Vermiste vrou ‘soos hond’ in vraghouer vasgeketting

Kala Brown en Charles Carver. Foto: Facebook

Kala Brown en Charles Carver. Foto: Facebook

ʼn Amerikaanse vrou wat sedert Augustus saam met haar kêrel vermis was, is lewend gevind waar sy in ʼn vraghouer vasgeketting was.

Kala Brown (30) en haar kêrel, Charles Carver (32), van Suid-Carolina is in Augustus as vermis aangemeld.  Brown is egter Donderdag gevind nadat polisiebeamptes wat ʼn eiendom in Spartanburg deursoek het klapgeluide gehoor het. Brown is vasgeketting in ʼn vraghouer op die perseel gevind.

“Sy was vasgeketting soos ʼn hond. Sy ontvang tans mediese behandeling. Dit is tragies dat sy so behandel is,” het Chuck Wright, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Die eienaar van die eiendom, Todd Kohlhepp (45), ʼn geregistreerde seksoortreder, is in hegtenis geneem. Brown het aan polisiebeamptes gesê die lyke van ander vroue is moontlik daar begrawe.

Brown en Kohlhepp is volgens berigte bekend aan mekaar. Carver word intussen steeds vermis.

Todd Kohlhepp. Foto: Spartanburg County Sheriff's Office via AP

Todd Kohlhepp. Foto: Spartanburg County Sheriff’s Office via AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Nico Strydom ·

Dagsê
Jammer vir die oorsig, die berig is gewysig.
Vriendelike groete

jan ·

In watter gevalle mag mens vergelykings met diere tref, en in watter gevalle nie? Honde, katte, spreeus, apies, hyenas, buffel?

Nel ·

In geen geval nie, want diere ketting nie mense en mekaar in vraghouers vas nie!

jan ·

Pennie Sparrow, wat van die ene: “Jy lyk vir my so baie na tant koek se hoenderhaan.”

Annoniem ·

Totaal onvanpaste kommentaar, om snaaks te probeer wees met hierde tipe nuus berig

Eish ·

Waar val jy uit Jan, dit is die wreedste wat met n vrou kan gebeur. Dit is ook n bewys dat seksoortreders liefs doodstraf moet kry, hul rehabiliteer nie! Ek kan nie jou konektasie met Sparrow sien nie, sy val nie in die kategorie en sy het mos haar straf vir n verkeerde kommentaar gekry!

Cacophony ·

It just goes to show. Sex offenders can never be rehabilitated. Scum

antonie ·

daar is n klomp mense in usa wat groot ‘kop’ probleme het. en daar is ook n klomp ‘copycats’ wat goed wat al gebeur het, self gebruik, miskien om self bekend te word in die media; blameer dit op die wegdraai/ontkenning/veragting van n christilike leefwyse, dwelms en prostitisie wat ‘verdra’ en erken word in hulle samelewing

@antonie ·

Askies maar ek sal eerder vir diere opstaan as vir mense..

Mense gooi hul kinders weg, mishandel, vermoor, steel, lieg, ens.

Diere is op die aarde gesit om ons mense te leer van ware liefde, gesin wees, opregtigheid…

Het jy al ooit gesien dat een dier n ander dier vermoor vir die fun? vas ketting? verkrag?

NEE mense is MONSTERS nie diere nie…

antonie ·

ek stem saam. ‘Moet nooit mense met diere vergelyk nie’ – diere is diere, die mens is definitief anders: het n groter intilligensie as en is geskep met n ‘doel’, nie net om ‘suurstof’ op te neem en te ‘eet’ nie, het n gevoel van ‘self’ in die ‘oomblik’, het n gewete, word ge’potty train’, het ‘compassion’, kan ‘liefhe’, kan ‘kies’ om soos n barbaar op te tree of nie. Maar ek stem nie saam dat kop ‘kranklikes’ moet ge-‘delete’ word nie, bou dan nog tronke, en probeer die ‘malligheid’ in die ou se kop te ‘verdun’ of te beheer, maar sluit hom toe

Johann Marx ·

Maar daar is dan ‘n fliek gemaak van ‘n girl wat ontvoer word en agter in ‘n vraghouer van ‘n koel-trok vasgeketting is terwyl almal na haar soek…..??? Die ontvoerder het heeltyd die familie en polisie oor twee-rigting radio’s gekoggel, en gespog dat hulle hom nooit sal vind nie…..Die kinders van vandag kyk sulke flieks, en speel sulke video speletjies….waar jy iemand doodskiet, en dan net “reset” druk…en die speletjie weer speel? Is dit hoekom daar soveel moorde gepleeg word?

Netso ·

Netso Johann, jy is op die pols van die probleem en pleks dat voorbeelde van liefde en erkenning gemaak word, dan sal jong mense geborge voel en nie sulke monsters raak nie!

John ·

Kyk na die man se van. Sy leef gelukkig nog. Die oumense is vreeslik irriterend wanneer hulle vra: Nefie nou van watter Carvers is jy? Is jy familie van die Carvers wat messe maak vir slaghuise sedert 1300…?

antonie ·

julle ‘antwoorders’ lees seker nie die Bybel nie: ek kan nie onthou dat daar staan:’Maak die sielsiekes dood nie. die diere los die wat swak is en ‘siek’ is, om self dood te gaan, omdat hulle agter hulself moet kyk as n trop en moet trek om ander kos te gaan vreet. Ons is nie soos diere nie (facebook het dit bewys die afgelope maande), en die wat wel so wil ‘act’ moet reggehelp word.Die samelewing in usa het die ‘ou’ gemaak wat hy is, die samelewing het n ‘duty’ om hom te probeer ‘gesond’ maak; dmv kop dokters om sy brein as te ware te ‘rewire’, en hierdie keer dit ‘reg’ te doen. Ons as n samelewing moet probeer om meer ‘humane’ op te tree en te probeer dinge beter te maak

Ai! ·

Nee Antonie, stem nie met jou saam nie. Elke mens moet veratwoordelikheid vir sy dade vat en ook die gevolge daarvan. Jy kan nie die samelewing blameer nie. Dit is juis hoekom so baie mense met hulle krimenele aktiwiteite weg kom. Daar is altyd n duisend verskonings vir hoekom hy/sy dit gedoen het. Dink eerder aan die slagoffer se regte wat hom/haar ontneem word, ter wille van iemand anders se siek fantasie.

antonie ·

jammer maroela media, ek het so te kere gegaan en julle geblameer vir my eie verkeerde afleidings wat ek gemaak het, maar Ai die samelewing het juis die reg om die ‘ou’ tot verantwoording te roep, ons het wette en n tipe ‘social justice’, al wil hy juis nie verantwoordelikheid aanvaar nie; dmv miskien tronkstraf, maar besef die ‘ou’ is dalk nie op dieselfde ‘page’ as ons nie, definitief raas sy kop agv baie goed – miskien hoe hy grootgemaak is, miskien drugs, miskien verkeerde invloede en gebruike, miskien pornografie wat n slegte invloed op enige iemand se brein funksie kan he; kortom die man is sielsiek en definitief nie in staat om homself te help nie. Al verskil van ons en barbare is dat ons n ‘ek hoop’ n demokratiese social justice tipe regstelsel het wat hierdie mense uit samelewing kan ‘ek hoop’ hou

JG Meyer ·

Mense wat skerm vir psigopate en hul gedrag as ‘n produk van omstandighede of sekulere omgewing (of videospeletjies) afmaak, behoort saam diesulke moordenaars in kelders toegemessel te word sodat hulle kan wakker word en sien waarmee hulle regtig te doen het.

Ekke van Zyl ·

Die opskrif wat lui, sy is soos ‘n hond in ‘n vraghouer vas geketting???? Is dit dan reg om ‘n hond of enig dier so vas te ketting??? Ek dink julle moet bietjie let op sulke opskrifte!!!!

HB ·

DAARMEE stem ek ten volle saam met jou”ekke” Wie gee die mensdom die opperhand om te besluit dat diere vasgeketting mag word????? Swak opskrif. Maroela, sodra mens julle webtuiste google is die eerste opskrif “seun soos hond in straat doodgeslaan” weereens n walglike opskrif. Verwyder dit asseblief.

Otter ·

Die verdagte se naam is Todd, en ‘Tod’ in Duits beteken nogal ‘die dood’.

Ilse ·

Ek weet dat ons in Suid-Afrika nie kan vinger wys nie….maar ek staan verbaas dat uit al die miljoene mense in Amerika net die 2 mense vir die posisie staan…iets erens het drasties verkeerd gegaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.