beskuldig dat hy miljoene migrante toelaat om die land binne te dring.

“Die volgende Republikeinse president moet dadelik elke aspek van die Trump-agenda instel wat die veiligste grens in die land se geskiedenis verseker het.”

Hy het ook gesê dat Amerika ʼn misdaadnes geword het en dat moordsyfers veral in stede onder die Demokrate se beheer toegeneem het.

Biden is verder ook daarvan beskuldig dat hy aan Afghanistan “oorgegee” het en toegelaat het dat Rusland Oekraïne binneval.

“Dit sou nooit gebeur het as ek in beheer was nie,” het Trump gesê.

Biden (79) – wat die afgelope ruk onder kritiek deurgeloop het dat hy te oud is om vir ʼn volgende termyn te staan – het in ʼn Twiet op Trump se kritiek teruggekap.

“Noem my outyds, maar ek dink nie dat die aanhitsing van ʼn aanval op ʼn polisiebeampte enige respek vir die wet toon nie.” Biden verwys na die aanval op die Amerikaanse kongresgebou (Capitol) deur Trump-ondersteuners in Januarie verlede jaar waartydens ʼn polisiebeampte dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Harley Davidson ·

Die beste nuus wat ek hierdie jaar gehoor het die man is ‘n ware leier en het die vermoë om die wêreld ‘n beter plek te maak,en met die Biden teleurstelling dink ek pres Trump sal enige verkiesing nou in Amerika wen.

Boksombende ·

Hulle gaan hom probeer stop met die verhore wat huidiglik aan die gang is. Sal moet wag en sien.

George ·

Weet Biden darm teen nou al dat hy president is? Ek is daarvan oortuig hy is op Epstein se lysie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy het al vergeet hy is die president.

Petrus ·

Dit sal die beste persoon wees vir Amerika en die res van die wêreld. Net jammer die wêreld mag sal dit nie toelaat nie.

Jacob ·

‘n Vriendin in Amerika het onlangs ‘n Jack Russel “aangeneem”, hondjies wat gewoonlik te veel energie het en uiters positief oor die lewe is. Die enetjie wat nou so sewe maande oud is, loop dikwels tot by ‘n muur, druk met sy kop daarteen en raak so staan, staan aan die slaap. Soms loop hy, stop en val net om en slaap. Verder loop of hardloop hy nie teen die trappe af nie, maar val elke keer van bo tot onder. Hulle vermoed hy is moontlik te vroeg kastreer of het breinskade tydens geboorte opgedoen. Hy is “gedoop” Joe B.

KatjieDeKat ·

Ek het iewers gelees as jou hond Ooit so met sy kop teen n muur staan moet hy Onmiddellik veearts toe geneem word. Dis glo n teken van n baie ernstige kondisie wat die hond se dood kan veroorsaak. Laat jou vriendin hom veearts toe neem.

Vexed ·

Kalmeer mense, die een is so sleg soos die ander. ‘N politikus is ‘n politikus. Hulle almal het “handlers” Trump het darem die valsheid van die media vir ons mooi duidelik gemaak vir die oningeligtes. Daarvoor moet ons hom ewig dankbaar wees. Op die einde van die dag maak almal van hulle alles net erger, en, hulle weet presies wat hulle doen.

Elize ·

Spaar die wereld van hierdie nar en narsisis. Het Amerika waaragtig niks beter om te lewer nie? Eks diep bekommerd.

piet ·

Maar dis dan juis HY wat die ooreenkoms gesluit het dat Amerika uit Afghanistan sal onttrek en hoe sou hy nogal Rusland gekeer het? Lagwekkend…..

Miena ·

Gaan hy weer begin om die muur te bou waaraan hy so hard gewerk het in sy termyn?

Niklaas ·

Sover ek weet is die heining/ muur nog nie deur Biden se aanhangers afgebreek nie.

Niklaas ·

Die man Trump het darem ‘n ruggraat , hoor. Biden maak my elke week meer bekommerd .

Dorkie ·

Ek dink hy moet liewer vir Ivanka steun sodat sy kan president word.

Carina ·

Ag wil hy nie liewer SA toe kom nie? Ons het beslis iemand soos hy nodig om die gemors reg te ruk.

Papsak ·

Mooi so vat vir Triump terug goeie idee dan sal Amerika weer floreer as hy daar was sou daar nooit n oorlog gewees het nie bravo vir Triump

Manie ·

Of dalk nie, al daaraan gedink dat hy moontlik net dinge insien vir wat dit is?

Jack ·

Hy het my stem enige dag.Great ou met hope visie en verstaan hoe besigheid en ekonomie werk.

Pieter9 ·

GEEN bewyse… Rus. Dos. bewys as bedrog en sameswering van Demokrate en linkse media… Hulle Vertel toe vir 4jr leuens, dit waarvan hul Trump bedkuldig het… Baie meer gaan nog uitkom.

Waarnemer ·

Oom Donald gaan jy die oorlog in die Oekraine stop?As jy dit reg kry en sommer vir putin fusiliseer dan gaan ons olie prys weer daal.Yes,jy het dan my stem.

Andrew ·

Nou wag vir die gille van die mense wat maan toe wil trek as hy weer wen

Petrus Albertus ·

My liewe mede MM-Fontein lesers, ons is darem nog nie amptelik ‘n kolonie van die VSA nie. Ons goedkeuring/afkeuring van VSA politiek maak werklik geen verskil nie. Ek besef dat die VSA president baie internasionale invloed het, maar ons moet nog maar een teëkom wat dit in ons guns hier plaaslik aanwend. Moenie dat ons nou oor die klomp met mekaar stry kry nie (alhoewel dit lekker is om nou en dan oor ander se probleme kop te krap en bietjie van ons eie te vergeet) ;-)

Scholtz ·

Ted Cruz is eintlik ‘n veel beter kandidaat vir die Republikeinse Party.

piet ·

Hy sal nie kan staan vir president nie want teen daai tyd sit hy in die tronk.

Oros Soros ·

Groot verkiesing die jaar, die samestelling van die kongres gaan verander.

Christine ·

Enigste verskil is die een kry iets uitgerig en die ander een niks

Maritza ·

Verstaan nie hoe jy dit kan se nie. Ten minste sit Trump daad by woord waar Cele net wind blaas

Riaan ·

Kry eers beheer oor die House of Representatives, anders is dit weer die impeachment strategie wat ingestel sal word.

Jaco ·

Tump het mos baie geld. Wat is die kans dat hy die Wes-Kaap kan koop?

Dirk ·

Hoe kan in ons land van Suid Afrika soveel mense wees wat met toe oë deur die lewe gaan. Trump gee nie om vir sy mede mense nie, nog minder vir ‘n vrou en haar regte. Dit is as gevolg van Trump en sy ideologie dat Amerika lyk soos wat hy lyk. Dit is as gevolg van Trump dat daar oorlog is in Oekraïne. Maar nogsteeds glo hierdie klomp SA’ners dat Trump is so ‘n goeie ou pel wat besigheid ken. Hy is niks anders as gemors nie. En vir die een wat sê Ted Cruz is net so goed moet sy kop laat lees.

Christine ·

Jy klink nou soos die ANC wat Jan van Riebeeck vir alles blameer! Amerika se probleme het met die Clinton’s al begin en vererger met Obama! Dis net so erg as wat ons verwag ‘n nuwe regering hier gaan in 5 jaar die ANC se gemors kan regruk.

Dirk ·

As jy nie kan sien hoe Amerika verander na ‘n Totalitarisme, outoritarisme en fascisme staat nie dan moet jy bietjie na meer nuus kyk as FoxNews. Dit verander na die as gevolg van die ideologie wat Trump se republikeinse party volg. Hulle neem stem regte weg, regte van vroue. Wil dit in ‘n tipiese polisie staat verander.

Marianna ·

Ten minste skud hy nie mense se hande wat nie bestaan nie. Trump is ten minste ‘n oopkop en nie ‘n puppet van die kabaal soo ou Joe nie. Net hy sal Amerika kan optel.

Alain ·

Lekker Trump, jy sal weer hard moet werk om Amerika reg te kry. Die Zombies wat nou in beheer is is heeltemal die klits kwyt

Andre ·

Ek dink nie ek hou van hom nie maar hy is wat almal nodig het. Soms moet mens ‘n bitter pil sluk om die regte ding te doen. Ek stem wel saam met die waardes van die party waarvoor hy staan. Tog sou ek Ted Cruz of Ron DeSantis verkies.

annie ·

Ag ou Biden… Dié ou kêrel moet nou al glo speel hy het Covid vir ‘n week vir slaapterapie na sy veeleisende rit na die Midde-Ooste. Van stres is sy stem skoonveld. Sy dokter en die withuispersoneel kruis seker nou al vingers agter hul rug wanneer hulle verskonings aanbied vir die flaters van die CIA se verkose president om hul politieke ambisie en planne te volvoer. Trump wou nie saamspeel nie. Sal hulle hom nog ‘n slag toelaat? Oor sy dooie liggaaam.

Maritza ·

Go for it Trump! Jy is al een wat die VSA sal kan reg ruk

Human ·

Hiert! Die Juigkommando is weer luidrugtig en in volle glorie met hul bewondering van die DON, wat voete het van klei en `n Narsis is van formaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.