Twee kandidate vir nuwe Britse premier aangewys

Liz Truss en Rishi Sunak is in die wedloop om die nuwe Britse premier te word. (Foto: Tolga Akmen/Daniel Leal/AFP)

Die twee kandidate wat in die wedloop is om Boris Johnson as die nuwe Britse premier te vervang is Woensdag aangekondig ná die vyfde en finale ronde stemmery onder konserwatiewe lede van die parlement afgehandel is.

Die minister van buitelandse sake, Liz Truss, en die voormalige minister van finansies, Rishi Sunak, sal teen mekaar meeding totdat die nuwe premier op 5 September aangekondig word.

Ongeag die uitkoms hiervan, is Brittanje óf sy eerste Indiese premier óf sy derde vroueleier gewaarborg.

Penny Mordaunt, minister van handel, is Woensdag uit die wedloop gehaal toe sy die minste stemme onder konserwatiewe lede van die parlement ontvang het.

Sunak het egter sy voorsprong behou en 137 stemme gewen, terwyl Truss tweede gekom het met 113 stemme. Mordaunt het uitgetree met 105 stemme.

Sunak en Truss sal nou hul voornemens vir die land aan die konserwatiewe partylede stel wat die nuwe leier en premier ná ʼn verkiesingstryd in Augustus sal aanwys.

Sunak se bedanking as minister van finansies vroeër vandeesmaand het gehelp om die uittrede van Johnson te bespoedig. Johnson het Woensdag tydens sy laaste sessie in die Laerhuis amptelik uitgebuig deur te sê: “Hasta la vista!”

Johnson het ook sy opvolger aangemoedig om “belasting te verminder en te dereguleer waar jy kan om dit [Brittanje] die beste plek te maak om te woon en in te belê”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hennie Biebouw ·

Rishi Sunak is waarskynlik ‘n onetiese individu. Sy vrou het vir jare belasting in die VK “vermy” met haar Non Dom status…..Hy staan nie ‘n kans om die wedloop teen Liz Truss te wen, wanneer Konserwatiewe Party lede begin stem nie.

annie ·

Liz, vernoem na die queen en Margaret Thatcher se kloon, sal Engeland gou die wêreld se top-moeilikheidmaker maak wat skaars getrusst kan word in haar eie woonbuurt… Megan No 2. Sunak is skynbaar die super-verligte-alwetende en futuristiese amper-koning ou oompie Charles se keuse. Oiy, watter sirkus gaan Brittanje nie tref as dié kombinasie regeer nie. Brittanje verdien al drie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Net so in Amerika. Dis presies Putin se probleem met die weste. Hy waarsku al hoeka dat die Romaans-Germaanse en Slawiese beskawings gaan eendag bots. Selfs gewone Oekraïners besef dit nou. Zolly is so deurmekaar hy begin nou glo sy eie mense is besig met hoogverraad.

Jacobus ·

Die Britte voel al jare skuldig, teenoor persone van kleur, so is London se burgermeester reeds Indies. Indië mag dit dalk oorweeg om Brittanje as noordelike distrik te beskou. Met die getalle Asiërs in die Verenigde Koninkryk, lyk dit nie buite bereik dat die monargie ook gaan verkleur, want om wit te wees, is deesdae ‘n skande.

Anna-marie ·

Dit is sy, Liz Truss wat jong manne van Engeland aangemoedig het om vir Zelensky te gaan veg. Syt nie geweet waarvan sy praat nie. Baie is dood geskiet daar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sy is nogal mooi. Indien sy my aanmoedig sal ek dalk ook vir Putin loop aanvat. En ek is nie eens ‘n jong man nie.

Grassie ·

Die man sal waarskynlik wen. Ek hoop so want die moddereiland verdien so ‘n leier.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek moet sê, selfs die Arbeiders lyk deesdae meer respektabel.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons sal nooit die Boereoorlog vergeet nie. Nou is dit payback tyd.

Samuel ·

Ek hoop Brittanje kry ‘n vroue premier. ‘n Indiër gaan nie pas in die Britse milieu nie.

JohanR ·

Soe lyk asof Liz Truss volgende premier gaan wees. Rishi Sunak te vol van homself, en te veel geraamtes in die kas.

Andries ·

Sunak het sy premier uitverkoop. So gaan hy sy land ook uitverkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.